Ek skaam my nie vir die Evangelie van Christus nie,want dit is n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, in die eerste plek vir die Jood, maar ook vir die nie-Jood..

Rom. 1:16

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View November 2013 Issue >>
 

Die teenvoeter vir die ekstreme Islamitiese-terrorisme in Afrika
Gedurende die afgelope paar maande het die wêreld bewus geword van die skrikaanjaende realiteit van Islamitiese terrorisme in Afrika. Kerke in Kenia en Nigerië is gebombardeer of afgebrand; talle gelowiges is in aanvalle gedood deur ’n verskeidenheid organisasies wat bande met Al-Kaïda of Islamitiese ideologieë het. Die onlangse aanval by die Westgate-inkopiesentrum in Nairobi het waarskynlik die grootste mediadekking gehad en het die wêreld met die brute geweld daarvan geskok.

Word uit vals gerustheid geskok
In die nadraai het ’n polisiedokter, wat as deel van die forensiese ondersoekspan op die toneel was, die wreedhede beskryf wat die wêreld sedertdien geruk het. Sy ooggetuieverslag beskryf nie alleenlik moord nie, maar ook geweldda-dige marteling. Hy vertel van liggame met neuse en ore wat met tange afgeskeur is en mense wie se oë uitgesteek is. Van grusame onthoofdings en mense wie se vingers soos potlode skerp gemaak is en wat gedwing is om hulle name met hulle eie bloed te skryf. Diegene wat gesterf het, was nie Moslems nie, of was nie Moslem genoeg nie; sommige was Christene. Ons hou nie daarvan om van sulke onmenslikhede te lees nie, maar dit is noodsaaklik dat ons uit ons vals gerustheid geskok word.

Subtiele veldtog
Hierdie aanvalle, hoewel geïsoleerd, gebeur al hoe gereelder, is meer gekoördineerd en word al hoe ernstiger. Tog word ’n baie minder sigbare en veel subtieler veldtog gevoer waarvan die meeste Christene dikwels nie bewus is nie. Deur dekades heen is biljoene dollars in Afrika gepomp om dit die ‘eerste Islamitiese vasteland’ te maak. Gemeenskappe in Afrika is op elke vlak geïnfiltreer: op ekonomiese, sosiale, opvoedkundige, mediese en politieke vlak-ke oefen Moslems ’n al groter invloed uit. Gelowiges word uitgewerk en diegene wat nie Moslem is nie, word verswelg namate Islam van die noorde en die ooste oor die vasteland uitbrei.

Iets moet gedoen word
Dit word toenemend duidelik dat as iets nie gedoen word nie, die een land na die ander voor Islam sal swig. Christene sal vervolg, en kerke vernietig word, en die volle inwerking van Islamitisering sal oor die vasteland gevoel word. Wat is ’n Bybelse reaksie hierop? Moet Christene die wapen opneem? Moet die Kerk daarna streef om saam met Islam te werk, soos ‘Chrislam’ voorstel?

Wat is die Bybel se  standpunt?

Die antwoord
Die antwoord is baie eenvoudig. Ons moet doen wat ons tydens die Hemelvaart aangesê is, en tydens Pinkster bekragtig is om te doen. Ons moet mense met die Evangelie bereik en hulle toerus om dissipels van Jesus te wees. Ons moet leierskap oplei en kerke plant. Islam het ’n voorliefde vir ’n vakuum. Waar die kerk swak is en nie bestaan nie, floreer Islam. Waar die kerk sterk is, beide in lidmaatgetalle en Christelike getuienis, word ’n versperring gevorm wat die verspreiding van Islam tot stilstand bring.

Plan van aksie
Daar is ’n plan van aksie, die ‘Firewall’-projek.  Hierdie projek word jare lank reeds beplan en volg in die voetspore van ’n eeu van getroue sendings. Dit gee uiting aan die visie van verskillende rolspelers binne en buite Afrika. Dit bring sendingorganisasies, kerke en selfs denominasies byeen. God het die fasiliteerders en plaaslike gelowiges byeengebring om stelling in te neem namate hierdie dag van onheil (Ef 6) naderkom.

Plant kerke
Die doel van die keermuur is om ten minste 200 000 nuwe kerke in ’n strook te plant wat van die weste tot die ooste, van Senegal
tot Etiopië, en in die suide tot by die punt van Mosambiek strek. Die gedagte is nie net om te evangeliseer nie, maar ook om mense op die pad na Christelike volwassenheid te begelei, selfversorgende kerke te plant, en pastore en leiers vir elke nuwe kerk op te lei.
Dit word gedoen deur van die ‘Harvesters Hub Church Planting Model’© gebruik te maak. Belangrike rolspelers werk saam om dit ’n werklikheid te maak. Dit het reeds begin en die resultate is belowend. Die doel is om evangelistiese en gees vervulde kerke wat in die Bybel glo, in elke nedersetting, dorp, gemeenskap en voorstad te plant.

Wen veld terug
Die keermuur is eerstens daar om ’n versperring te vorm wat die verspreiding van Islam sal stop en daaropvolgend begin om veld terug te wen. Die wapens van hierdie oorlog is nie gewere en bomme nie, maar die Evangelie, die Waarheid, die Woord en gebed. Efesiërs 6 leer ons dat ons stryd nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die bose planne van die duiwel. Moslems is mense, mense wat Jesus nodig het. Om die keermuur van geloof en waarheid te bou, is noodsaaklik indien
Afrika die aanslag gaan oorleef. Jou gebede en ondersteuning word benodig. Die grootste uitdaging is om Bybels aan al die nuwe kerke te voorsien.

SKRYF AAN: africafirewall@gmail.com vir meer inligting.
*Name is weens sekuriteitsredes uitgelaat omdat spesifieke gelowiges en organisasies geteiken mag word.

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication