Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in Sy Naam die lewe kan he.

Joh. 20:31.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View August 2012 Issue >>
 

Paulus beveel ons in die Woord om mekaar te bemoedig omdat bemoediging die brandstof is wat ons gees nodig het om aan te hou om die goeie werke te doen waarvoor God ons voorberei het. Bemoediging is selfs nog nodiger in die hedendaagse samelewing waar pessimisme en slegte nuus hoogty vier. As Christene word ons nie net beveel om mekaar te bemoedig nie, maar ons word ook deur die Heilige Gees bemagtig om dit te doen. Almal het bemoediging nodig en God se liefde gee ons die motivering waarom ons ander moet bemoedig. Die impak van bemoediging kan diepgaande wees. Net ’n paar eenvoudige woorde kan mislukking in sukses verander. ’n Bemoedigende woord van ’n onderwyser aan ’n leerder kan sy hele lewe verander. ’n Bemoedigende woord van ’n huweliksmaat kan die huwelik red. Ons moet nooit ooit die krag van bemoediging onderskat nie; om die waarheid te sê, as God se verteenwoordigers op aarde, moet ons ambassadeurs van bemoediging wees en geloof spreek, want ons behoort meer as enigiemand anders te weet wat die mag van die tong is (Jak 3).

Jou woorde maak saak
Hoe lyk ware bemoediging – die soort bemoediging wat lewens vir altyd sal verander? Om mense te bemoedig, is om hulle te help om moed te kry wat hulle nie andersins sou hê nie; moed om die dag in die oë te kyk, om te doen wat reg is, om risiko’s te neem om ’n verskil te maak. Indien jy ’n ouer is, het jy die verantwoordelikheid om die lede in jou gesin te bemoedig en aan te spoor.
Indien jy aan die hoof van ’n orga-nisasie staan, sal die effektiwiteit van jou span dramaties vermeerder afhangende van die hoeveelheid bemoediging wat jy aan die mense oor wie jy aangestel is, gee. As ’n vriend het jy die voorreg om bemoedigende woorde  met die mense wat moontlik ’n krisis moet hanteer, te deel. Iemand mag moontlik aangespoor word om te volhard wanneer dinge nie so maklik gaan nie.

Die krag van ons woorde
Wanneer ons op die rand van mislukking staan, is die regte woorde op die regte tyd net wat nodig is om ons aan die gang te hou. Wanneer ons te moeg of ontmoedig is om voort te gaan, is ’n medelydende woord of daad moontlik net die ding wat ons nuwe krag kan gee. Bemoediging stel ons in staat om soos nooit te vore nie te volhard en aan te hou.
’n Aantal jaar gelede is ’n eksperiment in ’n klein skooltjie gedoen. Die skoolhoof het die drie onderwysers ingeroep en gesê: “Omdat julle die beste onderwysers in die stelsel is en oor die meeste ervaring beskik, gaan ons vir julle 90 studente met ’n hoë IK gee. Ons gaan hierdie studente aan julle toevertrou om hulle die volgende jaar te begelei en toe te sien dat hulle soveel as moontlik leer.” Die drie onder-wysers, studente en die studente-ouers het almal gedink dat dit ’n uitstekende idee is. Teen die tyd dat die skooljaar verby was, het die studente 20-30% beter as die ander in die hele provinsie gevaar.
Aan die einde van die jaar het die skoolhoof die onderwysers bymekaargeroep en bely: Julle het nie 90 van die intellektueel-prominente studente vir die afgelope jaar gehad nie. Hulle het maar oor die gewone vermoëns beskik. Ons het sommer enige 90 studente gekies en aan julle toegewys.” Die onderwysers het natuurlik toe tot die gevolgtrekking gekom dat dit hulle uitsonderlike onderrigmetodes moes wees wat die wa deur die drif getrek het…

Bemagtig ander
“Ek moet nog ’n belydenis maak,” het die skoolhoof voorts gesê. “Julle is beslis nie die beste onderwysers nie. Julle name was bloot ook maar die eerste drie wat uit die hoed getrek is.”
Hoekom het die studente en die onderwysers dan so uitstekend gevaar? Hulle is aangemoedig om te glo dat hulle uitstekend kon vaar. Sielkundiges stem saam dat alle mense in hulle diepste wese oor dieselfde begeertes beskik. Indien jy mense wil bemoedig, help hulle om hulle mees basiese, hartgrondigste begeertes te vervul. Mense wil baie graag reg optree – ondersteun hulle! Mense wil beter maniere vind om take uit te voer – bemagtig hulle. Mense wil graag aan ’n groep behoort wat buitengewone dinge bereik – nooi hulle om dit te doen en in hulleself te glo. Mense wil graag erkenning hê vir wie hulle is en wat hulle bereik het – eer hulle daarvoor.
Bemoedigers verbind hulle daartoe om ander op ’n daaglikse basis te bemoedig. Bemoedigers weet presies hoe klein die verskil is tussen help en seermaak. Bemoedigers inisieer die positiewe in ’n negatiewe omgewing. Hulle tree onmiddellik op!

Tree nou op!
Enigeen kan ’n bemoediger wees. Al wat jy moet doen, is om vir mense om te gee en inisiatief aan die dag te lê. Indien jy weet van iemand wat midde-in ’n moeilike situasie is – ’n lang siekte of tydperk van finansiële stremming – sal jou bemoedigende en liefdevolle woorde, jou vertroue in hulle, jou vermoë om hulle las ligter te maak, hoop in hulle lewens bring. Jy beskik oor die wondervermoë om die le-wens om jou te beïnvloed.

Almal wil iemand wees
Elke mens wil graag die versekering hê dat jy  op die regte spoor is; dat jy geliefd is. Elke mens wil graag ernstig opgeneem word – en dit is van toepassing op  van die kleinste kindertjies tot die oudste volwassenes. Hoe kan jy daartoe meehelp dat ander voel dat hulle ‘iemand’ is? Sien hulle as ’n  ‘tien’. Ek glo dat mense presteer volgens dit wat van hulle verwag word.
Niemand gee om hoeveel jy weet voordat hulle nie weet hoeveel jy omgee nie. Mense wil nie weet hoe oulik jy is of hoeveel jy in die lewe bereik het nie. Die heel eerste ding wat hulle wil weet, is of jy regtig vir hulle omgee. En dit is vir sommige leiers ’n baie moeilike les om te leer omdat hulle voortdurend daarop uit is om mense te beïndruk. Hulle wil graag hê dat ander hulle moet bewonder en navolg en die meeste volgelinge is glad nie geïnteresseerd in hulle prestasies nie. Hulle is net op soek na leiers wat vir hulle omgee en hulle belange op die hart dra. Almal het iemand nodig wat vir hulle omgee. Mense is geneig om baie kieskeurig oor wie hulle graag help en bemoedig, te wees. Hulle soek mense wat baie soos hulleself is. Sommige glo selfs dat hulle slegs diegene moet help wat glo soos wat hulle glo, en doen wat hulle doen.
Ons moet onthou dat ons sonder God se bemoediging (deur Sy Woord en Gees) nooit in ons geloof sal kan volhou nie. Net so sal ons sonder die gemeenskap van ander gelowiges en die byeenkomste op Sondae, ontmoedigde navolgers van Christus word.
God verwag van ons om bemoedigers te wees. Besluit sommer vandag nog om iemand te wees wat net positief óór ander en mét ander gaan praat. Moenie iemand wees wat ander van hulle drome beroof nie, maar bestudeer eerder God se Woord en onthou die volgende Skrif:  “Woorde op die regte tyd gesê, is soos goue appels in ’n silwer houer.” Spr 25:11.
-saamgestel deur Jackie Georgiou

Die artikel is gebasseer op die inhoud van die boek ‘Aanmoediging maak die verskil’ deur John C. Maxwell, uitgegee deur Struik Christelike Media. www.struikchristianmedia.co.za

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication