Maar nou se die Here: Draai met volle oorgawe terug na my toe! Vas, huil en treur! Moenie julle klere skeur omdat julle hart seer is nie, skeur julle harte!

Joel 2:12,13

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View February 2014 Issue >>
 

Liewe Vriend

Ek en my span was onlangs op ‘n evangelisasie-veldtog in Mount Fletcher: ‘n landelike bergagtige gemeenskap in Suid-Afrika. Om te sê dat dit gereën het is baie sagkens gestel. Nee, dit het behoorlik gestort vloed. En weer eens gestorm vloed. Maar die mense was honger vir Die Een wat verlos en daarom het hulle gebly. Deursypel van modder tot by hul enkels, het hulle geskuil onder sambrele en komberse. Ons klank span het wondere verrig met die klank deur dit te vermag om my stem deurgaans luid en duidelik te kon hou, oor daardie water deurdrenkte veld,  ten spyte van die nattigheid. 

Alhoewel, een aand het die luidsprekers vir ‘n paar kritiese oomblikke, net eenvoudig ingegee. Ek sê krities, want die moment dat die klank verdwyn het, was die oomblik toe ek op die punt was om ‘n uitnodiging te doen vir bekering.  Die atmosfeer was swaar gelaai met Sy teenwoordigheid, en die Evangelie het voortgegaan met kristalhelder klarigheid , die mense daartoe gedring om hulself in die arms van Christus te werp.  My tolk was ‘n ouerige Pastoor van die gemeenskap, met die gawe van ‘n stem wat selfs vir James Earl Jones jaloers sou kon laat!  Terwyl die reën steeds met alle mag neergekom het, het hy na my toe gedraai en met ernstige gretigheid gesê: “hou aan met preek, ek sal harder praat!” En so was my vroulike stemklank moontlik slegs hoorbaar vir die voorste ry mense onder hulle sambrele. My tolk het voortgegaan met sy bulderende stem wat wyd en ver gedra het soos donderslae, met ‘n kwaliteit wat rillings langs die ruggraat af gestuur het. 

Terwyl ek toegekyk het hoe mense vanuit die agterste rye na vore gestroom het om hul lewens vir Jesus te kom gee, het ek geweet dat almal wel gehoor het. Wanneer ek aan daardie aand dink, dan verheerlik en eer ek die Here. Hy het geweet dat die reën sou val, Hy het ook geweet dat ons klanktoerusting ons in die steek sou laat. En daarom het Hy ook geweet om ‘n man aan my sy te sit met die gawe van ‘n ingeboude stem-versterker. Die Evangelie het onophoudelik voortgevloei.

Liewe Vriend, dit is my bemoediging aan jou. Niks is vir God ‘n verrassing nie. Hy sien alles vooruit, ver verby omstandighede buite ons beheer, asook ons misstappe. Hy span ‘n veiligheidsnet rondom Sy kinders,  Hy het ‘n onbeperkte voorraad noodplanne in plek. Hy sal jou nooit in die steek laat nie. Hy ken die pad om uit die storm te kan kom. So, hou vas aan Hom. Hy sal jou lei van glibberige sand tot op vaste grond!

Tot u diens in Hom

Tamryn Klintworth

Evangelis

Tamryn is die stigter van In His Name Ministries, 'n evangelistiese organisasie, toegewy tot die verkondiging van die Evangelie van Jesus Christus, dwarsoor Afrika en die hele wêreld. Kontak haar op Facebook: Tamryn Klintworth, of besoek die bediening se webtuiste: www.inhisname.org.za

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication