Verbly julle in die Here en juig, regverdiges, jubel alle opregtes!

Ps.32:1.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View February 2013 Issue >>
 

Geestelike groei, en wat daarmee verband hou, is hoofsaaklik die fokus van die Kerk. Skole, kolleges en universiteite konsentreer op die ontwikkeling van ons kognitiewe intelligensie. Sportklubs, gimnasiums, en die mediese beroep fokus op al die verskillende fasette van liggaamlike gesondheid, maar daar word weinig vir emosionele onderrig en die ontwikkeling van ons menswees gedoen. Hoe word ons voorberei vir die lewe? Wat word ons geleer oor konflikhantering, hartseer en stres? Hoe verwerk ons teleurstelling en hoe hanteer ons woede? Hoe raak Christenskap ons emosionele reaksies?

Is geestelike volwassenheid noodwendig emosionele volwassenheid?
As ál die kennis van die Woord en ál die lering en prediking ons dan toerus, en as die Heilige Gees alles in ons doen, waarom beleef Christene dan emosionele krisisse wat dikwels tot gebroke en wanverhoudings lei? Is geestelik volwasse Christene wat standvastig in hulle geloof is dan nie vanselfsprekend ook emosioneel volwasse en sterk nie? Nog ’n vraag wat hiermee verband hou, is of emosionele swakhede, skete en probleme summier te bowe gekom word deur besondere ontmoetings en ervarings met God? Dink maar aan Elia – vrees en depressie, Moses – woede en  Jona – kwaad vir God. Dit is ongelukkig waar dat Christene se emosionele reaksie en optrede nie altyd in ooreenstemming is met waarvoor Christenskap staan nie. Christene se gedrag kan soms daartoe lei dat onvolwasse Christene struikel, of dat die ongelowiges vingerwys na die Kerk en die alombekende: “as dit is hoe Christene is, wil ek nie een wees nie!” gehoor word.
“En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met [...] selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding...” (2 Petrus 1:5,6).

Werkswinkels met ’n Bybelse perspektief oor emosies
Johan Botha, van die Instituut vir Emosionele Groei, bied werkswinkels oor emosionele toerusting by predikantbyeenkomste, gemeentes en manne- en vrouekampe lands-wyd aan. Tydens die werkswinkel word emosies en emosionele volwassenheid vanuit ’n Bybelse perspektief onder die loep geneem.
Johan se passie en kennis oor die onder-werp kom vanuit  ’n agtergrond van meer as 30 jaar in pastorale bediening. Hy het al verskeie bydraes oor die onderwerp op RSG, Radio Namakwaland, Radio Tygerberg en CCFm gelewer.

Emosionele toerusting
Volgens Johan het die behoefte aan onderrig ten opsigte van die mens se emosionele dimensie die afgelope 20 jaar sterk na vore getree. Emosionele interaksie en reaksie raak verhoudings in die handels- en nywerheidswêreld, dit raak verhoudings in skole en op universiteite. Dit raak veral die werksplek en natuurlik die gesinsverband ten nouste – kort-om, emosionele interaksie raak alle verhou-dings op alle vlakke, ook in die kerk. Die hoë voorkoms van gesinsmoorde, gesinsgeweld, egskeiding en kindermishandeling in ons land, kan hoofsaaklik na swak emosionele vaardighede en gebrek aan insig herlei word.
 “Ons seminare en kursusse fokus nie spesifiek op sogenaamde probleemgevalle soos egskeiding, verlies deur die dood, ens. nie. Die klem val dus nie op berading nie, maar op die opleiding en toerusting van die persoon. Areas wat gedek word behels: emosionele vaardighede, waar verbetering van emosionele intelligensie en emosionele geletterheid onder meer behandel word; kommunikasievaardighede, wat effektiewe emosionele kommunikasie asook emosionele behoeftes aanspreek. Persoonlikheidsverskille word ook aangespreek, met die fokus op linker- regterbrein dominansie. Die werkswinkel dek ook woede – die bestuur van eie woede, sowel as die hantering van ander se woede; emosionele beheer – waar onder meer die vrug van die Gees en geestelike groei behandel word, en laastens emosionele teistering: die vorme daarvan, asook moontlike oplossings, bespreek word.
Met die voltooiing van die werkswinkel sal  ʼn kursusganger toegerus wees om eie emosionele ervarings te kan: identifiseer, verwerk, intelligent bestuur, en veral te beheer. (Die Bybel verwys na selfbeheersing in Galasiërs 5:22.) Hy sal as lidmaat gevolglik in staat wees om empatie en begrip vir ander se emosies en hulle emosionele reaksies te hê en sal dienooreenkomstig sinvol kan optree en kommunikeer.
 Modules van die werkswinkels kan verkort, of met ander gekonsolideer word om by ’n spesifieke tydraamwerk en dag- of naweekprogram van ’n gemeente aan te pas.
Navrae kan direk aan Johan Botha gerig word via e-pos by: jewy@telkomsa.net; www.eMosieWys.info, of op: 082 897 4849.

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication