God is nie n mens dat Hy sal lieg nie.

Num 23:19a.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View August 2012 Issue >>
 

Liewe Vriend,
Die vyfde hoofstuk van Jeremia eindig met ‘n deurdagte verklaring in vers 31 – “…en my volk wil dit graag so hê, Maar wat sal julle doen aan die einde daarvan?” Die voorafgaande hoofstukke spreek van die ongehoorsaamheid van die Judese volk, wat hulle rug op die Here hulle God gedraai het. Vasgevang in sonde en rebelsheid, het hulle voortgegaan met hul eie selfsugtige begeerlikhede en dade. Die einde waarvan God in die laaste vers praat, is dieselfde einde wat almal op hierdie aarde in die gestig staar: die einde wat die dood meebring.
Die ernstige boodskap wat sterk deur hierdie stelling benadruk word, is die belangrikheid daarvan om te leef met ‘n perspektief op die ewigheid. Met ander woorde, ons moet gedurigdeur ons aktiwiteite en handelinge opweeg om te bepaal of dit ewigheidswaarde sal hê, nadat ons hierdie wêreld verlaat het. Hoe tragies sal dit nie wees om eendag, as kind van God, die hemel te wil binnegaan met die besef dat ons lewens hier op aarde geen langdurige impak gehad het nie? Daar is slegs een ding wat sal stand hou aan die einde van die realm van hierdie lewe, en dit is die Koninkryk van God. Helaas, alles wat ons doen tot die uitbreiding hiervan – om te skyn vir Christus in ons woorde en dade, om finansieel by te dra tot die opbouing van Sy Koninkryk, om die hande en voete van liefde te wees in ‘n lydende wêreld, sal vir ewig voortbestaan.  Die effek van sulke optredes sal tot gevolg hê dat daar meer mense in die hemel sal kan wees as in die hel. Kan enige aardse sukses ooit vergelyk word met so ‘n triomf?

So, liewe vriend, kom ons skyn vir Jesus.  Kom ons plaas siele-wen op die voorgrond van ons harte en gedagtegang. As ‘n volgeling van Christus, is daar geen ander manier om te lewe nie.
Ons In Hom
Tamryn Klintworth
Evangelis
VRY VAN VREES

Stel u voor hoe dit moet wees om ‘n intense begeerte te hê om Jesus heelhartiglik te dien, maar nie daartoe in staat is nie as gevolg van ‘n gebrek aan moed. Vrees is inderdaad ‘n magtige wapen wat die vyand aan die dag lê om baie Christene mee lam te slaan.

Nonele Mvandaba (27) van Mthatha, het geen groter begeerte gehad as om vreesloos uit te staan as getuie vir Jesus Christus en Sy Naam te verkondig nie. Maar dit was juis vrees wat haar altyd teruggehou het. Toe sy gehoor het van die opkomende In His Name veldtog op haar tuisdorp, was sy vasberade om dit by te woon.

Nonele is ‘n standvastige gelowige sedert 2009. Sy het per huurmotor van haar woonplek gereis na die dorp en daarna ‘n lang afstand moes stap na die veldtog gronde. Sy het een doel voor oë gehad en dit was om ‘n lewensveranderende ontmoeting met haar Verlosser te kon hê. “Ek was nooit ‘n sieklike mens nie, maar was nog altyd baie vreesbevange,” het Nonele verduidelik toe sy later haar getuienis gebring het.

Sy het haar ondervinding tydens gebed vir die doping met die Heilige Gees as ‘totaal  bevrydend’ beskryf. “Ek was eintlik geskok oor presies hoe vry en vreesloos ek gevoel het nadat die Evangelis gebid het vir die doping met die Heilige Gees.“Ek het hierdie warm aanraking gevoel, wat ek nog nooit van te vore ondervind het nie!” Met dankbaarheid in haar stem, het sy vertel hoe oorstelp van vreugde sy is omdat sy uiteindelik bevry is van die kettings wat haar so lank gebonde gehou het.  “Voorheen was dit asof ek ‘n beperkte lewe gelei het, maar ek het nie geweet hoe om van hierdie vrees ontslae te raak sodat ek Jesus voluit kon dien nie. Ek glo dat ek Hom nou sonder vrees kan dien en dat God my sal dra deur dit alles wat ek nog so graag vir Hom wil doen.” 

Nonele is gretig om die Evangelie te neem tot aan die eindes van die aarde. Haar begeerte is om “te werk vir Jesus” en om aan mense te vertel van die Woord van God. “Ek is so dankbaar vir hierdie veldtog en verheug oor dit wat God vir my gedoen het. Ek is so gelukkig!”

Tamryn is die stigter van In His Name Ministries,
‘n Evangelistiese organisasie, toegewy tot die verkondiging
van die Evangelie van Jesus Christus, dwarsdeur Afrika en die hele wêreld.
Op Facebook vind jy Tamryn Klintworth, of besoek die bediening se webtuiste by:

www.inhisname.org.za

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication