As jy dit doen, sal die lig vir jou deurbreek soos die nuwe dag. Jou genesing sal spoedig herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uitgaan, die heerlikheid van die Here sal jou van agter beskerm.

Jes 58:8.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View December 2012 Issue >>
 

Liewe Vriend,
“Uit onsself is ons nie in staat om iets te bedink asof dit uit onsself kom nie. Ons bekwaamheid kom van God.” 2 Kor 3 v 5
In hierdie vers praat Paulus van ‘n bedienaar van die nuwe verbond. Alhoewel nie alle gelowiges predikers is nie, is ons almal outomaties ‘n getuie. Is u ‘n kind van God? Dan is u ‘n getuie! Baie Christene skram weg van getuienis as gevolg van verskeie redes. Hulle vrees dat hul dalk die verkeerde ding mag sê of hulle is bang om vir siekes te bid.  ‘n Menigte evangelisasie kursusse verbeter ook nie die situasie nie. So dikwels sentreer hierdie tipe kursusse rondom ‘n formule om gelowiges te leer hoe om hul saak te stel. Geen wonder senuwee-agtigheid is dan aan die orde van die dag nie! Getuienis lewering behoort vanuit die hart te kom en nie voortspruitend vanuit blote kop kennis nie. Die Heilige Gees is ons Gids, ons Hulp, ons Mede-Getuie. Kom ons laat Hom toe om deur ons te beweeg. Wanneer ons praat of bid uit liefde en opregtheid van die hart, sal Hyself die res doen. Geen kop kennis kan ooit ‘n siel wen of ‘n gebroke hart genees nie. Ons bekwaamheid vir hierdie taak berus by Hom, en in Hom alleen. Hy voorsien die woorde, en Hy verskaf ook die krag. Ons is net die voertuig. Ons enigste verantwoordelikheid is om bereidwillig en gehoorsaam te wees, elke oomblik van elke dag!
Mede-getuie in Sy diens
Tamryn Klintworth
Evangelis
‘N GEWILLIGE GETUIE

Die 31-jarige Lucky Phoofolo van Zamdela, Sasolburg, het na ons onlangse Evangelisasie Veldtog gekom met ‘n hart vol van verwagting. Die hoofdoel van sy bywoning was om ‘n getuie vir Jesus Christus te wees en om te verklaar dat Hy die Here is.

Alhoewel hy siek was, het Lucky een groot begeerte gekoester, en dit was om die veldtog gronde te verlaat met ‘n dieper openbaring van wie Jesus is; meer toegerus oor hoe om Hom deelagtig te kan word saam met Sy kinders. Hy was vir drie weke neergevel deur die griep, wat hom kragteloos en swak laat voel het. “Ek was regtig so siek en kon sommige nagte glad nie slaap nie,” het hy gesê. “Ek het gehuil en het soms opgebring,” het hy vertel.

Gedurende die genesingsgebed, het Lucky die mees wonderbare nuus ontvang om te gaan verkondig! “Ek het die krag van God ondervind, nou voel ek beter – meer as net beter! Nou kan ek vir almal gaan vertel van my God en wat Hy alles vir my gedoen het!” Opgewonde om te gaan verkondig dat Jesus hom gesond gemaak het, was hy nou gereed om ‘n getuie vir Hom te word. “Ek gaan nou uit om hierdie wonderwerk te verkondig. God is meer as kragtig!”


TAMRYN IS DIE STIGTER VAN IN HIS NAME MINISTRIES,
‘N EVANGELISTIESE ORGANISASIE, TOEGEWY TOT DIE VERKONDIGING
VAN DIE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS, DWARSDEUR AFRIKA EN DIE HELE WÊRELD.
VIND HAAR OP FACEBOOK ONDER TAMRYN KLINTWORTH, OF BESOEK DIE BEDIENING SE WEBTUISTE BY:

WWW.INHISNAME.ORG.ZA

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication