Verbly julle in die Here en juig, regverdiges, jubel alle opregtes!

Ps.32:1.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View May 2008 Issue >>
 

Retha McPherson: 'n Vrou met Moed

 

Retha McPherson, mev SUID-AFRIKA 2004, getroud met Tinus, moeder van twee seuns, suksesvolle voorkomskonsultant is deesdae ook een van die mees geliefde en geesvervulde Christen-motiveringspreeksters in Suid-Afrika.  ‘n Vrou wat baie vroue sal beny – totdat sy agter die hartseerverhaal van hierdie saggeaarde vrou kom. Sy en haar gesin is een van die toonbeelde van oorwinning, ongeag hulle situasie – die oorwinning waarvan Joh 10:10 praat.

 

Ek het Retha se roerende getuienis van ‘Daar is altyd Hoop’ gehoor en het daarna ‘n paar keer telefonies met haar gesels. My eerste indrukke was: nou het ek met ‘n ‘geesmens’ te doen! Iemand wat weet van die stroping van self, iemand wat God van aangesig tot aangesig beleef, ‘n persoon wat in die ‘Allerheiligste van sy troonkamer’ was – wat hierdie heerlikheid vir niks onder die son sal verruil nie! Haar krag en wie sy is, kom van daar – op haar knieë, gebroke voor ‘n Lewende God; iemand wat weet as sy daar opstaan, sal sy die wêreld kan aandurf met oorwinning in alleomstandighede.

 

‘n Drang het in my opgekom dat elke JOY-leser moet hoor van hierdie vrou wat weet hoe om die vrug van die Heilige Gees te produseer; al is daar daagliks nog roepe tot antwoorde en verandering in haar eie omstandighede en emosies.

 

Wanneer Retha haar praatjies hou, vorm haar oudste seun Aldo, ‘n intergrale deel van haar gesprekvoering. Aldo was so twee jaar gelede in ‘n bedenklike toestand na ‘n motorongeluk waarin die hele gesin betrokke was. Daar was vir hom geen hoop tot herstel nie,.Eintlik was daar nie hoop dat hy sou lewe nie! Dit is oor hierdie ondervindinge wat Retha praat in haar getuienisse. ‘n Samuel deur God geroep – vir ‘n groot werk wat voorlê.

 

Retha, ek dink een van die eerste vrae wat elkeen van die lesers graag sal wil vra, is: Hoe gaan dit deesdae met Aldo?

Ons is deur 'n groot terugslag so ʼn maand gelede. Ons moes weer voor begin met balans en spraak, maar God is getrou! Hy is weer op die been en praat weer net so baie soos altyd...natuurlik stadig, baie stadig en monotoon, maar hy praat! Wanneer jy jou kind langs Aldo sit, sal jy waarskynlik dink: Hoe kan sy sê dit gaan so goed? Maar ek vergelyk nie meer nie.

 

Hy sweef werklik ver bo sy omstandighede en ek sien hoe lyk 'n mens wat nie geroer word deur sy omstandighede nie.

 

Ek het gehoor dat julle twee nou ‘n boek uitgegee het. Kan jy ons meer hieromtrent vertel?

Aldo kon vir maande nie praat nie, hy kon net skryf. Op 'n dag het hy gesê: “Mamma, ek skryf nou dat mense eendag self kan lees wat God vir hulle wil sê.” Hy he took gesê ons sal 'n boek skryf en hierdie boek sal in alle tale oor die wêreld versprei word. Dit was presies wat God vir my gesê het. Mense het ons wêreldwyd begin kontak om die boek in 7 tale te vertaal.

 

Jy en ‘n groep prominente Suid-Afrikaanse vroue het ‘n brief aan ons staatspresident, mnr Mbeki, gerig rakende die misdaad, en veral ook kwessies wat ons kinders raak. Was daar enige reaksie van die Staatspresident, of sy kantoor, rakende die aangeleentheid?

 

Daar was geen reaksie op die brief nie, wat jammer is.

 

 

‘n Groot gedeelte van die jaar het jy in die V.S.A. deurgebring. Wil jy ons inlig wat die doel van jou besoek was?

 My besoek aan die VSA was hoofsaaklik op uitnodigings van verskillende T.V.-stasies. Ons is ook besig om ons boek in Amerika te publiseer. Ek is net gehoorsaam aan God en Hy maak bo-natuurlik die deure vir ons oop. Die uitnodigings het gekom sonder dat ons iets gedoen het. Die uitnodigings kom nou van regoor die wêreld en ek sien God in aksie. Die mense is honger en soekend na God se Gees, en die vuur van God! Ek ervaar dat die wêreld roep en soek, baie meer as in ons land. Ek is 'n geestelike spreker; ek praat nie net oor ons getuienis nie, maar oor baie ander onderwerpe soos intimiteit met God,waarvan min mense ʼn idée het.

 

Onlangs het ek in ‘n artikel gelees dat slegs 80% van alle huwelike staande bly wanneer so ‘n traumatiese insident ‘n gesin tref. Hoe het jy en jou man, Tinus, die ongeluk en dit wat gevolg het, deurgewerk sodat julle nou ‘n sterker span is?

 Net soos enige ander huwelik, het ons ook swaar gekry en dit alles vertel ek in die boek. Ek het altyd gekies om nie op die verhoog daaroor te praat nie. Maar ek het wel geweet mense moet hoor dat ek doodnormaal is. Ek het self hierdie moeilike pad gestap.Net omdat ek gehoorsaam was aan God se stem, en gedoen het wat Hy vir my gesê het, is ons hierdeur. Vandag is ons 'n wenspan.! Ons huwelik is vandag sterker as wat dit ooit was, ook omdat my verhouding met God nou ʼn intieme liefdesverhouding is, het Hy my geleer hoe om so intieme liefdesverhouding met my man te hê!

 

Vandag vlieg ons hoër as ons omstandighede en ons is daardie arend met die engel aan sy sy.

Ons vlieg op God se genade, en ons val steeds, maar dan tel Hy ons op en sê....JY KAN! Daarom kan ek nie wag om eendag weer ʼn brief te skryf en vir JOY!-lesers te vertel...Aldo vertrek saam my na Amerika en hy gaan nou self vir die wêreld vertel dat Jesus leef! Ditgaan gebeur, ek glo dit! Want Jesus leef! Daar is oorwinning vir jou en my! Ek kies om nie nou na my omstandighede deur my eie oë te kyk nie, maar deur God se oë!

 

Ek weet dat elkeen van julle wat Retha-hulle se verhaal ken, vandag weet dat Jeses leef.I Hy laat alles ten geode meewerk vir die wat Hom liefhet…Hy sorg dat die gebroke mosaïek herstel word tot ‘n prag-kunswerk sodat die wêreld kan weet: Jesus leef!

 

Vir meer inligting, sien www.rethamcpherson.co.za

 

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication