Maar die Woord van die Here, dit bly vir ewig. En hierdie Woord is die Evangelie wat aan julle verkondig is.

1 Pet. 1:25.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View June 2012 Issue >>
 

Wonderwerke of wetenskaplik verklaarbaar?
Was die tien plae van Egipte, soos in Eksodus 7-11 vermeld, almal onverbloemde wonderwerke van God? Volgens Moses; Ja. Maar nie volgens Greta Hort se teorie van ‘natuurlike oorsaak-en-gevolg’ wat in 1957-58 gepubliseer is nie1, en wat vandag wyd in Bybelse naslaanwerke en ensiklopidieë2 aangehaal word. Hort se idees was egter nooit aan onafhanklike wetenskaplike ondersoek onderworpe nie, tot díe van Brad Sparks in 20033.

Hort se ‘kettingreaksie’
Volgens Hort was die eerste plaag, bloed, veronderstel4 om ’n  massiewe hoeveelheid rooi alge te wees wat saam met ’n groot hoeveelheid rooi grond in die Nylrivier na groot reën op die Abessynse plato beland het. Díe rooi alge het die water van suurstof ontneem en sodoende die dood van visse beteken wat op een of ander manier ’n oplewing van antraks- bakterië (miltsiekte) tot gevolg gehad het. So het die paddas dan siek geword, die rivier verlaat (die tweede plaag) en gesterf. Hort se derde plaag was muskiete wat in die vloedwaters uitgebroei het, terwyl die vierde plaag, steekvlieë (Stomoxys calcitrans) aangeteel het in die verrottende plantmateriaal en na die vloedwater teruggetrek het. Die dood van die vee as die vyfde plaag, is veroorsaak deur die antraks wat versprei het nadat die paddas dood is. Die sesde plaag, swere op mense en diere, was blykbaar vel-antraks wat deur die steekvlieë oorgedra is. Volgens Hort was die sewende plaag van donderweer en hael, ’n  toevallige weerverskynsel wat weer tot die sprinkane van die agtste plaag aanleiding gegee het.5 Die negende plaag, donkerte, is blykbaar veroorsaak deur ’n  sandstorm wat as ’n ‘khamsin’ bekendstaan wat die son bloot uitgedoof het deur die stofkombers van rooi silt van die eerste plaag op te waai toe die vloedwater teruggetrek het. En Hort se tiende plaag was nie die dood van die eersgeborenes nie, maar die vernietiging van die laaste van die ‘eerste vrugte’ van die oes, ‘vanweë ’n foutiewe Bybelvertaling’ (Hort 1958:52–54).3   

Kritiese foute in Hort se teorie
1. Haar alge
Die kritiese deel van Hort se teorie is die twee rooi alge, ‘Haematococcus pluvialis’ en ‘Euglena sanguinea’, wat sy beweer die kleur van die modderige Nylrivier tot ‘bloedrooi’ versterk het.6 Hierdie alge is egter nie normaalweg rooi in troebel, vloeiende water nie, maar groen, dus kon die Egiptenare dit hoegenaamd nie met bloed verwar het nie!
Na ongeveer 100 jaar se navorsing het wetenskaplikes nog nie een van bogenoemde alge-spesies in die ongeveer 400 geïdentifiseerde  alge-spesies in die Nyl, of die 1 000 spesies bekend in Oos-Afrika, gevind nie.3 Hulle is eintlik skaars en kwesbare yswaterspesies wat in koue sub-arktiese toestande hoort en as industriële aanduider-organismes gebruik word vir sneeu- en yswater- temperature.3 Nie een van hulle veroorsaak skadelike alg-opbloeiings7 êrens op aarde, óf besoedel water, óf laat dit ondrinkbaar nie.3
Die einste alge word vandag as voedselaanvullings vir mens en dier gebruik, en is dus glad nie ’n  giftige bron van antraks  nie. ‘H.pluvialis’ het sterk anti-oksidanteienskappe, word beskou as ’n  anti-kankermiddel en verhoog selfs atletiese vermoëns. Die Amerikaanse ‘Food and Drug Administration’ het ‘H.pluvialis’ na jare se navorsing vir menslike gebruik op 13 April 1995, goedgekeur!3 ‘Euglena’ alge word reeds wyd as viskos gebruik.3
2. Die visse
Die visse kon onmoontlik van Hort se twee onbenullige alge gevrek het. Ook kon hulle nie gevrek het weens gebrek aan suurstof (anoksie) a.g.v. enige alge nie, want anoksie tree eers na ’n alg-opbloeiing, wat in elk geval nie kan gebeur in modderige water nie, in. Die visse het gevrek omdat hulle nie in bloed kon oorleef nie.
3. Haar rooi modder
Nylmodder is bruin, nie rooi nie. As Hort se modderlaag so dik was dat dit die negende plaag gevorm het toe dit die lug ingewaai is as stof, sou dit in elk geval die water heeltemal verdonker het en sodoende die alge laat vrek het. Alge is plante en het sonlig nodig om te fotosinteer en modderige water blokkeer sonlig. Modder in suspensie veroorsaak ook flokkulasie, waar modderdeeltjies aan enige alge vasklou en uitsak. Om hierdie redes is die slikbelaaide Nylrivier in vloed ‘geheel en al vry van enige algspesies’.3 Soos Sparks opmerk: “Omdat Hort se teorie beide alge vereis en slik wat alge doodmaak, is haar teorie logies en wetenskaplik ‘selfvernietigend’”.3
Sou die water bloot rooi gekleur gewees het, sou die Egiptenare slegs water in ’n  houer hoef te laat staan totdat die modder uitgesak het, of dit deursyg. Eksodus 7:19-20 sê dat die Nylrivier in bloed verander het toe Aäron met sy staf op die water geslaan het. Daar was geen tydsverloop nie, geen stelselmatige opbou van rooi materie nie. Bloed het in strome, damme, poele en houers van hout en steen verskyn (Eksodus 7:19), nie net in die Nyl nie.
4. Haar anthrax
Antraks kom in grond voor en nie in die Nyl nie. Dit besmet nie akwatiese diere soos vis (dood of lewend) of paddas nie. Inteendeel, van die paddas het teruggekeer na die Nyl toe God die plaag opgehef het (Eksodus 8:11). Antraks  besmet soogdiere, soos landdiere wat op gras wei wat deur antraksspore in die grond besmet is.8
5. Haar steekvlieë
Steekvlieë versprei nie antraks na mens of dier nie, nóg teer hulle op dooie diere. In die mediese veeartseny-geskiedenis van antraks is daar ‘geen bekende gevalle van antraks-besmette steekvliegbyte op mense, beeste of skape iewers op aarde nie’.3  
6. Die Nyl in vloed
Hort maak staat op vloedwaters om haar muskiete en steekvlieë te laat uitbroei, sowel as om die wydverspreide rooi modder- en stofkombers te veroorsaak wat na bewering die plaag van donkerte veroorsaak het. Eksodus het egter geen verwysing na vloedwater gedurende die tien plae nie. Inteendeel, Moses ontmoet die Farao op die oewer van die Nyl (Eksodus 7:15), en die Egiptenare grawe langs die Nyloewer in hulle soeke na drinkwater (Eksodus 7:24). Dit is dus nie beskrywend van ’n  rivier in vloed nie.
7. Haar woestynstorm van rooi stof
Sy maak weereens staat op die vloedwaters vir haar plae van paddas, vlieë en sprinkane, met nog meer water wat deur die haelstorm bygevoeg word. Sy verduidelik egter nie hoe die khamsin die oorversadigde rooi modder kon uitdroog sodat dit as ’n stofstorm slegs ’n paar uur later kon opwaai nie. Die Egiptenare sou in elk geval gewoond aan stofstorms gewees het, en Farao sou skaars aandag aan een geskenk het, al het dit drie dae geduur.
8. Horst se ‘eerste vrugte in plaas van ‘eersgeborenes’
Dit is bloot oneerlik van Hort om te beweer dat ’n  vertalingsfout van één Hebreeuse woord in die Bybelse weergawe haar naturalistiese teorie staaf, en verder ook die twee-en-’n-halwe hoofstukke van dieselfde dokument (Eksodus 11:1-13:16) wat die dood van die Egiptiese eersgeborenes en die redding van die Israelietiese eersgeborenes in die fynste besonderhede beskryf is, blatant te ignoreer .

Het God natuurlike prosesse gebruik?
God handel gereeld in Sy Skepping deur middel van natuurlike wette; in uitsonderlike gevalle egter gebruik Hy wonderwerke. In Eksodus word die bonatuurlike gesien in:
1. God se openbaring van die komende gebeure aan Moses as waarskuwing aan die Farao.9
2. Die aanvang (en einde van sommige) van die gebeure op die presiese tydstip soos deur Moses as die gesant van God verkondig,10 en weens die aksies en gebede van Moses en Aäron.
3. Die lokalisering van die gebeure sodat Gosen (waar die Israeliete gebly het) nie geraak is nie.11
4. Die gebeure self.
God word nie verhinder om natuurlike gebeure of sekondêre agente te gebruik om sy spesiale doel te bereik nie. Inteendeel, Eksodus 10:13 sê dat God die sprinkane van die agtste plaag ingebring het deur ’n ‘oostewind wat die hele dag en nag oor die land gewaai het’. En volgens Eksodus 10:19 is hierdie plaag beëindig deurdat God ’n sterk westewind gestuur het wat die sprinkane die Rooi See ingewaai het. Hierdie is egter die enigste plaag wat Moses in detail beskryf het.
Hort (en andere) wat probeer om die plae af te maak as niks meer as ’n logiese opeenvolging van natuurlike gebeure12 nie, moet verduidelik hoekom ‘Moeder Natuur’ nog nooit weer enigiets soortgelyk  opgelewer het nie. Alle naturalistiese verduidelikings van die plae verloor God se rol as Regter uit die oog. Hort mag maar wonder hoekom die Jode die afgelope 3 500 jaar tydens die jaarlikse Pasga die redding van hulle eersgeborenes herdenk as die sneller van die Uittog.
Rakende die bonatuurlike – ’n god wat nie wonderwerke kan doen nie, is nie ’n god wat verdien om gevolg te word nie, of wat in staat is om getrou oor te dra wat hy gedoen het nie! Bybelgelowige Christene aanbid die enigste ware God, wat nie slegs ’n wonderwerkende Skepper is nie, maar ook Wetgewer en Regter. Die beste nuus van alles is dat Hy ook Redder is van almal wat hulle geloof en vertroue in Hom plaas.

Argeologiese bewyse van die plae uit Egipte
[Update: we now caution against using the Leiden papyrus as evidence, for reasons explained by Patrick Clarke below. He is known to us as very knowledgeable on Egyptology and a staunch biblical creationist. We thought it sound at the time, and have left this box in this web version of theCreation magazine article for posterity. ]
The Leiden Museum in Holland houses a papyrus written by an ancient Egyptian named Ipuwer.1 It ‘appears to be an eye-witness account of the effects of the Exodus plagues from the perspective of an average Egyptian’.2 Excerpts are: ‘Plague stalks through the land and blood is everywhere … the river is blood. Does a man drink from it? As a human he rejects it. He thirsts for water …. Nay, but gates, columns and walls are consumed with fire …. Nay but men are few. He that lays his brother in the ground is everywhere …. Nay but the son of the high-born man is no longer to be recognized …. The stranger people from outside are come into Egypt …. Nay, but corn has perished everywhere. People are stripped of clothing, perfume and oil. Everyone says “there is no more”. The storehouse is bare …. It has come to this. The king has been taken away by poor men.’3

References
1. Catalogued as ‘Leiden 344’, it was discovered in 1828, and translated in 1909 by Prof. Alan H. Gardner under the title The Admonitions of an Egyptian Sage from a Hieratic Papyrus. See www.geocities.com/regkeith/linkipuwer.htm, 24 May 2004.
2. Becher, M., The Ten Plagues—Live from Egypt, ohr.edu/yhiy/article.php/838, 21 April 2004.
3. Down, D., Searching for Moses , Journal of Creation 15(1):53–57, 2001, who quotes from Erman, A., The Ancient Egyptians: A Sourcebook of Their Writings, Harper and Row, New York, pp. 94–101, 1966.
________________________________________

God : 10 ‒ Egiptiese gode: 0
Volgens Eksodus het God die Tien Plae oor Egipte gestuur om die volgende redes:
1. Om die Israeliete te bevry (Eksodus 3:8; 19-20; 6:1, 5)
2. Om die Farao se vraag te beantwoord van: “Wie is die HERE na Wie se stem ek moet luister om Israel te laat trek?” (Eksodus 5:2, 7:5; 8:22; 9:14)
3. Dat die Israeliete God se krag kon ken (Eksodus 6:7; 10:2)
4. Om te wys dat die aarde aan Hom behoort en nie die Egiptiese gode nie (Eksodus 9:16; 29; 11:7 vgl.  Ps 24:1)
5. Om ’n oordeel te fel oor ‘al die gode van Egipte’. (Eksodus 12:12, vgl. Num 33:4).

Vervolgens word moontlike maniere gelys hoe die plae teen die verskeie gode van Egipte kon getuig:
Die eerste plaag was gerig teen die Nyl self, wat die Egiptenare as die bron van lewe aanbid het. Dié plaag het verskeie riviergode konfronteer, insluitend Khnum (bewaarder van die Nyl), Hapi (gees van die Nyl en god van vrugbaarheid) en Osiris (die god van die onderwêreld wie se bloed die Nyl veronderstel was om te verteenwoordig). Deur die Nyl in bloed te verander en al die visse te laat vrek (wat glo deur Hathor en Neith beskerm moes word), het Moses nie net al die Egiptiese afgode beskaamd gelaat nie, maar ook gewys dat voorsiening slegs uit die hand van God kom.
Die tweede plaag van ontelbare paddas was gemik teen die Egiptiese godin Heget, ’n simbool van goeie oeste (weens die Nylwater) en geboorte, wat gewoonlik as ’n vrou met die kop van ’n padda uitgebeeld is; sowel as Isis, nog ’n vrugbaarheidsgodin. Paddas was heilig in Egipte. Hierdie twee godinne was egter magteloos om hierdie simbole van lewe te keer om in verrottende doodshope te beland.
Hathor is oorspronklik aanbid in die vorm van ’n koei. Later is sy uitgebeeld as ’n vrou met ’n koei se kop, en uiteindelik met ’n breëgesig, vredevolle menslike kop. Sy is ook uitgebeeld met ’n paar horings rondom ’n maan as hooftooisel. Sy is op verskeie maniere uitgebeeld en met vele plaaslike ‘gode’ in antieke Egipte geassosieer.
Interessant genoeg het die Egiptiese towenaars die plae van bloed en paddas met hul towerkunste nagemaak (Exodus 7:22, 8:7). Dit kon simulasies wees, maar meer waarskynlik demoniese wonderwerke, waar wonderwerke die bewys is van bonatuurlike kragte, nie net God se almag nie.2,3 God het die towenaars toegelaat om by te dra tot die twee plae, maar nie om dit te verhoed nie!
Die derde plaag van muskiete (of luise of muggies afhangend van die vertaling) uit die stof van die aarde was gemik teen al die gode van die aarde. Hierdie, en die vierde plaag van (steek)vlieë, was gemik teen nog ’n gunsteling-afgod: Khepri, die miskruiergod. ’n Plaag van vlieë dui op die onvermoë van die miskruiergod om sy werk te doen om mis te begrawe sodat vlieë nie kan uitbroei nie. Hierdie god was ook verantwoordelik om die son oor die hemel te rol, soos ’n miskruier ’n bol mis rol.
Die vyfde plaag van veesterftes (wat voedsel, melk, klere en vervoer verskaf het), was direk gemik op Apis, die heilige bulgod, en Mnevis, bulgod-simbool van vrugbaarheid, asook Hathor, die koei-agtige moedergodin, en Isis, die koningin van die afgode wat koeihorings op haar kop gedra het. Hulle is almal dus as bedrieërs ontmasker.
Die sesde plaag van swere het die onvermoë van enige van die gode van toorkuns en genesing, soos Hike en Thoth (Imhotep) uitgewys om selfs die towenaars te beskerm teen die swere, en dus van die mag van God bewys.
Die sewende plaag van hael, en die agtste van springkane (deur wind veroorsaak) wat die oeste vernietig het, was teen verskeie gode van die lug (soos Shu, Tefnut en Nut, gode van lug, vog en die hemelruim) gemik; hulle was kamstig verantwoordelik om die weer te beheer. Die verlies aan oeste het die magteloosheid van die gode van plantegroei, landbou en oeste (soos Geb en Seth) ontbloot.
Die negende plaag, donkerheid, was teen die oppergesag van Egipte – die songod Ra of Amon-Ra (ook as ‘Re’ gespel) gemik. Hy was glo vir die voorsiening van lig en hitte op die aarde verantwoordelik. Ander magtelose gode van die hemelruim was Horus, Seker, Khepri, Mut en Nut.
Uiteindelik was die tiende plaag van dood onder die eersgeborenes ’n aanval teen die Farao se gesag. Die Egiptenare het geglo hy is ’n inkarnasie van die songod en van Osiris, die lewegewer. Dit was die Farao se taak om die guns van die gode te behou en om die wette van Ma’at, die godin van orde te onderhou. Nietemin was hy nie by magte om die dood van sy eie seun, die volgende ‘goddelike heerser’, of dié van enigiemand anders in Egipte te keer nie.4 God alleen het dus die absolute beheer oor dood en lewe gehad.

Verwysings en notas
1.    ‘YHWH’ of Jehovah is die heilige Naam van die enigste ware God (Eksodus 3:14).
2.    Vgl. Op 13:14; 16:14; 19:20.
3.    Die towenaars kon nie die derde plaag naboots nie en het gesê ‘dit is die vinger van God [Elohim]’. Hulle het nie Yahweh hier die eer gegee nie, maar erken dat daar ’n groter mag as hulle s’n hier te siene was. Hulle het dit ook vroeër beleef toe Aäron se staf in ’n slang verander het (Hebreeus: tanniym) en hulle s’n ingesluk het. (Eksodus 7:8–13).
4.    Die eersgebore Israelitiese kinders was beskerm deur die bloed van die lam wat God gesê het hulle moet aan die deurkosyne en bo-drumpel sprinkel van elke huis. Dit voorspel natuurlik die offer van ons Heer Jesus Christus, en sy Nuwe Testamentiese naam: ‘Lam van God’ vgl. Joh 1:29.

Hoofbronne en notas
1. Hort, G., The Plagues of Egypt, 2 dele, Zeitschrift für die Alttestamentliche Wissenschaft 69:84–103, 1957; 70:48–59, 1958. Hort was “’n skolier van middeleeuse Engelse literatuur en godsdiens” (verw 3).
2.E.g.The New Bible Commentary Revised, Inter-Varsity Press, London, Eksodus 7:14–11:10, p. 126, 1970; en
The Illustrated Bible Dictionary, Deel 3, Inter-Varsity Press, Leicester, England, Plagues of Egypt, pp. 1234–1237, 1980.
Ook The International Standard Bible Encyclopedia, William B. Eerdmans, Grand Rapids, Michigan, Plagues of Egypt, Vol. 3, pp. 878–880, 1986.
3.Sparks, B., Red algae theories of the ten plagues: contradicted by science, 2 dele, Bible and Spade 16(3):66–77, 2003 en 17(1):17–27, 2004, waarop hierdie artikel gebaseer is.
4.Hort skryf dat ons slegs kan ‘veronderstel’ dat die water van die Blou Nyl ... die twee spesies rooi alge ingespoel het vanaf die Tana-meer (Hort 1957:94, klem bygevoeg)’. Aangehaal van verw. 3.
5.Hort het die oostewind wat die sprinkane ingewaai het na ’n suidewind verander omdat dit veronderstel was om van Soedan of suidwes-Arabië afkomstig te wees. Verder het sy die westewind wat die sprinkane Rooi See toe weggewaai het verander na ’n noorde- of seewind (verw. 3).
6.Rooi alge, rooi slik en antraks is al deur ander voorgestel en nie deur Hort erken nie. Haar unieke bydrae was die identifisering van die twee spesifieke spesies alge wat nie in Egipte of die Nyl voorkom nie (verw. 3).
7.Dit word nie in meer as 170 spesies bekende alge wat skadelike alg-opbloeiings veroorsaak gelys nie, volgens UNESCO en ander bronne (verw. 3)
8.Wilde karnivore kan (soms) met antraks besmet raak deur besmette karkasse te eet, mense kan dit inkry deur besmette vleis te eet, of deur skrape of ander velwonde deur besmette pels of wol te hanteer.
9.Moses het plae 1, 2, 4, 5, 6, 7, 8 en 10 voor Farao aangekondig of geïnisieër, maar vermoedelik nie plaag 3 en 9 nie.
10. ‘YHWH’ of Jehovah, is die heilige naam van die enigste ware God (Exodus 3:14).
11. Eksodus noem dat plae 4, 5, 7, 9 en 10 nie in Gosen voorgekom het nie, en dat plaag 6 (swere) alle Egiptenare getref het. Gosen word nie genoem rakende plaag 1, 2, 3 en 8 nie.
12. Marr en Malloy (1996) beweer dat die plae deur ’n ‘ander groep organismes’ veroorsaak is, dat die negende plaag blindheid en nie donkerte was nie, en dat die tiende plaag deur ’n giftige muf (a.g.v. die sprinkaanmis) veroorsaak is wat bo-op die graan in store gegroei het terwyl die eersgeborenes ekstra porsies gekry het. Díe en ander naturalistiese teorieë word in verw. 3 getel.


                                                                                             -Russel Grigg

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication