Vertrou jou lewe aan die Here toe. Vertrou Hom en Hy sal vir jou sorg.

Ps 37: 5.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View October 2012 Issue >>
 

Baie van die hoofstroom-media bevraagteken, ietwat meer as ’n jaar nadat dit plaasgevind het, die feit dat so baie mense só verkeerd kon wees ten opsigte van die Arabiese Lente. Nuusverslae oor die radio en TV asook artikels in koerante en tydskrifte, het dit wêreldwyd uitbasuin dat daar ’n bloeiende demokrasie, pluralisme, vryheid en verdraagsaamheid in die Midde-Ooste – ’n nuwe demokratiese era – in aanbreek was!

Gematigde regerings word vervang met radikale Islamiete
Omdat radikale Islamiete die vorige gematigde regerings vervang, is die aanvanklike entoesiasme oor die demokrasie aan die afneem. ’n Nimmereindigende stroom hardnekkige realiteitsberigte is besig om die entoesiasties-aangekondigde illusies te skud.
Tunisië is voorheen erken as een van die verdraagsaamste van alle Moslem-lande in die Midde-Ooste. Egipte het onlangs baie grafiese beelde van die onthoofding van ’n jong Tunisiese Christen-bekeerling, terwyl Islamitiese militante gedeeltes uit die Koran opgesê en Islamitiese slagspreuke geskree het, die wêreld ingestuur. Die gewilde steun vir die moord op Arabiere wat hulle tot die Christendom bekeer, voorspel niks goeds nie. Motorbomme, sluipmoorde en groepaanvalle op Koptiese kerke in Egipte, moorde en bombardering van kerke in Irak, motorbomme in Noord-Nigerië en aanvalle op Sondag-byeenkomste is ’n onomstootlike uitdaging aan die grootmonde en die redaksionele figure wat sederdien so opgewonde oor verlede jaar se betogings, opstande en menseslagtings dwarsoor die Midde-Ooste was.

Roerende menings as nuus aangebied
Die hoof van BBC-nuus, Helen Boaden, het erken dat haar joernaliste ietwat ‘meegesleur was en sy het gewaarsku dat ons versigtig moet wees t.o.v. die toon wat aangeslaan word…”ook in Libië waar ons aanvanklik saam met die rebelle ingegrawe was, kon ons moontlik té entoesiasties geklink het – julle moet uiters versigtig wees indien julle nie ook die anderkant van die storie kan weergee nie…” Fox Nuus het ook berig dat nie een van die kenners, selfs al is hulle gereeld verkeerd, ooit verantwoordelik gehou word vir die vernietigende bewegings wat hulle bevorder nie.

Onverantwoordelik en ontoerekenbaar
In Februarie 2011 het ek ’n artikel vir JOY! tydskrif, ‘What is happening in the Middle East?’ geskryf waarin ek gewaarsku het: “…radikale groepe soos die Moslem-broederskap poog om die onstabiliteit uit te buit en die rewolusie te skaak ten einde Tunisië van ’n hoofsaaklik sekulêre staat in ’n radikale Islam-regime te verander.”
Ons het voorts gewaarsku: “’n Islamitiese oorname in Egipte sou ’n massa-krisis veroorsaak omdat die land soveel invloed in die vredesproses met Israel het. Egipte is Amerika se sleutelbondgenoot en was die eerste Arabiese staat wat vrede met Israel gesluit het.”
“Die belangrike Suez-kanaal is deur Egipte beheer…die gewilde oproer in Egipte word deur Iran as ’n Islamitiese Ontwaking, wat tot die vestiging van ’n Islamitiese Midde-Ooste – gelei deur Iran en toegewy aan die uitwissing van die staat Israel – beskryf.”

Toenemende vervolging
Saam met die getygolf Islamitiese fanatisisme wat op die strate in die Midde-Ooste te sien is, het daar ’n skerp toename in die gewelddadige vervolging van Christen-gemeenskappe plaasgevind. Honderde Christene is gewond en in gewelddadige aanvalle op Christen-kerke en buurte, veral in Irak en Egipte, doodgemaak. Tienduisende Christene is in dié stadium besig om op te pak en uit die streek te vlug.

Die mite van die gematigde Moslem-meerderheid
Terwyl die krisis in die Midde-Ooste toeneem, sit Westerse regerings al hoe meer met ’n strikvraag waarvoor hulleself verantwoordelik is. Baie jare lank het Westerse regerings die mantra, dat Moslems gematig en anti terrorisme is, herhaal. Dit blyk nou ’n selfmisleidende fantasie te wees. Opnames in Egipte het getoon dat 59% Egiptenare die radikale Hamas-groep steun; 50% steun die meer gewelddadige en radikale Hezbollah en 20% het hulle steun aan al-Qaeda toegesê. Die voorgestelde oplossing van die Westerse liberales vir elke moontlike probleem wêreldwyd, naamlik stembusdemokrasie, gaan beslis nie in die Midde-Ooste werk nie. Nadat die Amerikaners daarin geslaag het om Saddam Hussein se diktatorskap in Irak te beëindig en die weg vir die eer-ste demokratiese verkiesing in die land gebaan het, was die gevolg dat radikaler Islamiete die mag oorgeneem het en die vervolging van Christene baie erger as ooit in die geskiedenis van Irak is.

Islam bied ’n ander, radikale vryheidskonsep
Die Islamitiese godsdiens is direk in kontras met dié van die Westerse vryheidskonsep. Die Islamitiese konsep het absoluut niks met die Westerse vryheidsbegrip in gemeen nie. Wat Islam as vryheid sien, word in die Weste as slawerny beskou. Dit is ook presies wat Islamiete as vryheid beskou: ‘perfekte slawerny tot eer van Allah’. Die Moslem-definisie van vryheid is dus onderwerping aan Sharia-wette.

Dodelike demokrasie
Die artikel verlede jaar in die Februarie-uitgawe van JOY! het daarop gewys dat daar in ’n Pew-meningspeiling bevind is dat Egiptenare ten gunste van die doodstraf vir diegene wat verkies om Islam te verlaat, is. Die persentasie ten gunste van die streng toepassing van die Sharia-wet was 74% en 67% was ’n kalifaat (’n militêre diktatorskap wat alle Moslems onder die Sharia-wet verenig) goedgesind. Islam erken geen ander godsdiens nie. Wat ons hier in die Weste as godsdiens-vryheid verstaan, hou vir die Moslems slegs vryheid vir Islam in. Die Moslem-broederskap, wat die rewolusie in Egipte geskaak het, was vir die sluipmoord van president Anwar Sadat in 1981, die ontstaan van Hamas, Hezbollah en al-Qaeda-terroristebewegings verantwoordelik. Vir sommige Westerse leiers om te verklaar dat die Moslem-broederskap ’n ‘gematigde mag’ in Egipte is (ten spyte van hulle radikale stellings en bloedige rekord), is ongelooflik!

Die Kalifaat-dreigement
Diegene wat Islam en die Midde-Ooste verstaan, waarsku dat die demokrasie ’n verandering gaan bring, maar in die vorm van die slegste nagmerrie denkbaar: ’n groeiende Islamitiese golf wat van Pakistan in die Ooste na Marokko in die Weste, ’n pan-Arabiese Kalifaat sal vorm waar die woord ‘Islamities’ nie net na ‘terroris’ verwys nie, maar ’n amptelike regeringsbeleid, selfs in hoofstede soos Kaïro, beskryf. “Verwoesting wag vir hulle wat sê dat sleg goed is en goed sleg, dat donker lig is en lig donker, dat bitter soet is en soet bitter. Verwoesting wag op elkeen wat dink dat hy slim is en homself wys ag…en straf die onskuldiges…” Jes 5:20-24.

Wat kan ons as Westerse Christene doen?
Die Woord raai ons aan om vir ons leiers, heersers en volk te bid. Ons behoort hierdie lande in gebed voor die Troon te hou en Christen-organisasies wat gelowiges help wat in hierdie lande vervolg word, te ondersteun. Ons behoort ook ons regering en media verantwoordelik te hou vir hulle rol in die politieke arena.

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication