Dit veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgele word nie.

2 Pet. 1:20.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View October 2011 Issue >>
 

Liewe Leser

“Want God het – wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees – deur Sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees,…” – Romeine 8 v 3.

Paulus praat hier oor die onvermoë van die Wet om geregtigheid te weeg te bring. As gevolg van die mens se onvermoë om geheel en al God se opdragte uit te voer, het Hy die geregtigheid na die mens gebring in die vorm van ‘n gratis geskenk wat moontlik gemaak is deur die offer van Jesus Christus. Opsommenderwys dus: wat die vlees nie kon regkry nie, dit het God gedoen. Dit behoort dan ook die patroon van ons Christelike wandel te weerspieël: wat ons nie kàn wees nie, dit kàn God .Dit waarin ons tekort skiet, sal Hy voorsien. As ons swak is, dan sal die Here kragdadig kom intree. As ons bang is, sal Hy ons beskerm en vertroos. Wanneer ons wysheid kortkom, sal die Here vir ons rigting kom  aandui. Hy sal na vore kom om ons onvermoë te vervul. Vertrou op jou Meester en saam met Hom verander ‘n gebroke gees in ‘n kampioen van formaat wat wêrelde kan verander!

Die verhaal wat hier volg, is dié van ‘n jong vrou wat, as gevolg van haar onlangse egskeiding, met worstelende emosies gesit het wat erg wipplank gery het tussen depressie en wanhoop. Sy het gevoel asof haar pyn net nooit sal minder word nie en asof haar hoop vir altyd verlore was. Maar die Here het ander planne gekoester: in haar swakheid het Hy haar sterkte geword. In haar desperaatheid, het Hy haar vreugde geword.

Geniet die vertelling

Tamryn Klintworth
Evangelis

DIE KRAG VAN GEBED


Met trane wat blink op haar wange, en die skraal postuur bewend van emosie, kon Lindiwe Mashia net nie ophou om die volgende verklaring te herhaal nie: “Ek voel vry!”, het sy uitgeroep, “ek voel om aanhoudend te skreeu ‘Jesus!’.”

Die lewe van die slanke, pragtige moeder van twee kinders, het in totale chaos ontaard na ‘n baie onsmaaklike egskeidingsaak. Die druk om as enkelouer die mas te probeer op kom, het baie swaar op haar gerus. ‘n Donker wolk van swaarmoedigheid het elke tree van haar lewenspad oorskadu. Haar mistroostigheid was met tye so erg dat sy ook alle moed verloor het om te bid. “Ek het slapelose nagte gehad en was vir drie weke aanmekaar siek,” het Lindiwe  vertel. “My moeder moes my tuis versorg omdat ek net nie meer wou aangaan nie.” Dit was haar tante wat haar aangepor het om die In His Name-veldtog te gaan bywoon. “Jy het gebed nodig,” het sy aan haar gesê, “hierdie ding moet gebreek word.” Lindiwe het gereageer. Sy was desperaat vir ‘n aanraking van God.

Sy vertel: “tydens die gebed wat die Evangelis vir my gebid het, het dit gevoel asof daar ‘n swaar wolk oor my kom hang, en asof haar hande op iets diep binne-in my druk. Maar skielik het hierdie ding in my net verdwyn!” Sy was in ekstase. “Die Here het my hart genees! Ek voel so verlig en uitgelate! Ek was nog nooit voorheen in my lewe so gelukkig nie!” As een van ‘n klein aantal gelowiges in haar familie, het Lindiwe haarself daartoe verbind om aan te hou om die Here te dien. “Ek weet nou dat Jesus my baie liefhet,” het sy gesê. “Met Hom in my lewe sal ek dit maak. Ek draai nooit weer om nie!”

Lindiwe se getuienis is ‘n geloofwaardige proklamering dat mét God, alle dinge moontlik is! Synde ‘n fisiese genesing óf ‘n wonderwerk van die hart  – ons Jesus staan altyd gretig gereed om gevangenes vry te kom vrymaak.

Tamryn is die stigter van In His Name Ministries, ‘n evangelistiese organisasie toegewy tot die verkondiging van die Evangelie van Jesus Christus dwarsoor Afrika en die hele wêreld. Kontak haar op Facebook onder Tamryn Klintworth of besoek die bediening se webtuiste:

WWW.INHISNAME.ORG.ZA


Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication