Maar die man wat julle in die verwarring bring, wie hy ookal mag wees, God sal hom straf

Galasiers 5:10

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View January 2012 Issue >>
 

Weduwees en wewenaars bevind hulself ewe skielik in die posisie dat hul enkelouers moet wees sonder dat hulle hoegenaamd ’n keuse gehad het. Hulle het nooit kon dink dat dit ooit met hulle sou gebeur nie – hulle moet vir hulle kinders sorg terwyl hulle nog rou oor die verlies van ’n maat wat nie kan terugkeer om hulle te help nie.

Ander mans en vrouens word enkelouers wanneer hul lewensmaat hul verlaat en weier om die verantwoordelikheid van die kinders te deel. Hulle sit met die gevoel dat hulle in die steek gelaat is en is gebroke. Dan is daar ook nog moontlik die hartseerste groep van almal – die wat in dieselfde stad of dorp as vorige eg­genotes, wat hulle mishandel het of ernstige dwelmgebruikers (alkohol ingesluit) is, woon.
Daar is tog hoop. God is ’n Vader vir die vaderloses en ’n eggenoot vir die wat nie meer ’n eggenoot het nie. Manne, jul hoef ook nie langer te voel dat julle in die steek gelaat is nie. Die Woord van God beloof dat Hy genoeg vir jou sal wees, t.s.v. jou posisie. Selfs al is die Here daar vir ons en al het ons die steun van vriende en familie, sal daar altyd hindernisse wees wat oorkom moet word. Deur hiervan bewus te wees en die vaardighede te leer om dit te oorkom, sal hierdie reis as enkel­ouer nie net makliker nie, maar selfs genotvol maak.

Emosionele bagasie
Daar is ’n paar takies wat meer moed en krag verg as enkelouerskap. Dis nie net ’n kwessie van verantwoordelikheid nie. Uitdagende take word moeiliker as ons nog met emosionele bagasie ook sit. Hierdie ekstra gewig kan verhoed dat jy ’n effektiewe ouer is omdat al jou energie deur jou probleme van die verlede opgesuig word. Voorbeelde van hierdie gewig is: selfbejammering, depressie, woede, jaloesie, uitputting, eensaamheid en frustrasie.
Die meeste enkelouers sit maar met van hierdie probleme. Daar is ongelukkig geen kortpad om hierdie pynlike hindernisse te oorkom nie. Elke area moet aangespreek, verken en agtergelaat word. Jy wil tog seer sekerlik gesonde, goedaangepaste kinders grootmaak en dit kan net gedoen word indien jy op hulle en nie op jouself nie, fokus. Jou kinders is die kosbaarste gawes wat God jou gegee het. Deur jou bagasie te hanteer en na jou kinders uit te reik, sal jou eie gesondheid versterk word. Omring jouself met vriende met wie jy kan gesels, dat jy gesond eet en gereeld oefen. Be­studeer God se Woord en moenie ophou kerk toe gaan nie. Soek hulp wanneer jy dit nodig het – dit is uiters belangrik dat jy jou emosionele pyn hanteer en dat jy gesond is en beskikbaar is wanneer jou kinders jou nodig het.

’n Huis wat verdeel is
Die enkelouerhuis is nog steeds ’n gesin en daar is geen rede waarom enkelouers  kinders die wêreld moet instuur wat emosioneel ongesond of middelmatige presteerders is nie. Jy kan nog steeds  gelukkige, gesonde kinders grootmaak t.s.v. wat in die verlede gebeur het. Ouers vra dikwels wat die grootste geskenk is wat hulle aan hulle kinders kan gee. Gary Richmond, outeur van ‘Successful Single Parenting’ is van mening dat die grootste geskenk is om jou voormalige huweliksmaat te respekteer.
Ons wil ook hier byvoeg: dat hulle Christus sal ken en liefhê. Indien daar enige manier is om iets uit te werk in dié verband, soek daarna en doen dit.

Kry dinge gedoen

Deur die skoene van jou eks te probeer volstaan, is een van die moeilikste aspekte van enkelouerskap. Dinge  soos om die gras te sny of een­voudige selfdoendinge (vir ma’s) of koskook en skoonmaak (vir pa’s) kan baie uitdagend wees. Die heel eerste ding wat jy moet onthou, is dat jy beslis nie alles goed kan doen nie. Indien jy dit probeer regkry, sal jy maar taamlike middelmatige resultate behaal. Doen die beste wat jy kan en moenie probeer om perfek te wees nie. Probeer ook om ander mense te gebruik  wat daardie takies wat vroeër jou eggenoot se verantwoordelikheid was, af te handel.  Huur bv. ’n tuinier, of kok , moet beslis nie alles in die huis  self probeer doen nie.

Nooit genoeg aan die einde van die maand nie
As enkelouergesin kan julle moontlik nie dieselfde lewenstandaard handhaaf as vantevore nie – onthou dit sommer  van­uit die staanspoor.  Alhoewel dit aanpas­sing mag verg, moet jy die drang om skuld te maak bloot net om jou vorige lewenstandaard te handhaaf, weerstaan. Moenie toelaat dat jou kinders jou manipuleer of skuldig voel as hulle nie alles het waaraan hulle gewoond was nie. ‘Goed’ gaan hulle beslis nie beter laat voel oor die verlies van ’n ouer nie.

Vertrou nét op God
Niemand is beter van jou situasie bewus as God nie. As jy getrou is met jou geld, sal Hy voorsien. Enkelma’s is veral weerloos weens die dreigement dat hulle  finansieel nie die paal sal haal nie. Dis baie maklik om, as jy met ’n pap band iewers gaan staan, te dink dat ’n man in jou lewe dinge vir jou beter gaan maak.
Die waarheid is dat jy ver­al in so ’n tyd, nét op God moet vertrou. Moenie jou probleme met jou eie skemas en oplos­sings benader nie. Bid oor elke situasie en vra God vir wysheid oor jou finansies. Dit sal nie maklik wees nie, maar deur God eerste te plaas en jou geld oordeelkundig te spandeer, sal finansiële sukses verseker wees.

Gewonde skapies
Jou kinders sal seergemaak voel oor die verlies – dis onvermydelik. Maar hulle kan bo die seer en verwon­­ding uitstyg indien jy vir hulle die regte omgewing daarstel. Jou werk is nie om jou kinders te heel nie, net God kan dit doen. Maar jy kan aan hulle die gereedskap verskaf om die lewe te kan hanteer. Jy moet egter weet waarmee hulle wroeg. Hulle is nog jonk en tegelykertyd op baie plek­ke verwond. Indien jy die oorsaak of bron van die pyn kan peil, kan jy hulle begin help om dit te hanteer en te verwerk. Indien dit reg hanteer word, kan hul wonde uiteindelik hul grootste kragbron word.

Alles is nie verlore nie
Goeie ouerskap maak al die verskil in die wêreld. Die vele goedaangepaste kinders van enkel­ouers bewys dit. Leef net een dag op ’n slag. 

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication