Maar die man wat julle in die verwarring bring, wie hy ookal mag wees, God sal hom straf

Galasiers 5:10

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View October 2012 Issue >>
 

Het jy al ooit gewonder hoe dit sou wees indien jou lewe bedreig is net omdat jy in Jesus glo? Die skokkende realiteit is dat meer as 100 miljoen Christene wêreldwyd gebuk gaan onder ondervra-ging, arrestasie en selfs die dood – vir hulle geloof. En nóg miljoene staar diskriminasie en verwerping in die gesig…
Onder hierdie massa Christene tel geheime gelowiges. Geheime gelowiges gaan in die geheim kerk toe, word in die geheim gedoop en moet dikwels ook in die geheim trou. Butros en sy vrou, Nadira, het besluit om as geheime gelowiges na hulle tuisland in die Golf terug te keer om die Kerk, in hierdie Islam-gedomineerde streek van die wêreld, te help versterk.

Die antwoord op ’n roeping
Nadat Butros sy universiteitsgraad in Engeland behaal het, het hy oorgenoeg rede én geleenthede gehad om daar aan te bly. Die Kerk in sy tuisland gaan egter onder enorme druk gebuk. Baie Christene vlug uit die land omdat hulle vervolg word. Maar Butros het geweet dat God hom roep om soontoe terug te keer. Hy het saam met sy vrou, Nadira, teruggekeer huis toe, waar hulle hulself nou beywer om die Kerk te help versterk en die Evangelie te versprei. En al word hulle lewens bedreig deur die werklikheid van vervolging, rus hulle in die wete dat hulle die Ewige Lewe besit.

Sout en lig in die donker
“Ek het die eerste paar maande deur die land gereis, pastors besoek en na hul probleme en uitdagings geluister. Gedurende hierdie tyd het ons begin om opleidingseminare vir pastors te organiseer. Nou het ons sentrums vir geletterdheid- en beroepsopleiding en ons organiseer konferensies en gebedsontmoetings. Ons het ook skuilhuise vir bekeerlinge. En daar is só baie ander dinge aan die gebeur wat ek ongelukkig [weens sekuriteitsredes] nie kan deel nie.”

’n Hoë prys om te betaal
In die land waar Butros woon en werk, is bomaanvalle en Moslem-ekstremisme ’n daaglikse werklikheid. Almal is in gevaar. Maar as jy ’n geheime gelowige vanuit ’n Moslem-agtergrond is, loop jy nie net die gevaar om deur owerhede en Moslem-ekstremiste vervolg te word nie – baie keer staar jy ook mishandeling en verwerping deur jou eie familielede in die gesig. Saam met ander, ondersteun Butros nuwe gelowiges vanuit ’n Moslem-agtergrond. “Ek het al soveel Moslems tot geloof in Jesus Christus gesien kom. Die Kerk is ’n lewende Kerk. Dit is baie soos ’n Nuwe Testamentiese Kerk – sy lede betaal voortdurend ’n hoë prys. Die wêreld steur hom nie daaraan wanneer hulle vermoor word nie. Hulle sê gereeld vir my: ‘Butros, ons is klaar met die bediening, ons kan nie aangaan nie.’ Maar ’n maand later kom hulle weer terug met ’n groot begeerte om weereens hulle bediening te begin.”

’n Loon van trane, maar ʼn stryd van geloof
Dit is hierdie passie wat Butros motiveer om voort te gaan met opleiding en hierdie groepe te ondersteun. Butros se werk is nie net beperk tot die groepe Christene vanuit ’n Moslem-agtergrond nie. Hy is ook intens by die amptelike kerke betrokke. Maar dit gebeur nie sonder ’n geveg nie: Butros en sy vrou Nadira het al groot verliese gelei, en om dreigemente te ontvang, is nie vir hulle vreemd nie. “Om Christus te volg het my al baie trane besorg. Ons mis ons vriende; wanneer die telefoon lui, is ons dikwels te bang om dit te antwoord.
Ons is moeg en bekommerd. Maar ons het geleer om alles voor die Here te bring en om Sy Woord te bestudeer. Hy het ons nog elke keer gehelp wanneer ons in die verknorsing was. Selfs al loop ons deur die vallei van doodskaduwee, vrees ons nie die dood nie – God is tog met ons!”

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication