Dit veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgele word nie.

2 Pet. 1:20.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View October 2012 Issue >>
 

Liewe Vriend
“…Ek onthou die geneentheid van jou jeug, die liefde van jou bruidstyd, toe jy agter My aan geloop het in die woestyn, in ’n onbesaaide land…” Jeremia 2 v 2.
Om gehoorsaam te wees aan ‘n opdrag wat ons van die Here ontvang het, is nie altyd ‘n maklike taak nie. Die pad is soms besaai met uitdagings, struikelblokke en onsekerhede; die duiwel en sy demone uit op die prooi, gretig in hul pogings om die mees-toegewyde genomineerde vir so ‘n taak te probeer ontwrig en ontspoor. Ek het onlangs geluister na ‘n boodskap waarin genoem is dat die gelowige sal weet dat die pad wat hulle bewandel die regte een is, wanneer guns en seën hulle op daardie spesifieke roete agtervolg.  Gehoorsaamheid aan ‘n Goddelike opdrag sal ‘n mens uiteindelik wel vir seker laat vorder tot op ‘n plek van oorwinning, wat ver verhewe is bokant alle voorafgaande beslommernisse.  Aanvanklik mag dit wel soms ook voorkom asof die aanloop tot so ‘n opgelegde taak ‘n langsame, eensame en uitmergelende pad blyk te wees.
Liewe Vriend, moet egter nie moed opgee nie! Wanneer ons weet dat ons diep binne-in die stem van God gehoor het, mag ons nie toelaat dat omstandighede ons ontmoedig of versteur nie. Die goud lê onder die oppervlak, en dit is ons taak om aan te hou met grawe! Ons is hemelse myners,  goddelike ontdekkers. Dit maak nie saak hoe lank dit ook al mag neem nie, die opofferinge wat gemaak moet word, die sweetdruppels op die wenkbroue of twyfel in die hart, ons mag nie ingee nie, ook nie terug tree of huiwerig wees nie. Ons sal die vrug daarvan sien, ‘n oes insamel en die beloofde land binnegaan. God sal nooit opgee op ons nie – daarom mag ons ook nie tou opgooi nie!
Flora Mthimkhulu van Mariannhill, Kwa-Zulu Natal, is ‘n unieke voorbeeld van die getrouheid van God. Hierdie is ‘n baie geseënde getuienis!
Tesame in Sy diens
Tamryn Klintworth
Evangelis
FINALE VRYHEID

Die nuus oor die opkomende In His Name-veldtog was soos ‘n ligbaken van hoop vir die 62-jarige Flora Mthimkhulu. Desperaat vir genesing, het sy haar hoop en vertroue volkome in die arms van haar Heer en Verlosser kom lê. Vir meer as ‘n dekade lank het sy intense pyn in haar bene ervaar. Flora kon nie snags slaap as gevolg van hierdie geweldige pyn nie. “Ek kon nie eers behoorlik loop nie,” het sy verduidelik, “ek het so gesukkel om by die kerk uit te kom.” Ten spyte van haar ongelooflike ongemak, het Flora haar weg per voet gebaan na die veldtog-gronde – haar enigste manier van oor die weg kom. Sy het beskryf hoe daar tydens gebed iets vanuit haar tone gekom het. Skielik – was sy gesond! Al jubelende van blydskap was sy op die verhoog. “Op hierdie oomblik is ek in staat om enige iets te kan doen! Ek dank die Here dat Hy my gehelp het. Ek voel so goed, so gelukkig!”
Tamryn is die stigter van In His Name Ministries,
‘n Evangelistiese organisasie, toegewy tot die verkondiging
van die Evangelie van Jesus Christus, dwarsdeur Afrika en die hele wêreld.
Op Facebook onder Tamryn Klintworth, of besoek die bediening se webtuiste by:

www.inhisname.org.za

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication