U Woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel.

Ps. 119:89.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View March 2013 Issue >>
 

 

Genesis is ‘Die Boek van die Begin’. Dit verskaf die grondslag vir ons geloof. Genesis strek oor ’n groter tydperk as enige ander boek in die Bybel – 4 100 jaar van opgetekende Bybelgeskiedenis. Meer as die helfte daarvan (2 286 jaar) is in Genesis opgeteken. Die oorblywende 1 814 jaar word van Eksodus tot Handelinge gedek.

 

• Definisie: Griekse woord wat ‘oorsprong,’ ‘bron,’ ‘ontstaan,’ of ‘begin’ beteken

• Outeur: Moses

• Wanneer geskryf: 1450-1410 v.C.

• Hoofstukke: 50

• Verse: 1 533

• Boeke wat volg: 65

 

'n Boek van eerstes

• Die eerste man, Adam, en die eerste vrou, Eva

• Die eerste huwelik

• Die eerste sonde

• Die eerste belofte van Verlossing

• Die eerste gesin

• Die eerste moord

• Die eerste wêreldwye oordeel

• Die eerste wette vir die samelewing

• Die oorsprong van nasies.

 

’n Boek van geskiedenis

Die mens se rebellie teen die Skepper het verval, siekte, lyding en dood die wêreld ingebring. Generasie: “In die begin het God die hemel en die aarde geskep.” Gen 1:1. Degenerasie:  “... is die aarde deur jou toedoen vervloek...” Gen 3:17. Regenerasie: “God het vir Noag en sy seuns geseën en vir hulle gesê: ‘Wees vrugbaar, word baie en bewoon die aarde’.” Gen 9:1. Na die Skepping, Sondeval, Verdoeming en Verwarring, kom die Roepstem van God na Abraham om sy huis, sy land en familie te verlaat en om te trek “na die Land toe wat Ek vir jou sal aanwys...dat jy ʼn seën sal wees...in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.” Gen 12:1-3.

 

’n Boek van aardrykskunde

Genesis is verdeel in drie geografiese omge-wings:

• Die Vrugbare Halfmaan (tussen die Middellandse See en die Persiese Golf): Hoofstuk 1-11 dek bykans 2 000 jaar

• Israel: Hoofstuk 12-36 dek minder as 193 jaar in die klein landjie Kanaän.

• Egipte: Hoofstuk 37-50 dek ongeveer 93 jaar. Die ses belangrikste plekke wat in Ge-nesis genoem word, is: Eden, Ararat, Babel, Ur, Kanaän en Egipte.

 

’n Basiese opsomming

In Genesis word die teologiese grondslag van ons geloof ten opsigte van elke belang-rike Christelike doktrine gelê, insluitend die doktrines van: God, Mens, Sonde, Oordeel, Verlossing en die Verbond. Die basiese verhaal openbaar die sentrale tema: God skep die wêreld en gee die mens heerskappy daaroor, maar die mensdom is ongehoorsaam en God vernietig die wêreld deur die Vloed. Die nuwe wêreld (na die Vloed) word ook korrup, maar in plaas daarvan om dit te vernietig, roep God een man, Abraham, om die saad van Verlossing van die wêreld te wees. In oorleg met God se opdrag reis Abraham van sy tuiste af weg, na die land van belofte – Kanaän.

 

Die verbonde van God

Jakob se naam word verander na Israel, en deur sy seun (Josef) se toedoen, gaan die kinders van Israel na Egipte; 70 afstammelinge en hulle huishoudings, en God belowe hulle ʼn toekoms van grootheid. 

Genesis eindig met Israel in Egipteland, ge-reed vir die koms van Moses en vir die Uittog.

Die verhaal word gekenmerk deur ’n reeks van verbonde met God wat agtereenvolgend nouer in omvang word, vanaf die hele mensdom (die verbond met Noag) tot die spesiale verhouding met net een volk (Abraham en sy nasate). Die wêreld is goed en volmaak deur God geskape.

Interessant genoeg word die oorsprong van die konflikte in die Midde-Ooste in Genesis opgeteken – Sara se dwase poging om ʼn nasaat vir Abraham te verseker deur Hagar (haar slavin) as ’n byvrou vir Abraham te gee. Ismail, gebore uit Hagar, was die vader van die Arabiese nasie. “Jou seun sal ʼn man wees so ontembaar soos ’n wildedonkie: hy sal teen almal wees, en almal sal teen hom wees...” Gen 16:12.

 

Christus-tipes

Daar is ses ‘hooftipes’ of skadubeelde van Christus in Genesis, naamlik:

1. Die Saad van die vrou (3:15)

2. Die Deur tot die Ark (7)

3. Die opoffer van Isak (22:1-24)

4. Jakob se Leer wat na die Hemel toe gelei het (28:12)

5. Josef wat uit die put van die dood na die troon opgelig is (37-41)

6. Juda se Septer (49:10).

 

Die 5 stamvaders

1 Noag: die bouer van die Ark 

2 Abraham: die vader van die Gelowiges

3 Isak: die seun van die belofte

4 Jakob: wie se 12 seuns die 12 stamme van Israel gevorm het

5 Josef: wat deur sy broers tot slawerny verraai is, maar wie se integriteit hom vanuit gevangenskap tot die paleis verhef het.

 

Die Messiaanse Profesieë

DIE EVANGELIE IN SAADVORM. GENESIS 3:15

1 Verlossing begin by, en word volbring deur God: “Ek sal...”

2 Verlossing sal kom deur ’n Bemiddelaar wat aan die mensdom verwant is: “Die Saad...”

3 Verlossing sal die lyding van die Verlosser betrek – die vyand “sal Hom in die hakskeen byt...”

4 Verlossing sal satan tot niet maak: “Hý sal jou die kop vermorsel.”

 

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication