Maar die man wat julle in die verwarring bring, wie hy ookal mag wees, God sal hom straf

Galasiers 5:10

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View November 2013 Issue >>
 


Liewe vriend,
 “Luister daarom na wat die Heilige Gees sê: ‘Vandag as julle Sy stem hoor, moet julle nie hardkoppig wees nie, soos julle voorvaders toe hulle in opstand gekom het en My in die woestyn op die proef gestel het. Daar het hulle My op die proef gestel en uitgetart, hoewel hulle veertig jaar lank gesien het wat Ek vir hulle gedoen het.” – Hebreërs 3 v 7 – 9.
Laat ons nooit twyfel aan die vermoë en bereidwilligheid van ons Hemelse Vader om ons te dra deur enige storm wat ons mag ondervind nie. Bogenoemde skrif is baie interessant. Die Israeliete word nie beskryf asof hulle deur God getoets was nie. Inteendeel, dit is God wat beskryf word as die Een wat deur die Israeliete getoets was – hulle twyfel en opstandigheid  het Sy getrouheid en verdraagsaamheid  tot die uiterste beproef.  Is u dalk vandag besig om God te toets?  Is u gesindheid teenoor Hom een van bitterheid en wantroue, of van oorgawe en toewyding? Hy verdien dit nie om deur u getoets te word nie. Ons lees in Romeine 8 v 32: “Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?” Hy skenk Sy liefde ongereserveerd, Sy vrede heelhartiglik, Sy aanvaarding onvoorwaardelik. Hy verlos die ontvanklike hart vrywilliglik en skenk kosteloos die verlossing wat Hy teen so ‘n hoë prys gekoop het. Plaas vandag u vertroue in Hom en moenie toelaat dat dit slegs berus op woordspelings of opgeweegde voorwaardes nie, maar eerder gelate gehoorsaamheid, diepgaande afhanklikheid en aanbidding teenoor Hom. Dit, my liewe vriend, is wat Hy ryklik verdien! Wees geïnspireerd deur die getuienis van Isaac (40) hieronder. Hy het God vertrou met alles binne-in hom en was nie teleurgestel nie!
Tesame tot Sy Diens
Tamryn Klintworth
Evangelis
VOLSLAE VERTROUE
Al sukkelende met ‘n knie-besering, het die 40-jaar-oue Isaac sy weg gebaan na ons BURGERSFORT Evangelisasie-veldtog.  Op sy stadige, pynvolle reis het sy hart geswel van hoop, vol vertroue dat Jesus hom nie in die steek sal laat nie. “Ek het na die veldtog gekom met die verwagting dat God my sal genees,” het Isaac gesê. Hy het alreeds maande gelede Jesus Christus aangeneem as sy Verlosser. Gedurende die jaar 2000 het Isaac van ‘n fiets afgeval en sy knie baie sleg ontwrig. “Dokters kon my nie meer help nie,” het hy verduidelik. “My knie was so pynlik – dit het my hele familie geaffekteer, asook my werk en my hele lewe.” Gedurende gebed het Isaac dit ontvang waarvoor hy gekom het. “Toe die Evangelis bid, het die krag van God oor my hele liggaam gekom. Ek is volkome genees! Ek voel weer soos ‘n jong man, gereed om ‘n wedloop te hardloop!”  Daardie aand het Isaac die veldtog al juigende verlaat. Ja, inderdaad! Dit is ons God, ons Here Jesus!
Tamryn is die stigter van In His Name Ministries,
‘n Evangelistiese organisasie, toegewy tot die verkondiging
van die Evangelie van Jesus Christus dwarsdeur Afrika en die hele wêreld.
Op Facebook vind jy Tamryn Klintworth, of besoek die bediening se webtuiste by:

WWW.INHISNAME.ORG.ZA

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication