Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U Woord is die waarheid.

Joh. 17:17.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View February 2011 Issue >>
 

Liewe Vriend,
In die Boek van Handelinge lees ons die verhaal van siekes wat gesond geword het, bloot deur in aanraking te kom met Petrus se skaduwee wat oor hulle geval het (Handelinge 5 v 15). Petrus was ‘n man wat kragtig gevul was met die Heilige Gees op die dag van Pinkster by wyse van tonge van vuur soos in Handelinge 2 v 3.

Ek herinner my aan ‘n spesifieke dag tydens ‘n veldtog wat ons gehou het in Blantyre, Malawi.  Op pad terug vanaf die veldtog, het ek en die plaaslike pastoor verby ‘n hewige veldvuur gery en ek kan steeds die ongelooflike hittegloed van die vlamme onthou. My suspisie is dat die mense nie noodwendig deur Petrus se skaduwee genees is nie, maar dat die demone eenvoudig deur die krag van die Heilige Gees verskroei was, wat van binne Petrus se gees na buite uitgestraal het. Hulle was slagoffers van ‘n bonatuurlike veldbrand!

Die verhaal wat hier volg, sal u inspireer om weer eens te glo in hierdie God van wonderwerkende vuurkrag. U is welkom om u gebedsversoeke na ons te stuur by info@inhisname.org.za of kontak my (Tamryn Klintworth) op Facebook. Ons is gretig om saam met u die Here te vertrou vir ‘n wonderwork in u lewe!

Hartlike groete,
Evangelis Tamryn Klintworth

‘N MANHAFTIGE VERSOEK

Die volgende getuienis vertel die verhaal van Elizabeth Davis, ‘n bejaarde dame wat ‘n merkwaardige genesing ondervind het by een van In His Name se veldtogte in Retreat, Kaapstad.

Elizabeth Davis lewer haar getuienis met nederigheid. Met ‘n brilletjie op die neus en vonkelende ogies wat uitloer onder ‘n roomkleurige wol hoedjie, sy gee die indruk van ‘n tipiese oumatjie met ‘n sagte stem en ‘n gesiggie karaktervol opgefrommel deur dekades van hartseer en glimlaggies.

“My naam is suster Elizabeth”, begin sy, “en die Here het my vanaand gesond gemaak.” Elizabeth is ‘n huiswerker van beroep. In die afgelope vyf jaar het ‘n problematiese knieprobleem haar dagtake verander in ‘n pynlike uitdaging. Talle hospitaalbesoeke het nie gehelp om die werklike probleem te identifiseer nie, en met ‘n tekort aan finansies was Elizabeth aangewese op self-medikasie en yspakke. Hiermee saam moes sy ook gebuk gaan onder geweldige migraine-aanvalle en geen pynstillers het hiervoor gehelp nie. As die enigste broodwinner vir vier kinders en elf kleinkinders, het haar swak gesondheidstoestand ‘n bedreiging begin raak vir haar werk en die versorging van haar hele familie.

Toe sy hoor van die komende veldtog, het haar hart opgewel van hoop. “Ek gaan die Here vra vir ‘n nuwe liggaam!” het sy gegrap met die dame vir wie sy werk. Dit was haar gebed. Dalk onmoontlik? Beslis nié! Ons dien die God van die onmoontlike. ‘n God wat die hulpgeroep van Sy kinders hoor.

Uiteindelik het die dag aangebreek. Al was haar liggaam swak, het haar hartklop versnel in geloof. Teen die einde van die diens was daar ‘n uitnodiging gerig aan almal wat gebed benodig het. Sy en talle ander het vorentoe gegaan met groot verwagting. Daar is vir haar gebid en die wonderwerk het plaasgevind! Die ongelooflike pyn het begin verdwyn. Sy het haar knie gebuig en haar kop gedraai. Albei was perfek. “God het aan my ‘n nuwe liggaam gegee!” het sy uitgeroep. “Ek het die Here gevra vir ‘n nuwe liggaam en dit is wat Hy aan my gegee het – ‘n hele nuwe liggaam! Die Here het vanaand ‘n wonderwerk in my lewe gedoen. Nou kan ek my getuienis gebruik om ander mense na Jesus toe te lei.” Dankie kosbare Jesus – hoe wonderbaarlik is U!

Tamryn Klintworth is die stigter van In His Name Ministries, ‘n evangelisasie organisasie, toegewy tot die verkondiging van die Evangelie van Jesus Christus dwarsoor Afrika en die hele wêreld. Vir meer inligting, besoek die bediening se webtuiste by www.inhisname.org.za of kontak hulle by info@inhisname.org.za of +27 73 181 4489. U is ook welkom om Tamryn te kontak op Facebook (Tamryn Klintworth).

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication