Vra My, en Ek sal jou antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel. Dit is nog vir jou n geheim, en jy weet niks daarvan nie.

Jer 33:3.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View May 2011 Issue >>
 

Liewe Leser,

Reg van die begin af het God Homself aan hierdie wêreld gegee – “En God het gesê, ‘laat daar lig wees; en daar was lig’” (Genesis 1 v 3). Ons moet verstaan dat die bron van oorspronklike lig nie die maan, son of sterre was nie. Hierdie hemelliggame is eers later geskep (v 14 – 18). God Homself was die eerste ligbron ooit.  Hy het Sy goddelike Lig versprei en gekommunikeer na die realm van die aarde. Hierdie eerste goddelike handeling was die patroon waarvolgens alles in die toekoms sou geskied. Net soos wat God Homself gegee het as Skepper in die kuns van die skepping, was Hyself ook die Skenker van die Ware Lig, Jesus Christus. Net soos wat die eerste lig die aarde ontgin en verhelder het, net so sou die tweede inplanting van die Lig die hart van die mens kom ophelder.

Die volgende is ‘n verhaal van ‘n ontmoeting met die Lig van die lewe deur ‘n jong tienermeisie in die woongebied van Diepsloot, waar In His Name Ministries onlangs ‘n veldtog gehou het. Verswelg deur ‘n ongekende mag van duisternis, was Thabiso desperaat op soek na iemand om tussenbeide te tree. Daardie Iemand hét ingetree, en Sy Naam is Jesus!

Geniet die vertelling,
Evangelis Tamryn Klintworth

DIE LIG VAN DIE LEWE

Die 16-jarige Thabiso kan nie onthou presies wanneer haar nagmerries begin het nie, maar toe dit wel begin, het haar hele wêreld ineengestort.  Aanvanklik was dit slegs snags dat die vrees vir die verwronge, demoniese kreature, met hul grommende volksvreemde en onverstaanbare mompelinge toegeslaan het. Later, egter, het sy ook bedags begin bang word. Sy het vertel van die drogbeelde wat sy gesien het van familielede wat lank reeds oorlede is. Hierdie ondervindinge was vir haar so skrikwekkend, dat sy flou geword het van skok. Haar moeder het ook vertel dat haar dogter haarself toenemend begin distansieer het van die samelewing, en sodoende alle interaksie met mense begin vermy het. Gevolglik het sy gepoog om selfmoord te pleeg deur haarself te probeer op te hang. Thabiso kan glad nie onthou wat daardie dag gebeur het nie – “Iets het net oor my gekom daardie dag,” het sy gefluister, “Ek kan glad nie verstaan hoekom ek dit gedoen het nie.”

Haar moeder het te hore gekom van die opkomende veldtog in die Diepsloot-omgewing, en sy was vasbeslote om saam met haar dogter daarheen te gaan. Sy het gehoor van hierdie Jesus, ‘n God wat groter wonderwerke kan doen as al die toordokters en tradisionele genesers met al hul towerkunste en objeksies waarmee hulle vorendag kom. Sy het met haar hele hart geglo dat hierdie Jesus ook haar dogter sou kon help.

Thabiso en haar moeder het die veldtog gaan bywoon. Hulle het geluister na die boodskap van die Evangelie van Jesus Christus, die Naam van die Ewige Saligmaker en Magtige Verlosser – die Een wat bande kan verbreek. Daar is ‘n geleentheid gegee aan die gehoor om hierdie Jesus as persoonlike Heer en Verlosser aan te neem. “Ek het die stem van die Here gehoor wat aan my sê as ek my hart aan Hom gee, sal Hy altyd met my wees,” het Thabiso gesê. Hierdie was haar kans. Haar geleentheid om verlos te word van die teistering van en die vrees vir die bose magte van duisternis. Haar kans om weg te draai van die dood en om die lewe te omhels. Sy het vorentoe gehardloop saam met baie andere en haar lewe oorgegee aan Christus. Tesame met die oorgawe, het die manifestasie van vrymaking plaasgevind. Sy kan nie onthou wat direk daarna gebeur het nie. Sy kan slegs onthou dat sy wakker geword het op die vloer met haar gesig nat van die trane en met ‘n heerlike ligte gevoel van totale vryheid. Die volgende dag het sy teruggekom om te getuig. Geen nagmerries meer nie. Geen vrees meer nie. Geen visioene uit die dood nie. Slegs blydskap en vreugde! “God is met my,” het sy opgewonde gebabbel. “Jesus het my gister vrygemaak. Ek is so gelukkig!” Haar moeder het ook haar lewe aan Jesus oorgegee. Ywerig het moeder en dogter gejubel oor die vooruitsig om hul nuutgevonde Meester saam te kan aanbid en te dien. “Ons sal môre weer terugkom,” het Thabiso gesê, begerig om meer te kon leer en ondervind. Wat ‘n wonderlike Jesus dien ons – aan Hom al die eer. Die Een wat vrylating van gevangenes kan bewerkstellig.

Tamryn Klintworth is die stigter van In His Name Ministries, ‘n evangelisasie organisasie, toegewy aan die verkondiging van die Evangelie van Jesus Christus dwarsoor Afrika en die hele wêreld. Vir meer inligting, besoek die bediening se webtuiste by www.inhisname.org.za of kontak hulle by info@inhisname.org.za of +27 21 554 0841. U is ook welkom om Tamryn te kontak op Facebook (Tamryn Klintworth).

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication