Maar die man wat julle in die verwarring bring, wie hy ookal mag wees, God sal hom straf

Galasiers 5:10

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View December 2010 Issue >>
 

Nuwe Christen-Universiteit Gestig

Volgens statistiek hou 75% kerkgangers binne vier jaar na universiteit­studie op om kerk toe te gaan. Gelukkig het Suid-Afrika nou ‘n alternatief...

CORNERSTONE IS DIE EERSTE CHRISTEN-UNIVERSITEIT IN SA. VERTEL ONS MEER.
Cornerstone Institute is ‘n nuutgevestigde, ten volle geakkrediteerde Privaat Instelling vir Gevorderde Onderwys (universiteit) wat op leierskapsontwikkeling in Afrika deur ‘n kombinasie van kontak- en e-onderrig in ‘n verskeidenheid akademiese vakrigtings fokus. Dit sluit sosiale, besigheids- en teologiese studies op verskillende akademiese vlakke in. Die Instituut onderskei homself van ander universiteite deur op Christen-leierskap, -etiek en –waardes te fokus. Cornerstone is ten volle by die Departement van Onderwys en SAQA as privaat hoër onderwysinstelling geakkrediteer en geregistreer.

JUL ONDERRIG STUDENTE IN ‘N BYBEL­SE WÊRELDBESKOUING. WAAROM DIÉ KLEM?

Sonder ‘n goed-gedefinieerde wêreldbe­skouing het niks op aarde doel of konteks nie en die definisie van reg en verkeerd raak vaag en oorbodig. Die ware doel van opvoeding is om studente toe te rus en te bemagtig, want om te besin oor ‘n beteke­nisvolle wêreldbeskouing, sal hul sukses of mislukking vir die res van hul lewens bepaal. As Christene glo ons in ‘n beteke­nisvolle lewe: “laat julle roeping julle leefstyl bepaal.” Ef 4:1. As opvoedkundige instelling is dit ons visie om studente te help om hul roeping te ontdek terwyl hulle die belangrike lesse oor karakter, integriteit, leierskap en moraliteit leer. Deur studente vanuit ‘n Bybelsgevormde wêreldbeskouing te onderrig, word studente opgevoed om as verantwoordelike burgers van die wêreldgemeenskap te leef, gelei deur Christelike geloof en as dinamiese en etiese leiers in hul onderskeie rigtings op te tree. Baie jongmense faal in hul studentejare om ‘n gepaste wêreldbeskouing te vorm en verloor daarom alle rigting. Dikwels verlaat hulle hul alma mater met niks meer as verwarring en geestelike vertwyfeling nie. Ons gebed is dat Cornerstone ‘n geloofsfasiliteerder sal wees.

JULLE BIED TER PLAATSE ASOOK E-KURSUSSE AAN. HOE WERK DIT?
Cornerstone werf en skryf studente van reg­oor Afrika in en verskaf onderrig deur ‘n kombinasie onderrigmetodes. Sekere programme word slegs as voltydse kontakprogramme op die hoofkampus in ­Kaapstad aangebied. Sommige studente verkies om deeltyds te studeer, terwyl hulle met hul voltydse loopbane besig is en kry so­doende ‘n geleentheid om dit deur e-onderrig te doen.

WATTER KURSUSSE BIED JULLE AAN?
Cornerstone bied op die oomblik die volgende geakkrediteerde programme aan: Sertifikaat in Christenbediening, Sertifikaat in Gemeenskapontwikkeling, Baccalaureus in Teologie in Gemeenskapsleierskap, Baccalaureus Artium Hons. (Sielkunde).

Ons bied ook die volgende aan: Hoër Sertifikaat in Sakeleierskap, Sertifikaat in Gemeenskapsontwikkeling, Sertifikaat in Christelike Berading en ‘n Hoër Sertifikaat in Binnenshuisontwerp en –versiering. ‘n Sertifikaat in Media en Kommunikasie sal ook volgende jaar beskikbaar wees.

CHRISTEN-POGINGS IS DIKWELS MIDDELMATIG. HOE LEI JULLE LEIERS VAN WÊRELDGEHALTE OP?
Ons is toegewy daaraan om Christen-leiers in die samelewing te ontwikkel. Die essensie van hierdie visie is die oortuiging dat Suid-Afrika en Afrika ‘n instituut vir hoër onderrig vir Christen-leiers nodig het. Dit moet die algemene persepsie dat Christene middelmatigheid aanvaar, misken.

Ons streef daarna om akademiese uitnemendheid en Christen-waardes op só ‘n manier te integreer dat ons kwalifikasies op gelyke voet is as die aan enige ander universiteit. Terugvoer van werkgewers – die regering, kerke en die sakesektor – bevestig dat ons studente in groot aanvraag is op grond van hul vaardighede, werksetiek en karakter.

Die kwalifikasies van ons fakulteitslede voldoen aan die streng vereistes van internasionale akademiese instellings. Die vestiging van ‘n privaat-Christen-universiteit wat leierskapsopleiding in alle akademiese en professionele rigtings verskaf, is ‘n ambisieuse, inspirerende onderneming. Dit kan nie bereik word sonder die hulp en steun van vennote wat ons visie deel nie. Ons het verskeie strategiese bondgenootskappe met verskeie internasionale universiteite en plaaslike vennote aangegaan wat ‘n magdom nuwe programme tot Cornerstone se beskikking stel.

BIED CORNERSTONE NET ‘N DIENS AAN JONG STUDENTE, OF KAN ENIGIEMAND DAAR STUDEER?
Nee. Ons is ‘n tersiêre onderriginstelling en die profiel van ons studente sluit studente van 18 tot 64 jaar in! Ons het studente van alle ouderdomme en streke, en sewe Afrika-lande. Ons programme varieer van Sertifikaat-vlak tot nagraadse (Hons.) vlak.

HOE KAN ‘N MENS REGISTREER?
Die volgende akademiese jaar begin in Januarie 2011. Studente wat beplan om volgende jaar te studeer, kan ons so gou moontlik by 021 671 3506 of 071 192 9933 skakel of besoek gerus ons webwerf:
www.cornerstone.ac.za

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication