Jesus het daarop gereageer: Ek verseker jou, as iemand nie van bo (opnuut)gebore word nie, kan Hy die Koninkryk van God nie sien nie.

Joh 3:3.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View November 2012 Issue >>
 

Daar is deesdae seker nie ’n beter manier waarop die Kerk sy liefde in die verloregaande wêreld kan wys as om praktiese stappe in die versorging van bejaardes te doen nie.
Tertullianus het ongeveer 1 800 jaar gelede geskryf: ‘Dit is deur die versor-
ging van die hulpeloses en die beoefening van liefdevolle sorg dat ons kredietwaardigheid in die oë van ons teenstanders kry.’  Hierdie liefdevolle sorg is die besliste uitdrukking van Christus se Koninkryk wat na die wêreld gekom het. Watter beter geleentheid is daar om te demonstreer hoe die nuwe lewe in Christus ons ver-ander het nl. dat ons prioriteite van onsself weggedraai het en ons besorg is oor diegene in ons gemeenskap wat reeds in jare aangestap het.
In Paulus se brief aan Timoteus het hy dit beklemtoon dat daar ’n spesifieke verantwoordelikheid ten opsigte van die wese en weduwees is. Hy gaan selfs so ver om te sê dat elkeen wat nie dienooreenkomstig vir sy eie familie  sorg nie, skuldig daaraan is dat hy die geloof versaak en slegter daaraan toe is as ’n ongelowige (1 Tim 5:8). Hierdie soort sorg is nie net ’n gerieflike opsie nie, maar ’n ernstige opdrag van God.
In die dekades wat voorlê, gaan meer mense as ooit tevore die geledere van bejaardes betree. Die oudste ‘baby boomers’ het in 2006 sestig geword en as hierdie tendens sy hoogtepunt in 2030 bereik, sal die aantal mense ouer as 65 jaar  digby 71,5 miljoen wees.

Onbevredigde behoeftes
Die effek wat hierdie wanproporsionele verouderende bevolking op die hulpbronne en die res van die bevolking gaan hê ten einde in hulle behoeftes te voorsien, gaan enorm wees en daardie generasie  gaan definitief nie toereikend toegerus wees nie. Daar is velerlei behoeftes wat reeds in baie gemeenskappe onbevredigd is, veral gesien in die lig van die volgende:
• Ouer volwassenes het nie toegang tot die noodsaaklike voorkomende gesondheidsorgdienste, gemeenskapsgebaseerde gesondheidsorg en hulp t.o.v. voorskrifmedikasie-programme nie
• Die meeste gemeenskappe het nie fiksheidsprogramme vir ouer volwassenes nie
• Daar bestaan feitlik geen deur-tot-deur-vervoer nie
• Huisveranderingsprogramme – hulp aan ouer mense om met toenemende fisieke beperkinge te kan leef
• Formele werksopleidings- en heropleidingsprogramme om die ouer garde te help om langer deel van die werksmag te bly
• Daar is nie ’n beter tyd vir die Kerk om te begin voorberei vir hierdie harde sosiale werklikheid nie.

Die rol van Kerke
Behoort kerke aftreegeriewe, asook aftreesentrums en versorgingsoorde vir hulle lidmate te bou en te onderhou? Sommige denominasies doen dit reeds sedert die 1800’s.
Bedink die voordeel van die gerief van sodanige fasiliteite op die kerkperseel. Ouer lidmate kan nog steeds aktief betrokke bly in die Christen-gemeenskap. Bykomende aktiwiteite kan die jeug betrokke kry ten einde die oorskakeling tussen generasies te bewerkstellig en sodoende seker te maak dat wysheid en meelewing nie verlore gaan nie. Ouer lidmate kan hulle finale jare in ’n liefdevolle, Christus-gesentreerde omgewing deurbring.
Kleiner onafhanklike kerke kan in vennootskap met ander in die gemeenskap tree ten einde dieselfde doelstellings te bereik, hulle hulpbronne ten beste te benut en geriewe en dienste ten volle te onderhou.
Kerke kan onmiddellik begin om spanne te organiseer wat toegewy daaraan is om bejaardes te help om die nodige aanpassings te maak om nog onafhanklik in hul huise te kan leef. Dit is mos ’n groot seëning om so lank as moontlik in jou eie huis te kan aanbly.

’n Verskriklike eensame groep
Eensaamheid, depressie en isolasie is enorme probleme vir die ouer garde. Die kerk kan addisionele spanne organiseer om te verseker dat die huisgebonde se-niors besoek word en deel van sekere aktiwiteite kan wees. Hulle kan deur sekere gesinne ‘aangeneem’ word. Elke dag pleeg 17 desperate ouer mense bo die ou-derdom van 65 selfmoord – die hoogste selfmoordsyfer van enige demografiese groep. Baie hiervan kan voorkom word deur ’n  klein bietjie aandag van die kerkfamilie. Hierdie families behoort dan ook na die bejaardes se daaglikse behoeftes om te sien, asof dit hulle eie ouers is.
Baie seniors sukkel finansieel, iets wat nooit binne die Liggaam van Christus behoort te bestaan nie. Die oorgrote meerderheid seniors bo 65 jaar leef onder die broodlyn. Miljoene kan elke maand kwalik in hulle eie behoeftes voorsien. Ons behoort, soos die vroeë Kerk, na hierdie toestand om te sien (Hand 4:34).

Ware dissipels
Kerke kan opvoedkundige seminare aanbied en die bejaardes sodoende help in terme van gesondheidsorg, voorskrifmedikasie, finansiële bestuur en ’n hele klomp ander sake. Dink net aan die diverse talent en kundigheid binne die Kerk wat die magdom kwessies waarmee bejaardes gekonfronteer word, kan hanteer.
Die Liggaam van Christus behoort só na die bejaardes om te sien dat die wêreld sal sê: “Kyk hoe lief het hulle mekaar...” En eers dán leef die Kerk in gehoorsaamheid aan die Koning!

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication