Dit veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgele word nie.

2 Pet. 1:20.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View August 2012 Issue >>
 

Whitney Houston was ’n Christen, en tog ook ’n verslaafde. Maar so baie gelowiges was teleurgesteld om van haar verklaarde geloof in Jesus Christus te hoor in die lig van haar lewenslange wroeging met dwelms en misbruik.
Die oomblik toe dit vroeër vanjaar bekend geword het dat Whitney Hous-ton aan ’n dwelmoordosis gesterf het, was die meeste mense nie verras nie. Dit is mos so dat feitlik die hele Hollywood (jammerlik!) aan dwelms van die een of ander aard verslaaf is. Wat egter baie mense ten diepste geskok het, was die feit dat Whitney onlangs haar geloof in Jesus Christus verklaar het en ook die feit dat sy ’n Evangeliese begrafnisdiens gehad het. Sommige het waarskynlik die feit dat sy waarlik gered was, betwyfel, aangesien sy vir die grootste deel van haar volwasse lewe in ’n stryd teen alkohol- en kokaïenverslawing gewikkel was. Moontlik het jy ook haar Christelike getuienis verwerp en gedink dat dit bloot weer oppervlakkige Hollywood was wat in snelrat werk.


Verslaafde Christene
Vir my was Whitney se tragiese einde ’n ysingwekkende konsert – ’n solo-uitvoering van haar lewe wat vol leemtes op die wêreldverhoog afgespeel het. Gepaardgaande hiermee was daar ’n hele orkes bestaande uit familie, vriende en kritici wat toegekyk het hoe sy onder hulle oë vergaan.
Die waarneembare digotomie van ’n Christen-dwelmverslaafde het my weer na die werklikheid teruggeskok – iets wat dikwels in ons kerke vergeet word: Christene het ’n stryd met die lewe – en ook met versla-wing. Dikwels loop mense wat God liefhet, nie in Sy beloftes vir die perfekte plan vir hulle lewens nie – en hulle het beslis ons hulp nodig, prakties en geestelik.

Die stil sonde in die kerk
Dit is so hartseer om te sien hoe dikwels gelowiges hulle sondes en mislukkings vir ander wegsteek – dikwels met die ergste langtermyn-gevolge (soos byvoorbeeld verdeeldheid in die kerk, egskeidings, ens.) Hoekom gebeur dit in die Liggaam van Christus? Omdat ons tog so bang is vir veroordeling van ons broers en susters in Christus.
Dit wat dikwels as iets baie kleins of niksbeduidends begin, soos byvoorbeeld slaappille of die behoefte aan die daaglikse glasie wyn, kan tot ’n volskaalse verslawing lei wat verhoed kon word indien daar net ’n uitroep om hulp was. En tog, hoe dikwels is ons nie skuldig daaraan dat ons ’n mede-gelowige veroordeel het en nie ’n vinger verroer het in hulle stryd teen die probleem nie – veral waar dit betrekking het op pornografie of seksuele sonde. Dit lei dikwels daartoe dat hulle net uit die gemeenskap van gelowiges verdwyn.

Verslawing is oral
Ons kultuur dryf mense na verslawing en die Kerk behoort wakker te skrik en die mense oor die vangplekke van hierdie ‘stil sonde’ te waarsku. Verslawing is ten diepste die behoefte aan ’n middel ten einde beter oor jouself te voel in plaas daarvan om jou na Jesus te wend om die leemte binne-in jou te vul.
Mense rondom ons ly aan verslawing, nie net aan sterk dwelms nie, maar ook die sogenaamde gesofistikeerde ‘troosmiddels’ soos plesier, ydelheid, goedkeuring van mense, geld, tegnologie, ensovoorts. Mense maak vandag grappe oor die feit dat hulle nie sonder hulle selfone kan bestaan nie en voel asof die lewe tot ’n einde gekom het indien daar geen internetsein beskikbaar is nie.
Kyk maar net so bietjie om jou en jy sal sien hoeveel mense tydens etenstye met hulle selfone doenig is en weinig geïnteresseerd is daarin om met iemand anders te gesels. Ons is baie beslis besig om agteruit te gaan.

Die samelewing is besig om in duie te stort
Die kern van ons samelewing is besig om in duie te stort. Die druk om te presteer en sodoende die lofsange van mense te bekom, het baie vinnig die strewe na die vrede van God in Sy teenwoordigheid verdring. Dit voel asof die tempo van die lewe al hoe vinniger word en die steunstelsels wat voorheen bestaan het, is besig om in duie te stort. Die mens is so toegespin teen en vervreemd van sy medemens (selfs in Christen-kringe) dat die meeste mense veel eerder ontvlugting van hulle probleme deur die TV en dwelms en drank soek as om die gaping te probeer oorbrug en met ’n vriend/familielid/baas of pastoor te praat.

God se huis behoort ’n veilige hawe te wees
Is ons as Christene nie ook maar gedeeltelike te blameer nie? Ek het al van verskeie pastore gehoor wat van hulle preekstoele dinge sê soos: “ Indien jy nie ons seminare/gebedsbyeenkomste/kampe bywoon nie, moet asseblief nie by ons kom huil indien jou lewe dan uitmekaar val nie.”
Dit is ’n skokkende stelling – en het absoluut geen plek in God se Koninkryk nie. God se huis behoort ’n hawe vir gewondes te wees en Christene behoort altyd bereid te wees om ook die tweede myl saam te loop. Ons kan nie net vingers na die leiers wys nie – elke Christen het ’n verpligting in hierdie verband. Moet onder geen omstandighede toelaat dat jou broer/suster/ niggie/vriend ook ’n Whitney-geval word nie.

Herken verslawing
Die volgende is duidelike tekens van, en oplossings vir verslawing, maar raadpleeg asseblief ’n Christelike beradingsentrum indien jy duidelikheid of raad nodig het aangesien ’n gebrek aan ruimte verhoed dat ons die volledige besonderhede hier kan weergee:
• Aggressie, depressie, gedrags-, kleredrag- of slaappatroonverandering
• Geheimsinnigheid t.o.v. besonderhede van vriende of aktiwiteite
• Sommige verslawings is baie subtiel. Indien jy oplet dat ’n vriend ’n ongesonde afhanklikheid van sekere middels of gewoontes het, byvoorbeeld verslankingsprodukte, nikotien, inko-pies, dobbelary, tegnologie, ens., is dit noodsaaklik dat jy die onderwerp met hom aanroer.
• Stel ’n vastyd voor vir dié spesifieke verslawing (soos bv. TV) en bid saam ten einde die versoeking en die invloed op die verslaafde, te verbreek
• Afhangende van hoe ernstig die ver-slawing is, stel voor dat die persoon ’n betroubare berader, pastoor of versla-wingskundige gaan spreek
• Oorweeg ’n uitreik- of steungroep vir lidmate van jou kerk wat met verslawing sukkel. Ons kan nie verwag dat mense hulle verslawing alleen moet hanteer nie. Die kerk moet betrokke raak. Werk saam met ander bedienings wat dieselfde doen. Skakel ook met ’n Christelike rehabilitasiesentrum

“As die Seun julle dus bevry, sal julle regtig vry wees.” Joh 8:36
–deur Jackie Georgiou

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication