Maar die Woord van die Here, dit bly vir ewig. En hierdie Woord is die Evangelie wat aan julle verkondig is.

1 Pet. 1:25.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View January 2011 Issue >>
 

Liewe Vriend,

Op my reise dwarsoor Afrika, en in my roeping om die Evangelie te verkondig, word ek deurgans herinner aan die feit dat, afgesien van watter land, stam of taal ook al, daar ‘n gesamentlike menslike behoefte is – ons het almal vir Jesus nodig!  Dit bly steeds ‘n fenomenale ondervinding om te kan aanskou hoe Christus die lewe van ‘n persoon in ‘n oogwink kan transformeer.

Baie Christene is nie juis geneë om teenoor ongelowiges te getuig of om vir siekes te bid nie. Ons is moontlik huiwerig omdat ons bang is dat ons verkeerd of kragteloos mag bid. Johannes 15 vers 26-27 hou ‘n groot bemoediging vir ons in, naamlik: “Wanneer die Voorspraak kom wat Ek vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid, wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig. En julle moet getuig, want julle is van die begin af by My.” In hierdie verklaring verduidelik Jesus die vennootskap wat daar bestaan tussen ons en die Heilige Gees. Sodra ons van Christus begin getuig, is die Heilige Gees onmiddellik teenwoordig om saam te getuig, en sodoende ons woorde te formeer as rigtingwysers na bevryding en ook om ons hande te salf met helende krag. So word ons getuienis-draers saam met Hom, en werk God deur ons om die gevangenes te bevry!

U is welkom om my te kontak op Facebook (Tamryn Klintworth) indien u enige vrae sou hê of enige terugvoer verlang. Besoek ook gerus www.inhisname.org.za vir meer inligting. Ek sien uit daarna om van u te hoor, saam is in ons doelwit om te streef na die verlossing van Afrika!

Evangelis Tamryn Klintworth

WONDERWERK IN DIEPSLOOT

Gedurende Augustus 2010, het In His Name Ministries ‘n veldtog gehou in Diepsloot, Johannesburg. Die onderstaande is die getuienis van ‘n jong Pedi vrou wat die wonderwerk van saligmaking ondervind het.

Met haar hele liggaam deurtrek van pyn, het Neliya Masha bewegingloos gesit te midde van ‘n volgepakte gemeenskapsaal in die onder-ontwikkelde en oorbevolkte woongebied van Diepsloot. ‘n Enkele siel onder die menigtes, kon hierdie 22-jarige jong vrou nie langer tred hou met ‘n lewe verswelg deur pyn en ontbering nie. Sedert haar jong dae as kind, het Neliya al ‘n verskeidenheid van siektes onder lede gehad. Sy het permanent ‘n daaglikse stryd gevoer teen allerhande simptome van ongesteldhede en swak gesondheid, asook borspyne. Die verantwoordelikheid om te sorg vir ‘n 4-jaar oue dogtertjie, het bygedra om die spanning te vererger. Die dogtertjie was ook gereeld siek en moes heen en weer vervoer word na en vanaf die hospitaal. Die kind se vader het haar en haar moeder albei verwerp en alles het daartoe bygedra dat hul lewe geheel en al buite beheer begin raak het.

Saam met die skaar van mense het Neliya aandagtig na die Evangelie-boodskap gesit en luister. ‘n Uitnodiging was gerig aan almal daar teenwoordig. Dit was ‘n uitnodiging van oorgawe en ‘n oproep om vryelik die wonderbare gawe van Ewige Lewe te kom ontvang. ‘n Saligmaking wat die belofte inhou om ‘n hart te verower, die gebroke liggaam te genees, asook vrymaking van ‘n siel in gevangenskap te bewerkstellig. Die wonderwerkende krag van Jesus het so onbeskryflik wonderlik geklink! Diep in haar binneste het haar gees gesmag daarna om kontak te maak met hierdie God van volmaakte liefde. Desperaat om Jesus aan te neem, het Neliya geween van emosie en haar vorentoe gehaas, vanwaar die uitnodiging gerig was.

Terwyl sy gelei was in ‘n eenvoudige gebed tot oorgawe, het wonderlike golwe van blydskap en vrede haar hart oorstroom. Saam met die verlossing, het ook die genesing gekom. Die hardnekkige borspyn het gewyk. Die angstigheid het soos mis voor die helder son verdwyn. Opgewonde het sy haar gretigheid uitgespreek om haar dogter die volgende aand saam te bring vir gebed nie. “Jesus sal haar ook gesond maak!” het sy uitgeroep.  Ywerig om meer te leer van haar nuutgevonde Verlosser, was haar glimlagte gevul met die wete dat haar lewe nou berus in die hande van God. “Ek het dit so nodig gehad dat my lewe moes verander. Nou hét dit verander!” O, die vreugde van oorgawe en verlossing!

Die volgende aand het Neliya nie slegs haar dogtertjie saamgebring nie, maar ook haar hele familie, wie almal ook redding, genesing en bevryding ontvang het. Ere aan die Here!

Tamryn Klintworth is die stigter van In His Name Minsitries, ‘n evangelisasie organisasie, toegewy aan die verkondiging van die Evangelie van Jesus Christus dwarsoor Afrika en die hele wêreld. Vir meer inligting, besoek die bediening se webtuiste by www.inhisname.org.za of kontak hulle by info@inhisname.org.za of +27 73 181 4489. U is ook welkom om Tamryn te kontak op Facebook (Tamryn Klintworth).

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication