Dit veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgele word nie.

2 Pet. 1:20.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View May 2008 Issue >>
 

Ambassadeurs vir Jesus Christus

2 Kor. 5: 20 sê vir ons dat ons ambassadeurs vir Christus is. Paulus sê:”Christus het die wêreld met himself versoen deur hulle misdade nie toe te reken nie en die woord van versoening aan ons toe te vertrou.“

Die moeilikste plek om ʼn Christen te wees, is in jou eie huis. Jou gesin ken jou baie goed, hulle ken jou buie, hulle weet waar jou sterk en jou swak plekke is, maar dit is juis daar waar ons moet begin.

By Shalom sê ons dat herlewing nie in Suid-Afrika sal plaasvind deur die Parlement nie, maar dit sal deur die kombuis en deur die huis geskied. Wanneer mense op grondvlak ambassadeurs vir Jesus Christus word, sal dit "boontoe" werk, tot by die bopunt van die hiërargie van ons nasie.

ʼn Ambassadeur is ʼn verteenwoordiger en ons verteenwoordig Jesus Christus. Dit is beslis nie maklik nie, veral wanneer dinge nie glad en goed verloop nie. Terwyl ek hierdie artikel skryf, is ek in ʼn baie uitdagende plek vanuit ʼn sakeperspektief. Dit is so maklik om jou eie woord gestand te doen (soos wat dit was) en dan jou verteenwoordiging van Jesus Christus daardeur te vernietig omdat jy juis daardeur Sy reputasie aantas. Wat ek wel in my lewe agtergekom het, is dat dit baie maklik is om God se verteenwoordiger te wees as dinge goed gaan, maar wanneer ons getoets word, wanneer dinge nie meer goed gaan nie, moet ons nog steeds ons kalmte, integriteit en bowenal ons liefde, behou. Dit is basies wat evangelisasie behels. Ons het al tevore gesê dat die definisie van evangelisasie is dat een honger bedelaar aan ʼn ander honger bedelaar wys waar om brood te kry. Die feit van die saak is dat dit inderwaarheid  ʼn fisiese ding is, wys die ander bedelaar waar die brood is, moenie net vertel nie! Geloof het voete, soos ons alreeds gesê het, en as ambassadeurs vir Jesus Christus, moet  ons van die voorpunt af lei.

Francis van Assisi het gesê: "Verkondig die Evangelie ten alle koste en, as dit regtig nodig is, gebruik dan woorde." Ons moet praktiese ambassadeurs vir Jesus Christus word.

As ambassadeurs vir Jesus is die hoofdoel, volgens vers 20 van die genoemde Skrif, dat ons mense sal aanmoedig om met God versoen te raak. Om met God versoen te raak, moet ons eers met mekaar versoen. As ambassadeurs moet ons bereid wees om nederig te wees, om verskoning te kan vra en om te vra dat ander ons sal vergewe. Selfs al is dit nie regtig ons fout nie, moet ons bereid wees om die eerste tree te gee. Ons moet bekend wees as die vredemakers, nie net liefhebbers van vrede nie. ʼn Liefhebber van vrede sal enigiets ter wille van  vrede doen, maar ʼn vredemaker is ʼn ambassadeur vir Jesus Christus. Hy sal nie God se Woord  kompromitteer ter wille van enigiets nie.

Een van die grootste ambassadeurs wat Afrika ooit gehad het, was dr. David Livingstone. As ʼn evangelis, gereken aan vandag se standaarde, sou hy dalk as ʼn mislukking gereken  kon word aangesien dit op rekord is dat hy slegs een mens na die Here gelei het – een van die stamhoofde van Botswana. Maar sy lewenstyl het egter boekdele gespreek en juis as gevolg daarvan het hy die titel ‘die goeie man’ gekry. Deur die briewe wat hy na Brittanje gestuur het, was hy ʼn instrument in die afskaffing van die allerverskriklikste slawehandel. Ek het al na baie lande in Sub-Sahara Afrika gereis en ek  het nog nooit ʼn mens, swart of wit, ontmoet wat nie weet wie dr Livingstone was nie – ʼn ware ambassadeur vir Jesus Christus.

Onthou: dit is nie wat ons sê wat saak maak nie, dit is wie jy is wat siele vir Jesus wen! Kyk hier na Kol. 1:27: "Alleenlik, gedra julle waardig die evangelie van Jesus Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie."

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication