U Woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel.

Ps. 119:89.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View February 2012 Issue >>
 

Twee mans wat ’n groot invloed op Charles Darwin se lewe gehad het, was predikante wat ook wetenskap beoefen het. Dit ten spyte van die feit dat beide téén evolusie gekant was. Hulle was dominee John Henslow, ’n professor in plantkunde en lewenslange vriend van Darwin, en dominee Adam Sedgwick, ’n professor in geologie. Albei hierdie professore was van die universiteit van Cambridge en het Darwin se sienings grootliks beïnvloed.

John Stevens Henslow (1796–1861)
Henslow was ’n akademikus met ’n wye belangstelling. Nadat hy in 1818 afstudeer het, het hy geo­logiese ekspedisies na die Isle of Wight (saam met Adam Sedgwick) en die Isle of Man meegemaak. In 1822 is hy as professor in mine­ralogie aan die universiteit van Cambridge aangewys – ’n pos waaruit hy bedank het nadat hy in 1825 by dieselfde universiteit aangewys is as professor in plantkunde. Intussen is hy in 1824 as ’n Anglikaanse predikant georden.
As stigter van die universiteit van Cambridge se Botaniese Tuin, het Henslow in 1821 begin om ’n gedroogde plantversameling van die hele Britse planteryk bymekaar te maak.1 Sy doel was om ‘die perke van verandering (aanpassing) binne die ‘geskape’ spesies te ontleed’. Hy het die perke van verandering gebruik om spe­sies te definieer deur ’n gebruik waarna hy as kollasie verwys het, m.a.w. ’n vergelyking van die veranderde of aangepaste spesie met die oorspronklike. Hierin het hy die standpunt gehandhaaf dat spesies nie evo­lueer nie, maar wel die vermoë het om binne perke deur verandering aan te pas.
In sy outobiografie het Darwin geskryf dat sy vriendskap met Henslow, meer as enigiets anders, sy hele loopbaan beïn­vloed het. Dit het begin toe Darwin ’n voorgraadse student was en een van Henslow se lesings in 1828 bygewoon het. Daarna het hy Henslow se vyf-week-lange plantkunde kursus drie keer bygewoon – in 1829, 1830 en 1831.

As deel van die lesings het Henslow uitstappies in die Cambridge-omgewing gereël. Darwin het so baie tyd hiér deurgebring dat van die ander lektore na hom verwys het as ‘die man wat saam met Henslow wandel’. In sy outobiografie skryf Darwin van Henslow: ‘Hy was diep godsdienstig, en so ortodoks dat hy my eendag vertel het dat hy gegrief sou wees as één woord van die 39 Artikels 2 sou verander’.

Henslow se hipotese
Ten spyte hiervan was Henslow met ’n lang, komplekse geologiese ge­skiedenis wat nie maklik met Genesis vergelyk kon word nie, versoen – behalwe in ’n algemene, figuurlike sin. In sy enigste publikasie, ‘The Flood’ (1823), het Henslow ’n hipotese vir ’n natuurlike verklaring vir die Vloed ter tafel gelê – ’n katastrofiese komeetbotsing met die aarde.

In 1831 was dit juis Henslow wat sy nuut-­afgestudeerde student, Charles Darwin, voorgestel het vir die posisie as naturoloog om kaptein Robert Fitzroy aan boord van die HMS Beagle op die opname-ekspedisie na Suid-Amerika te vergesel. Ter voorbereiding het Henslow egter vir Darwin op ’n geologiese ekskursie na Noord-Wallis saam met prof. Adam Sedgwick gestuur.

Adam Sedgwick (1785–1873)
Sedgwick was nog ’n akademikus wat as Anglikaanse predikant bevestig is (1818) voordat hy tot professor aan die Universiteit van Cambridge as die hoof van geologie ver­kies is. Gemeet aan vandag se standaarde was hy nie juis ’n evangelis of ’n jong-aarde-skeppingsleerder nie, maar tog ook nie ’n evolusionis nie. Sy geologiese oortuiging was katastrofisties,3 en hy het in ’n reeks bonatuurlike skeppingsaksies oor ’n lang uitgestrekte geskiedenis geglo.

Vandag sou hy bekend staan as ’n progressiewe skeppingsleerder. Interessant genoeg kon hy nie die anomalie van geloof in ’n jong menslike oorsprong, teenoor ’n ou ouderdom vir gesteentes, raaksien nie. Aldus skryf hy: ‘Die geoloog...sien ’n lang opeenvolging van monumente wat elk moontlik ’n duisend eras kon neem om te ontvou’.

Alhoewel Sedgwick ’n ou-aarde-geoloog was, was hy gekant teen enige vorm van bio­logiese evolusie.

Toe Robert Chalmers in 1844 sy eie teo­rie oor evolusie (of transmutasie) anoniem publiseer in sy ‘Vestiges of the Natural History of Creation’,4 het Sedwick die werk afgeskiet in ’n brief aan Charles Lyell: “If the book be true, the labours of sober induction5 are in vain; religion is a lie, human law is a mass of folly, and a base injustice; morality is moonshine; our labours for the black people of Africa were works of madmen; and man and woman are only better beasts!”

Sedgwick se siening van Darwin se boek
Sedgwick was net so sarkasties rakende Darwin se ‘Origin of Species’ in 1859. In ’n brief aan Darwin sê hy: “I have read your book with more pain than pleasure. Parts of it I admired greatly, parts I laughed at till my sides were almost sore; other parts I read with absolute sorrow; because I think them utterly false and grievously mischievous. You have deserted...the true method of induction... There is a moral or metaphysi­cal part of nature as well as the physical. A man who denies this is deep in the mire of folly.” In sy oorsig (oor die boek) wat in ‘The Spectator’ van 24 Maart 1860 gepubliseer is, skryf Sedgwick:
“Each series of facts is laced together by a series of assumptions, and repetitions of the one false principle. You cannot make a good rope out of a string of air bubbles. I cannot conclude without expressing my detestation of the theory, because of its unflinching materialism;—because it has deserted the inductive track, the only track that leads to physical truth;—because it utterly repudiates final causes, and thereby indicates a demoralised understan­ding on the part of its advocates.

Not that I believe that Darwin is an atheist; though I cannot but regard his materialism as atheistical. I think it untrue, because opposed to the obvious course of nature, and the very opposite of inductive truth. And I think it intensely mischievous.”

Wat was Darwin se motivering?

Ons kan dus sien dat die twee hoofmentors in Darwin se akademiese lewe, Henslow en Sedgwick, nie net Christene was nie, maar beide hewig gekant was teen enige vorm van biologiese evolusie. Hoekom het Darwin dan sy rug op hulle lering gekeer en sy eie anti-God, evolusionêre filosofie begin?

Die antwoord is eenvoudig: ten spyte van Henslow en Sedgwick se Christelike getuienis en gesprekke oor Christenskap en die Bybel wat Darwin moontlik met hulle gehad het, of dalk hulle siening oor die spe­siale skepping en onveranderlikheid van spesies, is die één ding wat Darwin by hulle (veral Sedgwick) geleer het: die geloof in ou geologiese ouderdomme. So het hulle onwetend God se bonatuurlike handelinge, soos in Genesis beskryf, nietig verklaar en Darwin die tydsraamwerk gegee wat hy nodig gehad het om die evolusie-teorie te ‘laat werk’. Niks anders het saakgemaak nie!

‘Konsep van eenvormigheid’
Boonop was dit Henslow wat voorge­stel het dat Darwin die eerste volume van Charles Lyell se ‘Principles of Geology’ (1830) saam met hom op die HMS Beagle neem. Bo­genoemde boek het die konsep van eenvormigheid (uniformitarianism), wat aanvoer dat die aarde gevorm het deur die stelselmatige opbou van klein veran­derings (huidige aardpro­sesse teen hui­dige tempo’s van intensiteit en omvang) oor enorme hoe­veelhede tyd, ter tafel gelê.
Ten spyte van Henslow se waarskuwing is dit moeilik om ’n rede in te sien vir die feit dat hy enigsins die boek met sy aanhoudende argumentering oor die konsep van lang tydperke, vir Darwin aanbeveel het, tensy Henslow self die sienings gedeel het.

Interessant genoeg het Lyell die konsep van biologiese evolusie sterk verwerp. “He was ‘ … appalled at the thought of a chimpanzee in the family, of an ape aspiring to ‘the attributes and dignity of man’.” Volume 2 van sy ‘Principles of Geology’ (1832) was ’n boeklange weerlegging’ van Lamarck se idees oor evolusie - … gestapel met slim argumente teen die idee dat lewe geëvo­lueer het en deur ‘n familieboom voorge­stel kan word.’

Darwin het ’n afskrif van hierdie tweede volume deur die pos in Montevideo (Uruguay) ontvang terwyl hy nog op die Beagle-­vaart was. Maar weereens het Darwin genoeg van die lang geologiese tydperke ingeneem om evolusie te ‘laat werk’.

Slotsom
Vandag het baie kerke en teologiese skole die idee van lang ouderdomme aanvaar terwyl die Bybel se weergawe van God se skeppingswerk sowat 6 000 jaar gelede, verwerp word. Sommige dink dat dit só makliker gaan wees om ongelowiges tot geloof te bring. Maar dit is onsin.

Soos in Darwin se geval, sal sulke teen-Bybelse idees mense nie na geloof in God lei nie, maar eerder die geloofwaardigheid van God se eie skeppingsverhaal ondermyn ten gunste van die ateïstiese idee van evolusie.

[1] Dit was genoegsaam vir Henslow om ‘n Katalogus van Britse Plante in 1829 saam te stel.
[1] Kohn, D. et al., What Henslow taught Darwin, Nature 436(7051):643–45, 2005.
[1] The Autobiography of Charles Darwin, met oorspronklike uitlatings herwin. Geredigeer met Aanhangsel en Notas deur sy kleindogter Nora Barlow, Collins, London, p. 64, 1958.
[1] Die geskiedkundige leerstellings en geloofsopsomming van die Anglikaanse Kerk.
[1] Ref. 3, pp. 64–65
[1] Alle ordinante vir Anglikaanse priesterskap moes trou beloof aan die 39 Artikels.
[1] Walters, S. and Stow, E., Darwin’s Mentor: John Stevens Henslow, 1796–1861, Cambridge University Press, p. 162, 2001.
[1] Henslow was ook die voorsitter van die geskiedkundige debat tussen Biskop Samuel Wilberforce and Thomas Huxley, gehou te Oxford op 30 Junie 1860.
Sien Grigg, R., Did Wilberforce say it? Creation 13(1):33, 1990; creation.com/Wilberforce_say.
Sien ook Sarfati, J., Post-script: Wilberforce Jr. v Huxley debate, creation.com/wilberforce#huxley, 20 Februarie 2007.
[1] Dit beteken dat die Aarde se geskiedenis gekenmerk word deur herhaalde katastrofes soos vloede, met Noag se Vloed die grootste en laaste hiervan.
[1] Adam Sedgwick, Wikipedia, www.en.wikipedia.org/wiki/Adam_Sedgwick, besigtig 3 Mei 2008.
[1] Sedgwick, A., Discourse on the Studies of the University, Leicester University Press, p. 22, 1969 herdruk van die 1833 oorspronklike.
[1]  Die werk het voorgestel dat alles wat bestaan, ontwikkel het van vroeëre vorms: die sonnestelsel, Aarde, klippe, seeplante en korale, visse, landplante, reptiele en voëls, soogdiere en uiteindelik die mens.
[1] Induksie (induction)is ‘n vorm van beredenering wat algemene gevolgtrekkings maak van enkele gevalle of bewyse.
[1] A. Sedgwick to C. Lyell, 9 April 1845 in Clark, J.W. and Hughes, T.M., The Life and Letters of the Reverend Adam Sedgwick, Cambridge University Press, Vol. 2, pp. 83–84, 1890.
[1] A. Sedgwick to C. Darwin, 24 December 1859 in Darwin. F., The Life and Letters of Charles Darwin, D. Appleton & Co., New York, Vol. 2, pp. 43–44, 1911.
[1] Aangehaal deur Darwin in ‘n brief aan Charles Lyell, verw. 15, pp. 91–92.
[1] Desmond, A. and Moore, J., Darwin, Penguin Books, London, p. 108, 1991.
[1] Verw. 17, p. 131.
[1] Nadat Lyell Darwin se Origin gelees het, het hy die volgende op  3 Oktober 1859 aan Darwin geskryf: “… when, as I fully expect, a new edition is soon called for, you may here and there insert an actual case to relieve the vast number of abstract propositions” (verw. 15, p. 2).

Lyell het uiteindelik sy steun toegesê aan evolusie in Antiquity of Man” (in 1863). Bron: Milner, R., Putting Darwin in his place, Scientific American 287(4):79–80, 2002.

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication