Dit veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgele word nie.

2 Pet. 1:20.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View July 2012 Issue >>
 

Liewe Lesersvriend

“Wie is jy, groot berg? Voor Serubbabel sal jy tot ‘n gelykte word!”
Sagaria 4 v 7

Wat ‘n fantastiese teksvers! Serubbabel moes waarlik ‘n vreesaanjaende karakter gewees het. Maar inteendeel! Serubbabel was in daardie tyd die goewerneur van Juda, en het ‘n opdrag van God gehad om die heropbouing van die tempel te inisieer. Hy word nie beskryf as ‘n vreeslose oorlogvoerder of soldaat nie, maar God het hom aangespoor om “sterk te wees” in Haggai 2 v 4. Daar is ‘n tweeledige doel waarom Serubbabel beskryf word as ‘n bewegende berg – eerstens was hy deur God AANGESTEL om Sy werk te doen (Haggai 2 v 23: “…want Ek het jou verkies, spreek die Here van die leërskare.”), en tweedens, het hy die Heilige Gees van God gehad – of dan die SALWING – wat hom aangespoor het (Sagaria 4 v 6: “Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die Here van die leërskare.”

Die vraag is nou, hoe is dit op ons, as hedendaagse Christene, van toepassing? Wel, Jesus Homself het in Mattheus 17 v 20 gepraat van die verskuiwing van berge – “…want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! En hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” Dit is baie interessant dat, terwyl die berg vir Serubbabel gelyke grond geword het, Jesus dit vir gelowiges hier ‘n stappie hoër neem. Die berg mag krimp van vrees voor Serubbabel, maar voor ons uit sal dit in werklikheid opgelig, of dan verskuif, word! Daarom het ons dus ‘n voorsprong bo Serubbabel. Voordat Jesus aan die kruis gesterf het en daarna weer opgestaan het, kon die Heilige Gees nog nie individueel binne-in mense woon nie. Hy is, in elk geval, ‘n Heilige Gees wat op soek is na ‘n heilige tempel om te bewoon. Die bloed van Jesus maak dit alles moontlik. Gevolglik dan, terwyl die Heilige Gees Serubbabel kon ondersteun in sy taak, het Hy hom nog nie ten volle vervul met krag nie. Wat ‘n voorsprong het ons dan, as bloedgewaste gelowiges dat osn met die Heilige Gees vervul kan wees! So, liewe vriend, moenie toelaat dat ‘n massiewe bergagtige uitdaging u intimideer nie. As Serubbabel dit kon maak, dan kan u dit ook soveel te meer vermag! Serubbabel was ‘n gelykmaker van ‘n berg, maar u is in staat om ‘n berg te verplaas – te verskuif! U geloof, gekoppel aan die Heilige Gees binne-in u, het enorme krag in stoor.

In die getuienis hieronder, deel die 32-jarige Vatiswa van Mthatha, met ons haar getuienis oor wat ‘n klein bietjie geloof kan vermag. Geniet dit!

Ons in Hom
Tamryn Klintworth
Evangelis

DEURBRAAK
Sy het na die In His Name veldtog gekom met een enkele en opregte voorneme – om in haar verhouding met Jesus te kan groei! ‘n Paar maande van te vore het Vatswa Phuphane Hom as haar Verlosser en Saligmaker aangeneem, en daarna begeer om geestelik te kon groei, sowel as om die Heilige Gees te kan ondervind. Op ouderdom 32, was sy vol vertroue dat hierdie veldtog die plek was waar die begeerte van haar hart vervul sou kon word.

Vir meer as ‘n dekade het Vatiswa geworstel met die frustrasie van ‘n borskwaal wat haar  algemene gesondheid so kom kniehalter het. Sy het met ‘n huurmotor na die veldtog gereis om na die Evangelie boodskap te kom luister. “Ek was so aangeraak,” het sy getuig. “In die Naam van Jesus is alle dinge moontlik!” Haar hart het oorgeborrel van geloof en sy was aangespoor deur haar waaragtige ondervinding met die Heilige Gees! “Ek voel nou so lig en ek voel so sterk!” het sy getuig. “Sedert ek na die veldtog toe begin kom het, het ek baie deurbrake gekry, insluitend twee werksaanbiedinge.” Sy was dus nie alleenlik wonderbaarlik geseën nie, maar sy het ook iets terug gewin wat nog meer belangrik was as enige iets anders. “My blydskap en geloof is vernuwe!” het Vatswa met oorvloedige blydskap gejubel. Sy was so versterk deur haar hernude geloof in Jesus, dat hierdie kosbare vrou gereed was om enige uitdaging wat oor haar pad sou kom, die hoof te kon bied. Sy het kom ontvang waarvoor sy na die veldtog toe gekom het – asook veel meer as dit. Hallelujah, wat ‘n wonderlike God aanbid ons!

Tamryn is die stigter van In His Name Ministries, ‘n Evangelistiese organisasie, toegewy tot die verkondiging van die Evangelie van Jesus Christus, dwarsdeur Afrika en die hele wêreld. Op Facebook vind jy Tamryn Klintworth, of besoek die bediening se webtuiste by:

www.inhisname.org.za



Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication