Maar die Woord van die Here, dit bly vir ewig. En hierdie Woord is die Evangelie wat aan julle verkondig is.

1 Pet. 1:25.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View November 2012 Issue >>
 

Om jou maagdelikheid te verloor was eens nogal ’n ernstige kwessie, maar deesdae is dit ’n  standaard-bestanddeel  in enige sitkom-intrige. Ek het al gesien hoe Christen-jongmense hulle oë rol wanneer ek die woord ‘ontug’ gebruik, want dit klink tog so baie na iets argaïes, amper iets soos ‘sodomie’ – nog ’n  woord wat ons in ons PK-kultuur (polities-korrekte kultuur) vermy.

Pasop vir verdraaiings
Ons moet egter baie versigtig wees hoe ons die betekenis van sekere woorde verdraai. Woorde wat in die Bybel voorkom, behoort nie uit ons moderne woordeskat te verdwyn bloot omdat dit aanstoot gee nie. Wanneer ‘ontug’ (hoerery/seksuele sonde) in 1 Tes 4:3 gebruik word: “Dis God se Wil dat julle aan Hom toegewy moet lewe. Weerhou julle van seksuele sondes,” is die Griekse woord daarvoor ‘porneia’. Dit is die wortel van die woord ‘pornografie’, maar dit beteken veel meer as seksueel eksplisiete materiaal. Dit sluit ook seks tussen ongetroudes, homoseksualiteit, prostitusie, bloedskande en owerspel in.
Die Anglikaanse Kerk, of watter kerkgroep ook al,  het dus geen reg om die definisie van die huwelik te verbreed nie, ook nie Barack Obama, Newsweek, Oprah, MTV of DSTV nie. Moenie toelaat dat morele relativisme jou brein besoedel nie!

Moenie jou geboortereg vir ’n pot lensiesop verkoop nie
Deesdae is dit heel normaal om jou maagdelikheid selfs nog voor sestienjarige ouderdom te verloor; en laat enigiemand iets anders verkondig, dan word hy/sy baie gou as outyds beskou.
In TV-uitsendings soos ‘Desperate Housewives, Nip/Tuck of Grey’s Anatomy’ draai die lewe om wie saam met wie tyd in die bed deurbring. Daar is selfs ’n  reeks ‘Californication’ wat die lewe van ’n  seksverslaafde uitbeeld. Waarop TV-regisseurs egter geensins fokus nie en wat nie aan die kykers uitgewys word nie, is die gevolge van immoraliteit. Gehore sal waarskynlik nie lag indien die paartjies wat  in intieme tonele op die TV betrokke is, toestande soos aborsies, post-aborsie-trauma,  VIGS, kliniese depressie of selfs iets soos geslagsiekte moet hanteer nie – alles gevolge van onbehoorlike seksuele gedrag.
Indien jy enkellopend is – of jy jou maagdelikheid verloor het of nie – dit het hoog tyd geword dat jy jou reinheid terugeis en seks vir die huwelik hou. Jy kan werklik jou lewe deur een ontugtige daad verwoes.

Leef deursigtig…
Jesus het veel strenger as ’n Katolieke pous geklink toe Hy met Sy dissipels oor selfdissipline gepraat het. Hy het gesê: “En as jou regteroog jou laat struikel, pluk dit liewer uit en gooi dit weg van jou af. Dit is vir jou beter dat een van jou liggaamsdele tot niet gaan as dat jou hele liggaam in die hel eindig.” Matt 5:29
Jesus het hier beslis nie selfskending verkondig of voorgestaan nie. Hy het van sarkasme gebruik gemaak om te beklemtoon hoe ernstig sonde is.  Hy het Sy volgelinge aangemoedig om radikale stappe te doen om die slaggate van versoeking te vermy. In ons seksdeurweekte samelewing is dit nou meer as ooit nodig om ons grense te trek en af te baken.

Dissipline afwesig
Het jy ’n  probleem met pornografie? Indien jy nie jou kan dissiplineer om die aanstootlike webwerwe te vermy nie, raak van jou rekenaar ontslae! Eindig jy met seks met jou vriend/-in na elke soen? Trek jou grense en hou daarby. Indien jy nie by die reëls kan hou nie, vra vir ingryping. Die Bybel verklaar nêrens dat ons sonde alleen moet beveg nie. Ons het mekaar nodig. Jak 5:16 lees: “Daarom moet julle julle sondes teen mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het ‘n geweldige werking.” In sommige gevalle sal jy nooit oorwinning smaak totdat jy jou stryd met ’n  ander Christen gedeel het en berading en gebed soek nie.
So baie gelowiges leef vandag met geheime. Baie is as kinders deur ’n  familielid of vriend gemolesteer; tog het hulle nog nooit hierdie pyn met enigiemand gedeel nie. Baie jongmans is in die donker van die pornografiewêreld  en masturbasie vasgevang, maar is te skaam om dit te erken.
Baie Christene sukkel met seksuele aantrekkingskrag tot dieselfde geslag, maar tog is hulle bang indien hulle dit bely, sal hulle verwerp word. Jy sal nooit die oorvloedige lewe in Christus beleef totdat jy jou geestelike binnekamer skoongemaak en jou vuil wasgoed uitgewas het nie. Totale vergifnis en reiniging is beskikbaar, maar belydenis en berou is besliste voorvereistes.

Die Vrees van die Here
Indien jy enige seksuele sonde in jou lewe het, maak ’n  180 grade-ommekeer. Hy sal jou die genade gee om ’n rein en heilige lewe te leef.

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication