As jy dit doen, sal die lig vir jou deurbreek soos die nuwe dag. Jou genesing sal spoedig herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uitgaan, die heerlikheid van die Here sal jou van agter beskerm.

Jes 58:8.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View January 2014 Issue >>
 

 “…omdat Hy Sy siel uitgestort het in die dood” - Jesaja 53 v 12
Bogenoemde vers spreek van Christus se sterwe aan die kruis vir ons sonde. Die frase “uitgestort” spreek van oordadige oorgawe. Werkwoorde soos uitgestrooi of versprei  word vermy as gevolg van die vae, toe-vuis beskrywing wat dit mag bied. Want ons Verlosser het Sy siel oorgegee as ‘n offer vir ons sonde – Hy het Homself vrywilliglik gegee sonder huiwering. Hy het niks teruggehou nie, maar die dood tegemoet gehardloop, die duisternis omhels en die lyding aanvaar. Sy beloning is dat ek en jy saam met Hom sal wees tot in ewigheid. Hierdie toekenning het Hy onweerstaanbaar gevind. Die belofte hierin vervat, het Hom daartoe verplig. “Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ek jou nie vergeet nie! Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer…”, lees ons in Jesaja 49. Roep uit na Hom en Hy sal jou te hulp snel. Hy is alreeds op pad. Die prys wat Hy moes betaal om jou Sy kind te maak was enorm. Jy is van onskatbare waarde. Kosbaar. Gekoesterd. Onvergeetlik! Hierdie is ‘n waarheid wat een baie spesiale dame ontdek het by ons BURGERSFORT Evangelisasie-veldtog in September 2013. Geniet haar getuienis wat hieronder volg.
Tesame tot Sy Diens
Tamryn Klintworth
Evangelis


NOOIT VERSAAK NIE
Vir die 65-jarige Paulinah was dit ‘n konstante stryd om in die normale gang van ‘n dag alles gedoen te kry wat sy so graag wou doen. Nadat sy in 2004 vergiftig was, moes sy sedertdien met die nagevolge hiervan saamleef. Sy was deur haar Pastoor uitgenooi na ons Evangelisasie-veldtog en het daarheen gereis met ‘n huurmotor. “Ek het gedurig pyn onder my voete gehad en dit het gevoel asof iets permanent dwarsdeur hulle steek, soos naalde,”  het sy verduidelik. “Ek was nie in staat om my daaglikse aktiwiteite uit te voer nie as gevolg van ‘n gebrek aan liggaamskragte.”  Gedurende die gebed vir siekes, was Paulinah wonderbaarlik genees! Haar pyn was so ‘n integrale deel van haar lewe, maar haar liefdevolle Verlosser van vyf jaar was vasberade om haar situasie te kom verander. “Terwyl die Evangelis vir ons gebid het, kon ek voel hoe my liggaam begin ontspan en ek het ‘n gevoel van vryheid ervaar soos nog nooit te vore in my lewe nie. Ek het so wonderlik gevoel, so vrygemaak,”  het sy opgewonde vertel. “Ek ervaar geen pyn hoegenaamd nie. My liggaamskragte is terug!” Paulinah het al jubelende huis toe gegaan met die wete dat sy nie ‘n verlatene is nie!
Tamryn is die stigter van In His Name Ministries,
‘n Evangelistiese organisasie, toegewy tot die verkondiging
van die Evangelie van Jesus Christus dwarsdeur Afrika en die hele wêreld.
Op Facebook vind jy Evangelist Tamryn Klintworth, of besoek die bediening se webtuiste by:

www.inhisname.org.za

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication