Vra My, en Ek sal jou antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel. Dit is nog vir jou n geheim, en jy weet niks daarvan nie.

Jer 33:3.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View June 2011 Issue >>
 

Liewe Vriend,

“Maar die goddelose is soos ’n onstuimige see; want dit kan nie tot rus kom nie…”
Jesaja 57 v 20-21

“… want hy wat twyfel, is soos ’n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word…”
Jakobus 1 v 6 – 8

Beide in Jesaja én in Jakobus, word die prentjie van ‘n stormsee gebruik om ongeloof én die goddelose mee te beskryf. Waarom sou die Here hierdie twee groepe met mekaar assosieer? ‘n Goddelose man het slegte voornemens en ‘n hart wat verhard is teenoor God. Terwyl diegene wat deur Jakobus aangespreek word, gelowiges is  – volgelinge van Christus.  Die karakter en eindbestemming van hierdie twee groepe is baie uiteenlopend, alhoewel hulle ook veel in gemeen het,  met betrekking tot hul stryd om oorlewing en ‘n gepaardgaande vrugtelose bestaan. Nie een van hierdie twee groepe het vrede nie.  Die goddelose het nie vrede nie as gevolg van sy totale verwydering van God, en die twyfelagtige gelowige word gedurigdeur geteister deur ‘n vloedgolf van angstige gedagtes. Nie een van hierdie twee groepe is produktief in goeie werke nie. Die goddelose het geen belangstelling in goeie werke nie, slegs in goddelose dade. Daarteenoor is die twyfelagtige Christen nie in staat tot die uitvoering van goeie werke nie, as gevolg van sy onstabiele en besluitelose natuur.

Hierdie is beslis ‘n waarskuwing. Kom, liewe Gelowige, laat ons onsself net so haastig wegkeer van twyfel en ongeloof af, as van rebellie teenoor God. Twyfel is dié mees onproduktiefste handeling. Die verhaal hieronder behoort u hopelik aan te moedig om met groter vertroue en gedetermineerdheid te glo in die vermoë van ons Here Jesus om enige hopelose situasie te kan omswaai in ‘n getuienis met ‘n logiese resultaat. Ons dien waarlik ‘n wonderwerkende God!

Tamryn Klintworth
Evangelis

‘N BEROERTE SLAGOFFER WORD VRYGEMAAK

Die evangelisasie-veldtog wat onlangs deur In His Name Ministries in die woongebied van Diepsloot, Johannesburg, gehou was, het  ‘n magtige vloedgolf van redding, genesing en bevryding meegebring. Pretty Kisa is een van ‘n menigte mense wat ‘n lewensveranderende ontmoeting met God ondervind het. Hierdie jong dame se betekenisvolle naam word weerspieël in haar mooi voorkoms en sagte geaardheid. Geniet haar storie.

‘n Paar weke voor die veldtog, het Pretty eendag van die werk af gekom en gevind dat haar klein huisie kaal gestroop was en dat haar paar besittinkies alles gesteel was. Nadat sy die voorval by die Polisie aangemeld het, het sy ‘n rustelose en slapelose nag deurgemaak. Die volgende oggend toe sy wakker word, het sy ontdek dat die een kant van haar gesig verlam was deur ‘n beroerte-aanval. Haar wang het bewegingloos gehang, haar ooglid was verstar en kon glad nie knip nie, haar mond lelik skeef getrek, en haar een oor was totaal en al doof. Haar huisdokter het hierdie toestand toegeskryf aan skok. Daar was niks wat hy vir haar kon doen nie. Die onewewigtigheid van haar gesigspiere het dit gevolglik baie moeilik gemaak vir haar om te eet en te drink. “Wanneer ek die lepel in my mond gesit het, het die kos uitgekom, net soos dié van ‘n baba,”  het sy verduidelik. “Ek moes ‘n borslap gebruik wanneer ek wou eet.”  Die doofheid het die kommunikasie by haar werk, as ‘n versorger by ‘n ouetehuis, uiters bemoeilik. “Wanneer die ouer mense met my gepraat het, moes ek nader gaan om te probeer luister wat hulle sê. My lewe was net eenvoudig moeilik.”

Pretty het by haar plaaslike gemeente gehoor van die naderende veldtog, en sy het gevoel hoe haar hart saamtrek van hoop. As Christen vir baie jare, het sy God begin vertrou vir ‘n wonderwerk. Die week vir die veldtog het uiteindelik aangebreek en Pretty het dit gaan bywoon. Die Evangelie-boodskap was op ‘n eenvoudige wyse verkondig en baie mense het hulle lewens aan die Here Jesus oorgegee. Daarna het die tyd aangebreek om vir die siekes te bid. Pretty het haar vorentoe gehaas en tussen die ander gaan staan wat voor bymekaar gekom het. Haar beurt het gekom. Hande is opgelê en daar was dringende roep na die Naam van Jesus. “Die krag van God het my aangeraak,” het sy haar ondervinding beskryf. “Dit het gevoel of daar ‘n verskuiwing in my gesig plaasgevind het, oral was ‘n tintelende sensasie.”  Toe sy na haar sitplek terugkeer, het haar vriendin uitgeroep, “Jou gesig, het jy gesien hoe lyk jou gesig?” Jou gesig is perfek!”  Toe Pretty haar gesig aanraak, het sy na haar asem gesnak. Haar vriendin was reg, dit het heeltemal normaal gevoel. Sy het haar oog geknip, haar wangbeen beweeg, en haar mond het versprei in ‘n breë glimlag. God het ‘n wonderwerk gedoen!

Toe die tyd vir getuienisse aanbreek, was Pretty gretig om haar storie te vertel met ‘n aansteeklike en vreugdevolle gelag. “Vanaand gaan ek my aandete geniét!” het sy verklaar. “Dankie Jesus, ek het U lief, my Jesus, my Jesus het my vrygemaak!”

Tamryn is die stigter van In His Name Ministries,
‘n Evangelistiese organisasie, toegewy tot die verkondiging
van die Evangelie van Jesus Christus, dwarsdeur Afrika en die hele wêreld.
Op Facebook vind jy Tamryn Klintworth
of besoek die bediening se webtuiste by:

www.inhisname.org.za

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication