Vra My, en Ek sal jou antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel. Dit is nog vir jou n geheim, en jy weet niks daarvan nie.

Jer 33:3.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View February 2013 Issue >>
 

Liewe Vriend,
“O God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in ’n dor en uitgedroogde land, sonder water.” – Psalm 63 v 1
Om God lief te hê en om deur Hom bemin te word, voorsien aan die siel ‘n lewensmiddel wat teen niks anders opgeweeg kan word nie. Afgesien van ‘n uiterlike beeld van vooruitgang, sal die man of vrou wat nie ‘n ware, intieme verhouding met hulle Skepper het nie, hulself bevind in ‘n droë en verlate landskap. ‘n Tronksel, vol gepak met die teenwoordigheid van die Here, behoort vir die kind van God meer aanloklik te wees as die mees gesogte plekke waar Hy nié aanwesig is nie. Soos wat die Psalmis sê, “…ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid.  (Ps 84 v 11). Is dit u gesindheid? Indien nie, het u regtig ‘n ware openbaring van Sy wonderskone glorierykheid en, boweal, van Sy onweerstaanbaarheid? Ons begeerte moet eerstens en geheel en al wees na Hom. Jesus verklaar vasbeslote in die Evangelies dat die kern van die wet is om die Here jou God lief te hê met jou hele hart, siel, krag en verstand. Hierdie liefde was nooit bedoel as ‘n blote woordspeling of ‘n geforseerde verpligting nie, maar eerder as a diep-gesetelde emosie en fisiese verbintenis. Bid hiervoor, soek hierna, mediteer hierop. Hy, en Hy alleen, behoort die kern te wees van ons wentelbaan na geluk en vervulling.
U mede-werker in Sy diens,
Tamryn Klintworth
Evangelis

DORSTIGE HART

Onder die vele wat die weg gebaan het na die Fire Conference te Marianhill, Kwa Zulu-Natal, was die dertienjarige Karabo Mokoena. Dit is gebruiklik by die In His Name Evangelisasie-veldtogte dat die oggend byeenkomste spesifiek daarop gemik word om gelowiges aan te spoor tot evangelisasie. Ons Marianhill Veldtog was geen uitsondering nie.

Karabo het nog nie vir Jesus Christus as haar Verlosser aangeneem nie, maar haar begeerte om naby aan Hom te kom, het ontwikkel in ‘n desperate verlange. Haar siel het gedors na Sy lewende waters! “Ek wou hierheen kom om die Here te prys,” het sy gesê. Jesus het haar inderdaad nader aan Homself getrek. Daardie oggend het Karabo ‘n wonderlike ontmoeting gehad met haar Here wat sy binnekort sou ontmoet.

Na twee sessies van dinamiese leringe, was daar vir almal teenwoordig gebid – insluitende, natuurlik, ook vir Karabo. “Vir ongeveer twee weke het ek ‘n ontsettende hoofpyn gehad en dit het gevoel asof daar iets beweeg in my maag. Dit het geweldig gepyn en ek kon nie eet nie. Die pyn het my hele lewe ontwrig,”  het sy verduidelik. Nadat daar vir haar gebid is, was Karabo dramaties hiervan verlos. “Dit het gevoel asof iets my liggaam verlaat,” het sy getuig. “Nou voel ek soveel beter – en so gelukkig! Ek gaan definitief vanaand se byeenkoms bywoon.”

Helaas was dit nie die laaste van haar ontmoeting met God nie. Nadat Karabo haar verhaal met almal gedeel het, is sy begelei na die agterkant van die verhoog om haar getuienis te laat opneem deur een van die In His Name spanlede. Toe daar aan haar gevra was of sy haar lewe al oorgegee het aan Jesus, het sy erken dat sy dit nog nie gedoen het nie. Dit was toe dat sy die mees lewens-veranderende besluit gemaak het deur “Ja” te sê vir Jesus! Nadat sy gelei is in die bekeringsgebed, was hierdie kosbare jong meisie baie opgewonde. “Ek wil meer ondervind, meer ontdek en veel meer te wete kom van Jesus!” het sy uitgeroep. Ons is so opgewonde saam met jou, Karabo. Jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie!

Tamryn is die stigter van In His Name Ministries,
‘n Evangelistiese Organisasie, toegewy tot die verkondiging
van die Evangelie van Jesus Christus, dwarsdeur Afrika en die hele wêreld.
Op Facebook is Tamryn Klintworth, of besoek die bediening se webtuiste by:
www.inhisname.org.za

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication