Maar die man wat julle in die verwarring bring, wie hy ookal mag wees, God sal hom straf

Galasiers 5:10

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View September 2013 Issue >>
 

Liewe Vriend,

In Lukas hoofstuk 15, gebruik Jesus drie voorbeelde – 'n skaap, 'n muntstuk, 'n verlore seun – om God se diepgaande  passie te illustreer om diegene wat verlore is, te soek en te red.

Hierdie herhaling was moontlik gedoen om te her-benadruk. Hoe dit ook al sy, met dieper ondersoek, word dit duidelik dat elke verhaal sy eie boodskap oordra.  Deur die samevoeging van hierdie boodskappe, word die luisteraar aangepor tot redding!

Eerstens word die voorbeeld van die skaap gebruik. Hierdie is 'n hulpelose skepsel wat nie in staat is om homself te verdedig nie, en moet staat maak op sy eienaar vir die nodige voorsiening en beskerming.

Selfs toe hy gevind word, was die skaap te swak om sy eienaar te volg na al sy omswerwinge, en moes hy gedra word. (Lukas 15 v 5). Hier poog Jesus om ons hulpeloosheid te beklemtoon. Ons is inderdaad nie in staat om onsself te red nie. Ons benodig die bloed van Christus om ons skoon te was, die liefdevolle hande van die Here om ons op te tel en die mag van God om ons vry te maak!

Tweedens word die voorbeeld van die muntstuk gebruik.  Fokus word geplaas op die waarde van so 'n penning, 'n waardevolle besitting vir die soekende vrou.

“Wees saam met my bly” het sy gesê, “want ek het die penning gekry wat ek verloor het.”  (Lukas 15 v 9)

Hier is die boodskap dat 'n verlore siel onskatbare waarde het. Die wete dat iemand bemin word deur die Almagtige Skepper, ontwerp deur Hom vir 'n aardse doel en 'n ewige eindbestemming, dring die verwilderde na die veiligheid van die arms van ons Vader God.

Laastens is daar die voorbeeld van die verlore seun. Hier val die klem op die mag van keuse. Ja, die jongman het gekies om sy huis te verlaat. Hy het gekies om sy erfenis te verspil op 'n nuttelose bestaan. Maar, hy het ook gekies om terug te keer! Sy keuse om terug te keer was al wat nodig was sodat sy vader hom kon vergewe, vertroos en herstel. So is dit ook met ons. Ons mag moontlik afgedwaal het, ons mag dalk verkeerd gedoen het, maar as ons kies om onsself in die arms van God te werp, sal Hy tot Sy kinders se redding kom – sonder om enige vrae te vra!

Verstaan dus vandag hierdie drie kosbare boodskappe, liewe vriend. Eerstens dat jy nie in staat is om jouself te red nie. Tweedens, vir ons God is jy van onskatbare waarde. Laastens, het jy 'n keuse om weg te hardloop of om in Sy arms in te vlug. Kies Hom vandag. Daar is geen beter keuse nie! Hierdie eenvoudige waarheid het Mavis Fazi eerstehands ondervind by ons MDANTSANE Evangelisasie-veldtog in Mei 2013. Mag jy bemoedig word deur haar getuienis hieronder.

 

Saam tot Sy diens,

Tamryn Klintworth

Evangelis


WEER HOOPVOL

Nadat Mavis 'n nuusblaadjie ontvang het van die opkomende Evangelisasie-veldtog, was haar nuuskierigheid geprikkel. Om een of ander rede het hierdie 58-jarige ouma van vier gevoel asof hierdie die plek is waar sy moet wees om vrymaking te ontvang vir die frustrasies wat haar vir so lank geknel het. Nadat sy vir dekades lank gesukkel het met rugpyn, het sy hopeloos en hulpeloos gevoel.  “Hierdie probleem het my sedert 1989 geteister. Ek kon niks vir myself doen nie en dit het my so ontmoedig. Gedurende die genesingsgebed, het ek skielik verligting gevoel. Ek het 'n visioen gesien van 'n man in wit geklee wat my oplig. Nou is ek gesond! Ek voel herskep. Ek is weer hoopvol!” Mavis het ook vir Jesus aangeneem as haar Here en Saligmaker. Wat 'n lewensveranderende aand was dit nie vir haar nie, om binne-in die arms van haar nuutgevonde Verlosser te hardloop!

Tamryn is die stigter van In His Name Ministries, 'n evangelistiese organisasie, toegewy tot die verkondiging van die Evangelie van Jesus Christus, dwarsoor Afrika en die hele wêreld. Kontak haar op Facebook: Tamryn Klintworth, of besoek die bediening se webtuiste: www.inhisname.org.za

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication