Maar nou se die Here: Draai met volle oorgawe terug na my toe! Vas, huil en treur! Moenie julle klere skeur omdat julle hart seer is nie, skeur julle harte!

Joel 2:12,13

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View July 2013 Issue >>
 

Die geraas van bomme, vuurpyle en geweerskote word elke dag, 24 uur lank, in Sirië gehoor. Die bloedige burgeroorlog wat nou al langer as ’n jaar lank woed, het ’n vernietigende uitwer-king op die land.

Mense verduur lyding
Die geweld het veroorsaak dat meer as een miljoen mense die wyk geneem het. Geopende Deure werk in Sirië om die plaaslike kerke te versterk in hulle doelwit om noodlenigingshulp aan vlugtelinge te verleen. Geopende Deure het onlangs ’n onderhoud met pastoor Edward Awabdehm gevoer; sy kerk in Damaskus help tans 350 vlugtelinge.

Om in Sirië agter te bly is gevaarlik
Pastoor Edward het gesê: “Dit is gevaarlik om in Sirië agter te bly. Daar is ontploffings en gebeure is baie onvoorspelbaar. Jy kan dag en nag geweerskote en krete hoor. Mense is beslis bang. Die ekonomie gaan agteruit. Sakeondernemings is tydelik gesluit en baie basiese items is nou uiters duur. Vervoer tussen dorpe is bykans onmoontlik. Baie mense sien nie die lig aan die einde van die tonnel nie. Vir ons Christene is dit egter anders. Ons is dankbaar aan God vir Sy teenwoordigheid en hand in ons lewens, vir Sy vrede.”

Ons het Christus gewen
“Dit gaan goed met ons kerk. Baie mense is betrokke by die bediening en daar is ’n hoë vlak van toewyding. Aan die anderkant moes ongeveer 30% van ons lidmate egter die gebied verlaat weens die gevaar en veiligheidskwessies. Dit is hartseer dat ons sommige van ons kernlede verloor het, maar dit is duidelik dat God besig is om iets te doen ondanks die omstandighede. Mense wat na ons kerk toe kom sê nou: “Al het ons alles verloor het ons Christus gewen.”

Slegs die Here gee ons vrede
“Ons voel sterk daaroor dat die tyd aangebreek het vir die Kerk in Sirië om te help, om die vlugtelinge te ondersteun, om die werk van die Kerk te doen. Wie anders kan hoop en vrede gee behalwe die Here? Menslikerwys is dit nie maklik om vrede te vind nie. Laas nag het die hele gebou van die bomontploffings geruk, maar werklikwaar, die vrede wat ek en my vrou ervaar, is verstommend. Daar is geen verklaring daarvoor, behalwe dat dit van die Here is nie.”

Uitreiking na vlugtelinge
“Dit is problematies om die dinge te bekom wat ons vir die hulpverlenigings-werk benodig. Soms neem dit tot twee weke om genoeg van een item in die hande te kry. Ons moet na die buite-wyke van die stad gaan om baie van die items te bekom en dit is baie gevaarlik. Ons staar ook toenemend teenkanting in die gesig van mense wat in ons buurt woon en nie van die menigte vlugtelinge hou wat na die kerk toe kom vir hulp nie. Die Here maak egter deure vir ons oop en ons het onlangs ’n ideale plek vir die verspreiding van die hulpmiddele gevind!”

Verenig in gebed
“Dit help om te weet dat ons deur gebed met die wêreldwye Kerk verbind is. Ons het op Palmsondag ’n biduur by ons kerk gehou en dit was wonderlik om te weet dat daar bykans 7 000 kerke dwarsoor die wêreld besig was om vir ons te bid, om te bid vir vrede in Sirië. Ons wil mense wees wat bid.”

Ondersteuning van die Liggaam van Christus
“Ons kan sien hoe God die gebede beantwoord. Menslikerwys is ons maar net ’n minderheid, maar met die goddelike ondersteuning voel ons rustig, bemoedig, gemotiveerd, verenig en is besig met die werk van die Here. Ons voel Sy teenwoordigheid, en ervaar die leierskap van die Here. Ons sien die eenheid. Ons het mekaar as Christene nodig.”

Vertrou op Jesus alleen
“Ons is innig verbonde aan Sirië. God wil ’n beter toekoms hê vir die mense wat as die duiwel se instrumente gebruik word. God het byvoorbeeld 2 000 jaar gelede die ‘terroris’, Saul, se hart op pad na Damaskus verander. Hy kan dit weer doen. Ons werk is nie op ons goedheid gebaseer nie, maar op Hom.”
Geopende Deure spoor Christene aan om hulle broers en susters in Sirië in hulle gebede te hou. Besoek www.opendoors.org.za vir meer spesifieke gebedsversoeke vir Sirië.

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication