Vra My, en Ek sal jou antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel. Dit is nog vir jou n geheim, en jy weet niks daarvan nie.

Jer 33:3.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View May 2008 Issue >>
 

Ek en My Huis, Ons Sal die Here Dien - Jan de Wet

 

Meeste van ons ken vir Jan de Wet en die Loflaaitjies, maar min van ons ken vir Jan en sy vrou Jeanette as mense. Jan kan beskryf word as die vader vir geestelike kinder musiek in Suid Afrika en die feit dat sy hele gesin vandag voltyds in bediening staan getuig van Godelike ouers. Joy het aan Jan en Jeanette so ‘n paar vrae gevra en so getuig hulle uit hulle lewens.

 

Jan de Wet het as predikantseun in ‘n pastorie grootgeword. My ouers het die Here 40 jaar lank in gemeentes gedien. Hulle was vir my ‘n groot inspirasie en voorbeeld van oortuigende christene en het my van kleinsaf van Jesus geleer. Maar die voorreg om in ‘n christelike huis groot te word het ook sy nadele. ‘n Mens kan so van kleintyd af hoor dat jy maar met die jare begin dink dat alles reg is tussen jou en Hom. Toe ek 16 jaar oud was het ek een aand op Jefferysbaai na ‘n man geluister wat van ‘n persoonlike verhouding met Jesus gepraat het en ek het ‘n diep  en intense begeerte ervaar om my hele lewe aan Hom te gee en met Hom reg te maak, want alhoewel ek van Hom geweet het, het ek Hom nie regtig persoonlik geken nie. Daardie aand het ek my sonde van selflewe bely, Sy verginfnisdaad aan die kruis aanvaar en besluit dat ek van daardie oomblik af my lewe aan Hom wil gee en Hom en Sy koninkryk te dien. Dit was die begin van ‘n nuwe lewe saam met Hom. 24/12/1966 byna 42 jaar gelede.

 

Jan hoe het die Loflaaities tot bestaan gekom?

My beste vriend het ‘n kursus in kinder evangelisasie in Switzerland voltooi en ‘n kinderbediening in Suid Afrika begin. Hy het my by meer as een geleentheid gevra om asseblief Afrikaanse kindermusiek te skryf en op te neem, aangesien daar byna nie so iets bestaan nie. Ek het toe die LOFLAAITIES CD gemaak. Die produksie was dadelik ‘n groot sukses. Ons het later nog 4 CD’s opgeneem en toe ook ‘n paar produksies vir kleiner kinders onder die naam LOFKLEUTER gedoen. Intussen het ons ook DVD’s van hierdie liedere vrygestel en dank die Here dat dit duisende kinders in SA en in baie lande oorsee se harte raak.

 

Jeanette, waar het jou verhouding met die Here begin?

My verhouding met Jesus het begin toe ek as sesjarige op ‘n Maandagoggend in ‘n klein dorpie in Namibie so deur die waswater en nat wasgoed nie langer die deur van my hart toe kon hou nie. My wonderlike gelowige ma (nou 81) het toe lank reeds soveel saad gesaai en my so voorberei dat toe ek met ware sondeberou en groot gesnik by haar kom het sy my met groot sorg gelei om my hart vir ewig te verloor. So het ek dan ook volg Openbaring 3:20 na sy “klop” geluister en die deur van my lewe oopgemaak en die “partytjie het nog nooit opgehou nie

 

As jy moet se, watter tipe ma is/was jy vir jou kinders gewees?

Die tipe ma wat ek was…. Miskien een wat net EEN groot ambisisie gehad het en dit was dat ons kinders Jesus moes ken en liefhe en dit was die spilpunt waarom alles gedraai het. Vir my was dit die bril waardeur ek gekyk het en niks anderste was meer belangrik as dit nie. So het ek met die EEN kers die waarheid geloop en baie foute gemaak, maar dit was my motivering gewees.

 

Jan beskryf Jeanette se rol in die huis as volg: Sy het ‘n baie belangrike rol gespeel as ma en huisvrou in ons huis, veral toe my musiek bediening begin het en ek op reis was. Die feit dat ons kinders vandag almal in voltydse diens van die Here is, getuig dat sy daarin geslaag het. Petrie ons oudste seun doen al jare lank evangelisasie d.m.v. musiek onder die jeug van SA onder die naam PETDRI-D of die groep Innervision. Ons dogter Jacomietn en haar man is predikantspaar in ‘n gemeente in die Ooste van Pretoria. Ons jongste seun Arnold is sanger, musikant en in voltydse gemeentebediening saam met sy vrou in Johannesburg.  As huisvrou, voorbidder en ma het Jeanette ‘n belangrike rol gespeel. Vandag is sy ook voltydse ouma van vier pragtige kleinkinders en speel sy ‘n nuwe rol met dieselfde roeping: om hulle van Jesus te vertel en vir hulle te bid terwyl sy hulle kan bederf.

 

Jan wat sou jy se is die geheim om Godelike kinders groot te maak in vandag se samelewing?

Net ‘n persoon wat self ‘n lewende geloofsverhouding met die Here het, kan sy/haar kinders die pad na Jesus wys. Ons het met al ons foute en gebreke (en ons het vreeslik baie daarvan) ons kinders van Jesus geleer en probeer om saam met hulle vir Hom te leef. Verder het ons gereeld saam met hulle en vir hulle gebid. As ons gefouteer het, het ons in eerlikheid bely, vergifnis ontvang en saam met Hom verder gestap. Elkeen van hulle het by geleentheid self besluit om vir Hom te kies. My raad aan ouers: leef in opregtheid en eerlikheid jou lewe vir die Here, leer jou kinders op ‘n liefdevolle en oortuigende wyse en bid elke dag met geloof dat hulle die Here sal kies.

 

Jan hulle is besig met ‘n nuwe reeks DVD’s vir kinders saam met die Loflaaities sowel as ‘n nuwe skrif-publikasie vir kinders, en ook een vir volwassenes. Dan is hy ook besig met die skryf van nuwe liedere vir ‘n nuwe solo CD vir die groter mense.

 

Ons gebed van Joy is: dat die Here hulle nog baie sal seen met die werke wat hulle doen vir die uitbou van Sy koninkryk! Prediker 2:26 “God gee wysheid, kennis en blydskap vir die mense wat Hom vreugde bring.”

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication