Maar die man wat julle in die verwarring bring, wie hy ookal mag wees, God sal hom straf

Galasiers 5:10

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View June 2012 Issue >>
 

EVANGELISASIE IN SY NAAM

Liewe Lesers Vriend
“Skielik was daar ‘n geluid uit die hemel soos van ‘n geweldige stormwind, en dit het die hele vertrek gevul waar hulle gesit het. Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het.” – Handelinge 2 v 2
Die Heilige Gees is ‘n gees van aksie. Goddelike aksie.  Huiwerigheid en traagheid, aan die ander kant, is instrumente wat die duiwel gebruik om gelowiges te probeer pootjie en mee te pynig en om magteloosheid te veroorsaak. In Handelinge 2 v 1 – 4 lees ons wat gebeur het op die dag van Pinkster.  Hierin word die Heilige Gees gesimboliseer of vergelyk met elemente van vuur en wind.  Wind word gedefinieer as ‘n massa beweging van lug. Wanneer die wind ophou om te beweeg, kan dit nie langer as wind beskou word nie.  Wind is beweging en sy hele bestaan hang dus af van aksie. Die wind word in hierdie skrifgedeelte uit die oorspronklike Grieks direk vertaal as gewelddadig, sterk en kragtig.  Inderdaad was hierdie nie ‘n ligte of sagte briesie nie. Inteendeel, dit was ‘n energieke, passievolle en gedetermineerde beweging.
Menige gelowiges wat vervul is met die Heilige Gees, word nie aangewend tot uitbreiding van die Koninkryk van die Hemele nie. Hoekom is dit so? Eenvoudig gestel, hulle beweeg nie saam met Hom nie! Wanneer hulle deur Hom aangepor word om teenoor ‘n vreemdeling te getuig of saam met ‘n kollega te bid, skram hulle weg en maak hulleself saggies uit die voete. Die Heilige Gees is ‘n galante heer. Alhoewel Hy ywerig is om deur ons te beweeg om te red en te herstel, verwag Hy van ons vrywillige samewerking. Hy sal slegs beweeg wanneer ons beweeg. Dit is die kruks van die hele saak. Ons onwilligheid en traagheid beperk soms die vloei van God se Gees.
Kom, liewe vriend, laat ons begin om saam te werk met die Heilige Gees.  Hy is begerig om te begin  beweeg en het ons hande en voete hiervoor nodig in die proses.  Daar is geen groter vreugde nie as om ‘n mede-getuie te wees saam met die Fundamentele Getuie – die Heilige Gees.
Die volgende verhaal van Sibulelo Myalo is ‘n duidelike aanwysing oor hoe ‘n kennismaking met die Heilige Gees ‘n persoon se lewe kan verander. Geniet die vertelling!
In Sy Naam
Tamryn Klintworth
Evangelis


VAN SWAK WEES TOT GETUIE
Terwyl Sibulelo verby die groot wit tent stap met sy helder ligte en jubelende klanke wat toeneem in intensiteit, het hierdie 25-jarige jongman gewonder of hy sal waag om deel te word van hierdie heerlike feesvieringe. Met frustrasie in sy huwelik en onvervuld in sy huidige werksituasie, was hierdie man desperaat vir nuwe hoop. Om een of ander rede het die flikkerligte en blye klanke uit die tent vir hom simbolies geword van die liefde en nabyheid van Jesus wat weerkaats en weerklank vind in sy huidige omstandighede en hom daaraan kom herinner dat met God, daar niks is wat onmoontlik kan wees nie. Hy onthou daardie aand in 2004 toe hy Christus as sy Verlosser en Saligmaker aangeneem het, het die Here hom genees van maagkrampe en liggaamspyne waarmee hy geworstel het sedert sy kinderdae. Dit was sy eerste ondervinding met God. Min het hy geweet dat die Here hierdie keer iets veel groter en lewensveranderend gaan doen!
Sibulelo het ‘n sitplek in die tent gevind en begin luister na die boodskap wat gebring word oor die doping met die Heilige Gees. “Ek het die geklank gehoor van mense wat God loof en prys en ek kon net eenvoudig nie langer wegskram nie. Ek was aangeraak deur die preek, veral die gedeelte waar mense uitgenooi word om die Heilige Gees toe te laat om deur hulle te kom vloei.” Toe die tyd aanbreek dat daar vir mense gebid word om hierdie wonderlike gawe te ontvang, was Sibulelo gereed – en gretig. “Ek het ‘n brandende sensasie deur my hele liggaam gevoel,” het hy verduidelik. “Ek het gevoel hoe die krag van God my begin vervul.” Al babbelende van entoesiasme, was Sibulelo nou gereed om verby sy huidige omstandighede te kyk en ‘n instrument te word vir Jesus Christus. “Ek voel nou vry, ek voel sterk! Ek wil die lewens van mense help verander. Ek wil uitgaan om die Evangelie te gaan verkondig en om vir die siekes te bid. Ek wil vir mense wys wie Jesus is.”  Gaan voort en doen dit, Sibulelo! Gaan vertel aan die wêreld dat Jesus lewe!
Tamryn is die stigter van In His Name Ministries,
‘n Evangelistiese organisasie, toegewy tot die verkondiging
van die Evangelie van Jesus Christus, dwarsdeur Afrika en die hele wêreld.
Op Facebook vind jy Tamryn Klintworth, of besoek die bediening se webtuiste by:

www.inhisname.org.za

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication