Maar nou se die Here: Draai met volle oorgawe terug na my toe! Vas, huil en treur! Moenie julle klere skeur omdat julle hart seer is nie, skeur julle harte!

Joel 2:12,13

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View March 2011 Issue >>
 

Die Midde-Oosterse Krisis

Die getygolwe van protes en opstande wat oor die Arabiese wêreld spoel, stuur ’n waarskuwingsboodskap aan die wêreld. Meer as ’n miljoen betogers wat dag na dag in die strate van een enkele hoofstad krete en slagspreuke skree en daarop aandring dat die outoritêre leiers, van wie sommige al vir dekades in beheer is, moet bedank, het skokgolwe deur die wêreld gestuur en oral konsternasie veroorsaak.

Die katalisator: protes in Tunisië

Tunisië was die eerste bousteen wat getuimel het. Dié land was al dikwels by onreëlmatighede betrokke: dit was die eerste Arabiese land wat slawerny verbied het, en ook die eerste Arabiese land wat poli­gamie in 1956 afgeskaf het. Nou, in 2011, is dit die eerste Arabiese land wat ’n diktator sonder enige hulp van die buiteland, uit die kussings gelig het. Die absolute ontploffing van openbare woede oor die blatante korrupsie en skerp prysstygings het vroeg in Desember aanleiding gegee tot die aanvanklike betogings. In Januarie het die skielike vlug van President Ben Ali na Saoedi-Arabië nadat hy 23 jaar diktatoriaal geregeer het, die terugkeer van die uitgewekene, Rachid Ghannouchi, moontlik gemaak en het hy tussentyds die regering van die land oorgeneem. Hierdie tussentydse regering bestaan egter uit verskeie ministers van die vorige bestel en die eko­nomiese krisis wat aanleiding gegee het tot die aanvanklike ontevredenheid, bestaan steeds.

Verdere opstande en onstabiliteit kan dus verwag word. Alhoewel Tunisië geen geskiedenis van Islamitiese fundamenta­lisme het nie, poog radikale groepe, soos die Moslem Broederskap, om die onstabiliteit uit te buit en die gewilde rewolusie te skaak ten einde Tunisië van ’n grootliks sekulêre land na ’n uiters radikale Islamitiese bewind om te skakel.

Die val van die Egiptiese regering
Die relatiewe stabiele politieke bestel van langer as 29 jaar onder President Hosni Mubarak het tot ’n skielike einde gekom. Mubarak se regering was meestal sekulêr. Islamitiese groepe het egter grootliks oor die afgelope 20 jaar in sterkte gegroei – t.s.v. die wrede onderdrukking deur die Mubarak-regering. T.s.v. die verbod op die deelname van enige godsdienspartye in die parlementêre verkiesings, het die radikale Moslem Broederskap 20% van die setels verower deurdat hul kandidate as onafhanklikes gestaan het en verkies is. Sedertdien het die Mubarak-regering hul aantal setels beperk deur die opsluiting van ’n hele aantal van die Moslem Broe­derskap se parlementslede. Egipte is die tuiste van die oudste beskawings ter wêreld en is sonder enige twyfel die belangrikste Arabiese land – dit het die grootste be­volkingstal van enige Arabiese land: 84 miljoen – en Islam is die staatsgodsdiens. Daar is egter ook 10 miljoen Christene, meestal Kopties-Ortodoks, wat 12% van die be­volking is. Vir langer as ’n duisend jaar was Egipte ’n grootliks Christen-land, selfs na die Arabiese Moslem verowering in 640 n.C. Dit is feitlik ongelooflik dat die Egiptiese Kerk 14 eeue van Islamitiese diskriminasie en vervolging oorleef het. Geweld teenoor Christene in Egipte het oor die afgelope 10 jaar egter dramaties toegeneem.

’n Islamitiese ontwaking

’n Islamitiese oorname in Egipte sal vir ’n groot krisis sorg omdat hierdie land soveel invloed en mag in die vredesproses met Israel het. Egipte is Amerika se sleutelbondgenoot en was die eerste Arabiese land wat vrede met Israel gesluit het. Die lewensbelangrike Suez-kanaal word deur Egipte beheer. Iran en Egipte het alle diplomatieke bande na die 1979-Rewolusie verbreek vanweë Kaïro se vredesverbond met Israel.

Die Ayatollah Ali Khamenei het selfs die onrus in Kaïro met die tydperk voor die Iranese Islamitiese Rewolusie van 1979 vergelyk. Hierdie opstande in Egipte is deur die Iranese as ’n ‘Islamitiese Ontwaking’ beskryf wat tot die totstandkoming van ’n Islamitiesbeheerde Midde-Ooste, gelei deur Iran en toegewy daaraan om Israel tot ’n val te bring, kan lei.

Vervolging van Christene

Tesame met hierdie getygolf van Islamitiese fanatisisme in die strate in die Midde-Ooste, is daar ’n skerp toename in die geweld­dadige vervolging van Christene. Honderde Christene is in gewelddadige aanvalle op Christen-kerke en –woonbuurte, veral in Irak en Egipte, gewond of het gesterf.

Tienduisende Christene maak gereed om uit die land te vlug. As in ag geneem word dat hierdie Christene uit gemeenskappe stam wat baie eeue van Islamitiese vervolging oorleef het, net om vandag ontwortel te word, is dit ’n duidelike bewys hoe ernstig hierdie nuwe golf van vervol­ging deur radikale Moslems is.

Die toenemende steun vir radikale
Met hierdie krisis wat regoor die Arabiese wêreld toeneem, staar Westerse regerings hul eie probleme in die gesig. Vir reeds baie jare is Westerse regerings en media besig om die liberale mantra – die grootste meerderheid Moslems is gematig en gekant teen terrorisme – te herhaal. Dit blyk nou ’n selfmisleidende fantasie te wees. Opnames in Egipte het getoon dat 59% Egiptenare Islamisme steun en 50% van die Egiptiese bevolking steun die radikale Hamas terro­ristegroep. 30% steun die selfs meer radikale Al Qaeda-beweging en 95% van die bevolking wil groter Islamitiese inspraak in die politiek hê.

Die Westerse liberale voorstel vir feitlik enige soort probleem wêreldwyd, naamlik ’n stembus-demokrasie, gaan doodeenvoudig net nie in die Midde-Ooste werk nie. Nadat die Amerikaners daarin geslaag het om Saddam Hussein se diktatorskap in Irak deur militêre ingryping te laat wankel en die eerste demokratiese verkiesings in daardie land te laat plaasvind, was meer radikale Islamiete in beheer en was daar baie meer vervolging van Christene in Irak as ooit tevore.

Lynregte opposisie
President George W Bush het in 2003 ver­klaar: “Are the peoples of the Middle East somehow beyond the reach of liberty? Are they alone never to know freedom...?” Die Islamitiese godsdiens is in lynregte opposisie met die Westerse wêreldbegrip van vryheid. Dit is óf Islam wat moet sterf, óf vryheid kom tot ’n algehele einde.

Die Islamitiese vryheidskonsep toon nie eens raakvlakke met die Westerse vryheidskonsep nie. Ibn Arabi, ’n gerekende Islamitiese geleerde, het vryheid gedefinieer as: ‘perfekte knegskap/slawerny’ aan Allah. Die Moslem-definisie van vryheid is onderdanigheid/onderwerping aan die Shari’a-wet. ’n 2010-Pew-meningsopname asook die University of Maryland/World Opinion.org-opname het bevind dat 84% van die Egiptiese bevolking ten gunste van die doodstraf vir afvalliges (die wat verkies om die Islamitiese geloof vaarwel toe te roep) is. Die feit dat 90% t.g.v. ‘Godsdiensvryheid’ is, is geensins ’n weerspreking na Moslem-mening nie, want godsdiensvryheid is, volgens hulle, ondergeskik aan Islam. Vir Westerlinge is vryheid presies die teenoorgestelde. Ons praat dus baie duidelik nie dieselfde taal nie.

’n Duidelike, teenwoordige gevaar
Die gevaar van die skaking van die Egiptiese rewolusie deur die Moslem Broederskap, een van die venynigste Islamitiese terroriste-organisasies ter wêreld, om Egipte in ’n Islamitiese land, geskoei op die Iranese lees, te verander en sodoende die radikale Islam wêreldwyd te vestig, is in die afsienbare toekoms ’n baie duidelike en immer teenwoordige gevaar.

Egiptiese regeringsleiers het openlik hul verbasing oor hoe Amerika se President Obama hul ten gunste van die Moslem Broederskap verraai, verklaar. Alhoewel burokrasie en korrupsie hoogty vier, was Mubarak ’n stoere VS-bondgenoot en het biljoene dollar in militêre hulp ontvang. Sy administrasie word reeds baie lank as die grootste enkele stabiliserende mag in die onbestendige Arabiese wêreld beskou. T.s.v. die radikale verklarings en wrede verlede, het talle Westerse regeringsleiers uit hul pad gegaan om te verklaar dat die Moslem Broederskap ’n ‘mag vir matigheid’ in Egipte is en nie vir gewelddadige uiterstes nie!

’n Anti-Westerse rewolusie
Die leier van die Jordaniese Moslem Broe­derskap, Hammam Saeed, het gewaarsku dat die die rewolusie in Egipte regoor die Midde-Ooste kan versprei totdat die Arabiere daarin geslaag het om alle leiers wat bondgenote van Amerika en Europa is, tot ’n val te bring. Die magsbalans van die Midde-Ooste staan op die punt om hewig geskud en in die proses heropgestel te word. Met die Withuis wat die Moslem Broe­der­skap steun, berei Israel homself op die ergste voor.

Na jare se verduring van die ‘kassam’ missiel-aanvalle vanuit die Gaza-strook, vrees Israel nou dat hulle stede en dorpe die volle spit van die Iranese aanval sal moet afbyt - indien Iran Amerika as Egipte se be­langrikste militêre verskaffer vervang.

Botsing van beskawings
Sedert die 1978-Camp David-vredesoor­eenkoms tussen Egipte en Israel, het belastingbetalers in die VSA reeds VS $ 63,7 biljoen dollar as hulp aan Egipte betaal. Israel vrees nou dat Egipte, saam met Hamas, Hezbollah en ander terroristegroepe, deel van die Iranese ooreenkoms in die Midde-Ooste kan word. Die oorname deur ‘n Moslem Broederskap in Egipte in die toekoms sal die oplegging van die Shari’a-wet, die drastiese vervolging van Christene en openlike vyandigheid teenoor Israel inlui. Israeli Eerste Minister, Benjamin Netanyahu het die Knesset gewaarsku dat die toekoms van Egipte en Egipte se bande met Israel, in die weegskaal is. “Ons het twee verskillende wêrelde hier, twee teenoorgesteldes, twee wêreldbeskouings – die van die vrye demokratiese wêreld en die van die radikale wêreld. Watter een hiervan gaan in die toekoms in Egipte die oorhand kry? Die antwoord hierop is uiters belangrik vir die toekoms van Egipte, van die hele streek en ons eie Isael,” het hy gesê.

Demokratiese eksperimente in die Arabiese wêreld
Vir baie Westerlinge wat baie min van die Midde-Ooste weet, mag die nuus van massaprotes teen diktatorskappe en oproepe tot demokrasie, na goeie verwikkelinge klink, maar in sommige Midde-Oos­terse lande waar daar ‘n sekere mate van demokrasie bekendgestel is, slegs op tydelike basis, was dit die radikale Islamiete wat die meeste setels verower het. Toe Bahrein verkiesings gehou het, het die Islamitiese partye die meeste setels verower.

Toe verkiesings in die Gaza-strook plaasgevind het, het die Islamitiese terreurgroep, Hamas, die meeste stemme verower. Die Moslem Broederskap in Egipte is vas oortuig dat die meerderheid van die inwoners van Egipte vir hulle in die toekomstige ver­kiesing sal stem.

Islamitiese kalifaat

Diegene wat Islam en die Midde-Ooste verstaan, waarsku dat demokrasie wel ver­andering sal bring, maar beslis in die vorm van ‘n nagmerrie – ‘n Islamitiese golf wat van Pakistan in die Ooste tot by Marokko in die Weste strek. ‘n Pan-Arabiese Kalifaat, waar die woord ‘Islamities’ nie bloot net die snelskrif vir terroris sal wees nie, maar die amptelike regeringsbeleid, selfs in hoofstede soos Kaïro, sal omskryf. Indien Europese en Amerikaanse amptenare bekommerd is oor die verwikkelinge in die Midde-Ooste, kan ‘n mens maar bloot net bespiegel wat politici en militêre bevelvoer­ders in Israel dink. Die Moslem Broederskap het hul voorneme te kenne gegee dat, sou demokrasie Egipte se kant toe kom, hulle die bewind sal oorneem.
Hulle het dit ook baie duidelik gemaak een van die eerste dinge wat sal gebeur, die nietigverklaring van die 1979-Egipte-Israel-vredesverdrag sou wees. Dié aksie alleen sal hierdie streek in verdere en dodeliker onstabiliteit dompel.

‘n Ernstige gebedsoproep
Die fundamentele en skynbaar onversoenbare verskille tussen die meeste Israeli’s en die Arabiere, hou in dat slegs een enkele konfliksituasie na naburige lande, soos Libanon en Sirië, kan oorspoel. Baie is van mening dat so ‘n oorlog onafwendbaar is. Christene behoort aan die hand van Operation World - The Definitive Prayer Guide To Every Nation se riglyne te bid.

Ons behoort veral gebede van ons gemeentes op die Christene wat onder geweldige aanslag in die Midde-Ooste is, te laat fokus, asook te bid vir toenemende sendingpogings om Moslems vir Christus te bereik. “Nie deur krag en geweld nie, maar deur My Gees spreek die Here God Almagtig.” Sag 4:6.

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication