Jy moet die Here jou God liefhe met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.

Eksodus 20:1

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View March 2013 Issue >>
 

Paastyd is ongetwyfeld die heiligste tydperk op die Christen-kalender. Dit is die tyd wanneer gelowiges nadink oor die wonderwerkende offer wat die Here Jesus vir ons aan die Kruis gebring het en ook om Sy Opstanding te vier. En tog, soos met alle dinge, het die sekulêre media die ware betekenis van Paastyd geskaak en dit gekommersialiseer.
Paaseiers, sjokoladehasies en paasbolletjies simboliseer ‘Paastyd’ vir baie kinders en ongeredde huishoudings. Dit kwel baie Christene en hierdie geldmaaktendens behoort ernstig aangespreek te word, maar met wysheid en sensitiwiteit!

Die oorsprong van Paastyd
Voordat ’n mens enigsins ’n Bybelse reaksie op die kommersialisering van Paastyd daar kan stel, is dit belangrik om te verstaan wat die motief en oorsprong van hierdie gewilde assosiasie van die wêreld met hierdie tyd van die jaar is.
Ek is uiters versigtig wanneer ek na die geskiedenis van Paastyd verwys aangesien die feite maar baie yl is. Sommige skryf dit toe aan die Dissipels wat glo aanvanklik hierdie dae (wat saamval met die Pasga – Joodse Paasfees) as heilige dae opsy gesit het om die werk van Jesus te gedenk en te eer.
Die ‘Westminster Dictionary of the Bible’ noem dat Paasfees eintlik ’n lentefees tot eer van die Germaanse godin van ligte en lente was en in Anglo-Saksies bekend gestaan het as ‘Eastre’ of ‘Eostre’.
Volgens hulle het die vroeë Kerk sekere heidense gebruike oorgeneem en ’n Christelike betekenis daaraan toegeskryf. Die Fees van Eostre was ter ere van die vernuwing van lewe in die lente – dit was dus baie maklik om dit ’n viering van die opstanding van Jesus te maak. Dit verklaar dan ook waarom daar in sekere lande baie op Pasetradisies soos die paaseiers, die paashaas en die paasbolletjies gefokus word. Betreffende die tradisie om die blink bruin paasbolletjies met ’n kruis daarop te bak, sê die boek, ‘Easter and it’s Customs’: ‘Die kruis was ’n heidense simbool lank voordat dit betekenisvol in die lig van die gebeure op Goeie Vrydag geword het. Brood en koek is soms tydens voor-Christelike tye reeds met ’n kruis gemerk.’

Bybelse reaksie
Watter verklaring ’n mens ook al glo, die vraag bly steeds: “Hoe behoort ons te reageer?” Sonder om enigiemand aanstoot te gee, wil ek waarsku dat ons versigtig moet wees om ‘nie die kind saam met die badwater uit te gooi’ en nie meer Paasfees (of Kersfees) te vier nie.
Nie alleenlik herinner Christen-vieringe en kerkdienste gelowiges en die wêreld aan die ontsaglike genade van Christus deur Sy dood en Opstanding nie, maar dit is ook die spreekwoordelike stad op die berg, wat die lig en waarheid van die Evangelie laat skyn in ’n kultuur wat deurdrenk met sekulêre humanistiese oortuiging is.

Die rede vir die seisoen
Hoewel die wêreld gekies het om Paastyd te kommersialiseer en dit met eiers te assosieer, behoort ons, as gelowiges, nie om hierdie rede met die viering van Paastyd weg te doen nie. Ek dink nie (en jy mag van my verskil) dit is die moeite werd om die produsering van paaseiers en paashasies te ‘beveg’ nie. Die beste manier om die wêreld met die Evangelie te bereik, is nie om onsself geheel en al van hierdie gebruike te vervreem nie, maar om sout en lig midde-in die feesvieringe te wees – ook in ons gesprekke en gedrag.
As jong dogtertjie was ek gaande oor paaseiers, sjokoladehasies en lekker warm paasbolletjies. Ek het ook ’n sterk Christen-invloed in my lewe gehad wat verhoed het dat ek nie die werklike rede vir die seisoen uit die oog verloor het nie. As jy egter verkies om nie enigsins paaseiers of sjokoladehasies met jou kinders te deel nie, is dit met reg jou keuse.

’n Geleentheid om te getuig
Indien jy ooit deel in hierdie ‘heerlike’ vierings saam met ongelowiges, waarom dan nie van die geleentheid gebruik maak om die volle betekenis van Paasfees tydens die ‘Paasnaweek’ met hulle te deel nie? Soms is ons reaksie teen wêreldse idees (soos paashasies, Vader Kersfees, kersbome, ens.) van so ’n aard dat ons die Evangelie daardeur meer skade as goed berokken. Hoekom? Omdat ons dikwels, wanneer ons gewilde gebruike in ons gesin beperk of verban, veroorsaak dat ons kinders rebelleer en Christenskap as onderdrukkend beleef. Ook veroorsaak dit dat ongeredde vriende en familie ons op ’n afstand hou omdat hulle ons as pretbederwers, wat nie in kontak met ‘die werklikheid’ is nie, ervaar.
Ek verkondig geensins dat Christene aan die wêreld gelyk moet word en soos hulle optree nie – ons moet altyd die ‘lig’ wees – maar uiteindelik is dit tog ’n beginselsaak. Jy moet doen, of nie doen nie, volgens wat jy glo die Here jou op die hart gelê het.
Indien alle Christene ophou om Kersfees (of Paasfees) te vier, wat sou die wêreld dan herinner aan die werklike rede vir die feesvieringe? So baie mense gaan een maal tydens Kersfees of Paastyd kerk toe op grond van sentiment of godsdienstigheid. Dit is tog ’n GOEIE ding! Ons, as Christene, kan mos hulle sentimentaliteit gebruik en sodoende ’n kragtige, lewensveranderende Evangelieboodskap bring.

Eer die Here
Wat jy en jou familie ook al besluit om hierdie Paastyd te doen om die Versoenende werk van Jesus Christus te vier, maak seker dat Christus die middelpunt daarvan is. Besiel jou kinders/kleinkinders met die Evangelieboodskap en Bybelse waardes.
Nooi ongeredde vriende of familie kerk toe en volg dit op met ’n heerlike middagete op Goeie Vrydag. Daar kan die ware rede vir die vakansiedag op ’n liefdevolle wyse oorgedra word. Gebruik Paasmaan-dag om nagmaal saam met Christen-vriende te geniet waartydens julle die Here kan aanbid en eer. Geseënde Paasfees!

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication