Vertrou jou lewe aan die Here toe. Vertrou Hom en Hy sal vir jou sorg.

Ps 37: 5.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View July 2012 Issue >>
 

Groot mannebyeenkomste met bekende sprekers het ’n bekende fenomeen in Suid-Afrika geword. Mans word tydens die byeenkomste opgeroep om hul posisies as priester, profeet en koning van die huishouding op te neem. ‘Manne van die Woord’ is ’n landswye interkerklike gebeds- en ondersteuningsgroep van manne wat in ’n passievolle verhouding met die Here Jesus Christus staan.

Dawie, hoe het Manne van die Woord begin?
Oorspronklik het ons in 2006 as ’n klein groepie manne, (ongeveer vyf) begin – in ’n raadsaal van ’n besigheid in Brooklyn’, Pretoria, bymekaargekom, mekaar bedien en vir mekaar gebid.  Spoedig daarna het ons na ’n huis in Constantiapark verskuif waar ons weekliks onder ’n boom bymekaar gekom het.  Vinnig het hierdie groep gegroei en is ons gedwing na ’n plek met groter ruimte.  ’n Restaurant was ook later te klein … Ons het besef dat ons manne ’n groot behoefte aan ’n verhouding met Jesus het!
Vandag is ons hooftak by die geboue van die Choose Life Gemeente in Rubensteinweg, Moreletapark. Ons vergader elke Dinsdagoggend tussen 6- en 7-uur waartydens ons ’n spreker nooi om daar met ons  manne te kom gesels. Hierdie bedienings of getuienisse word per DVD na takke regoor die land versprei.
 
Wie is Manne van die Woord, en hoe maak julle ’n verskil in God se Koninkryk?
Nadat Angus Buchan die boom in SA met die groot byeenkomste wat hy op sy plaas aangebied het, geskud het, het ek as ’n motiveringspreker besef dat duisende manne wat Oom Angus besoek het, nie in gemeentes betrokke was of nie werklik in gemeentes gegroei het nie.   Baie was selfs kwaad vir die ‘kerk’, oor wat voorheen met hulle gebeur het.  Ons het ook besef dat daar baie desperate manne in die land was, en nog steeds is, wat maar net ’n plek soek waar hulle gemaklik by die voete van Jesus kan sit. 
Ons help en leer hulle van ander manne wat ook seer gehad het en dit te bowe gekom het. Ons eerste prioriteit is egter om Jesus as die Verlosser aan die wêreld voor te stel, dat Hy ’n verhouding met ons wil hê. Daarna moet jy jou Skeppingsdoel verstaan met Christus wat in jou is. Jou heel eerste bediening moet by jou huis begin. Jy moet as koning, priester en profeet van God optree en leef, eers daarna gaan jy na die wêreld as ’n dienaar van Christus! Indien jy as Man van die Woord tuis is, eers dan kan jy dit in die samelewing gaan toepas.

Vervang julle dan die hedendaagse kerk met dit wat julle doen?
Nee, glad nie!  Inteendeel, baie leraars kom ook na die byeenkomste toe waar hulle nou en dan geestelike voedsel ontvang. Bekende leraars van regoor die land bedien ons ook soms.
Soms kom van die verskillende predikante vir die eerste keer so met hul kollegas saam en begin kragdadig vir hul gemeentes en dorp bid. Niemand sal egter die rol van die plaaslike herder kan vervang nie! Dit is juis in die gemeente dat die kind van God moet groei en geanker word.
Ons is net ’n beweging met ’n passie vir die verlorenes en die wat gebroke van hart is. Ons wil hulle help om hulle posisie in Christus te verstaan en hul passie in die lewe te verstaan sodat die bediening wat God vir hulle beplan het, kan voete kry.

Waar pas die dames en die ander kultuurgroepe by julle manne in?
Ons het nooit besef dat ons so gou, so groot, sou word nie. Daar is tans meer as 100 takke in die land – die vrug van die bekeerlinge het die dames spontaan na vore laat kom! ‘Vroue van die Woord’ is gebore. Leonora, my vrou en Lizet Bodenstein, ons administratiewe beampte, help dat die dames hulle eie identiteit in Jesus ontvang en geestelik groei. Ek het in ’n sendinghuis waar my ouers hulle lewens aan siele toegewy het, grootgeword. Ek het beslis hierdie passie van hulle geëerf!

Visie uitgebou
Men of the Word Intenational het ont-staan en Myan Subryan, ’n Indiërman wat in SA gebore is en wat 11 jaar in Nieu Seeland gewoon het, is aangewys om hierdie visie vir ons onder ander bevolkingsgroepe in ons land en oor die wêreld te kom uitbou.
Hennie Otto, bekende gholfspeler in SA, is ook deel van die internasionale groep en bied selgroepe vir gholfspelers en hulle joggies op sy Europese Gholftoere aan. Hy speel wêreldwyd met die logo van ‘Manne van die Woord’ trots op sy bors.

Hoe kan iemand by julle betrokke raak?
Maklik, kyk asseblief gerus na ons web-werf www.mannevandiewoord.com en loer na ons ‘Starterpack’ – ons wys jou wat jy moet doen. Jy kan ook vir Lizet skakel by admin@mannevandiewoord.com

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication