Dit veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgele word nie.

2 Pet. 1:20.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View December 2012 Issue >>
 

Barack Hussein Obama sal later hier-die maand as die 57ste president van die Verenigde State van Amerika ingesweer word. Sy tweede termyn in die kantoor sal vir ’n verdere vier jaar duur en het wêreldwye implikasies op politieke, ekonomiese, sosiale en godsdiensvryheidsgebied. Met hierdie feit in gedagte, vra Christene in Amerika en regoor die wêreld hulleself die vraag: “Wat nou?” Hoe moet hulle reageer op die blatante waarde- en kultuurverskuiwing wat in die VSA plaasgevind het, en om vir die tweede agtereenvolgende keer aan die verloorkant te wees.

Nie tyd vir wanhoop nie
Napoleon het verklaar: “’n Goeie generaal behoort nie deur enige oorwinning opgeblase te wees of depressief deur enige nederlaag gelaat te word nie.” Hy het voortgegaan deur daarop te wys dat enige mens onmiddellik na enige oorwinning baie broos is. Die troepe vier fees, hulle drink en muit en is ongeorganiseerd, opgeblase en dus baie broos – en dit maak die teenaanval makliker.
Vir diegene wat deur nederlaag in die gesig gestaar word, is daar nie tyd vir depressie nie, maar dit is die absoluut ideale tyd vir hergroepering en herbeplanning vir die teenaanval. Die gevaar bestaan dat oorwinning liberales oorgerus sal laat.

Onvermydelike gevolge...
Die Bybel leer ons dat ons die regerings kry wat ons verdien. Dwarsdeur die Ou Testament word bose regerings as God se oordeel oor ’n  bose samelewing beskou. Indien ons die regerings kry wat ons verdien, wat is die boodskap wat deur hierdie oorwinning oor ons samelewing uitgespreek word? Wat ons saai sal ons maai. Alles het gevolge...
Die effek van generasies van sekulêre humanistiese, evolusionêre, situasionele etiese breinspoeling in die opvoedingstelsel, is duidelik sigbaar. Die degeneratiewe inhoud wat oor die algemeen deur Hollywood die wêreld ingestuur word, is groot afleiding, maar het in baie opsigte ook ’n degraderende invloed. Die nuusmedia het mense se persepsie van die werklikheid in ’n groot mate verwring.

Waar het dinge verkeerd geloop?
Waar het ons dus fouteer? Belangriker nog: wat sê die toestand van ons regering en hierdie verkiesing oor ons kerke? Heeltemal te veel kerke is bloot binnewaarts gerig, neutraal of totaal passief en onaktief (in Amerika en ook wêreldwyd).

Post-mortem van gebeure
Die Republikeinse Party behoort baie ernstige ondersoek te doen en vas te stel waar sake  tydens hierdie verkiesing verkeerd geloop het. Dit is ’n feit dat die republikeine miljoene Protestante en Evangelies-gesindes afgeskrik het. Honderde duisende, moontlik nog miljoene, kritiese Protestante kiesers het óf nie gestem nie, óf het uit protes vir ’n derde kandidaat gestem. Die republikeine behoort hulself die vraag te vra: “Waarom?”

Geloofsake is belangrik
Baie Protestante het, op grond van hulle gewete, nie vir ’n Mormoonse kandidaat gestem nie. Ander het weer daarop gewys dat geen heersende demokratiese president nog ooit deur ’n gematigde republikein uit die kussings gelig is nie. Slegs ’n baie konserwatiewe kandidaat, soos Ronald Reagan, kon dit vermag om ’n demokraat uit die kussings te lig.

Onbestendigheid binne die party
Hoewel die Republikeinse Party baie invloedrykes het wat pro-lewe- en pro-ge-sinswaardes steun, is dit nie op alle kandidate of beleide van toepassing sodra hulle in beheer kom nie. Die republikeine behoort hulleself die vraag af te vra hoe hulle miljoene Evangeliesgesinde kiesers afgeskrik het. Hulle behoort dan hulle toekomstige veldtogte te beplan en seker te maak dat hulle die vertroue van dié wat van hulle vervreem is, terugwen. Hulle sal ook moet leer om met kiesers uit verskillende kultuur- en demografiese agtergronde (Latino’s, swart kiesers en die jeug) kontak te maak omdat dit juis dié groepe is wat hulle steun aan Obama toegesê het.

Onverskilligheid die grootste probleem
Bedieninge wat pro-lewe- en pro-ge-sinswaardes voorstaan, het daarop gewys dat, ongeag of dit ’n republikein of konserwatiewe persoon is wat in die Withuis regeer, belangstelling in en steun vir konserwatiewe sake drasties afgeneem het.
Republikeine se beste tyd om steun te werf, te mobiliseer en met veldtogte te begin, was tydens die Clinton- en Obama-eras. Prakties gesproke was die beste jare vir ernstige geestelike werk en opvoeding op grondvlak, tydens die termyne wat linksgesindes, soos Jimmy Carter, Bill Clinton en Barack Obama, die Withuis gedomineer het. Dit was die Morele Meerderheidsbeweging wat die dubbele oorwinning vir Ronald Reagan in 1980 en 1984 verseker het.

Vermy Uiterstes
Daar is twee uiterstes. Aan die een kant is daar diegene wat volhou dat daar geen probleem is nie. Hulle ignoreer die werklikheid van die mens se algehele sondigheid en rebellie teen God asook die verontagsaming van Sy Wette.
Aan die ander kant is daar diegene wat sonder hoop is. Hulle ignoreer die feit dat God Almagtig, Alwetend, Alomteenwoordig en Soewerein is. Hulle erken nie die krag wat in God se Woord, gebed, gehoorsame optrede en die Heilige Gees opgesluit is nie.

Herower die kultuur
Daar is natuurlik groot probleme, maar daar is áltyd hoop. “Julle sien self in hoe ’n benarde posisie ons is. Jerusalem is verwoes en die stadsmure is verbrand! Maar kom ons begin die mure van Jerusalem herbou sodat ons nie langer verleë hoef te wees nie.” Neh 2:17.
Ons moet ook daarop wys dat dit nou die regte tyd vir geestelike werk is. Ons behoort ons mense tot dringende aksie aan te spoor en die kultuur wat opvoeding, vermaak en die nuusmedia bepaal, te hervorm. Ons kerke het Bybelse hervorming en geestelike herlewing dringend nodig.
“Jou mense sal puinhope herbou en die stede van voorheen herstel. Hulle sal jou noem: Herbouer van Gebreekte Mure, Hersteller van Strate en Huise.”  Jes 58:12.

DR. PETER HAMMOND sendeling, outeur en konferensiespreker. E-pos mission@frontline.org.za, besoek www.frontline.org.za of skakel hom by 021 689 4480.

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication