Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in Sy Naam die lewe kan he.

Joh. 20:31.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View April 2014 Issue >>
 

Postmodernisme is ’n filosofie wat aanvoer dat daar geen absolute waarheid is nie. Alles is relatief tot ons persoonlike oortuigings, persepsie en opinie. Wanneer hierdie aanname gebruik word om die Bybel te interpreteer, is die resultaat ernstige dwaling, vertwyfeling, verswakte geloof, verwarring en sedelike relativisme.

Die gevare sluit in:
1. Verwerping van die Bybel as gesaghebbende Waarheid: wat ’n mens vatbaar maak vir ander opinies. Die Skrif is nie meer die finale gesag, of die grondslag vir die Christelike geloof nie
2. Verwerping van die Goddelike, en Heerskappy van Christus: vervang deur onderwerping aan ‘gesaghebbende’ leiers en hulle opinies
3. Verwerping van absolute Waarheid: vervang deur menslike redenasie
4. Verwerping van Bybelse doktrine: vervang deur godsdienstige filosofie. Kardinale doktrine, soos die hel, die werk van Christus, sonde, en sondebelydenis word geïgnoreer
5. Verwerping van profesie: God se openbaring van die toekoms aan die mensdom
6. Verlies van onderskeiding: weet nie meer wat ‘reg’ of ‘verkeerd’ is nie, doen wat ook al ‘goed voel’ en moedig ander aan om dieselfde te doen
7. Pluralisme en sinkretisme: die aanvaarding van enigiets en alles wat ‘reg voel’ en verwerping van die Eerste Gebod: “Jy sal geen ander gode hê nie”
8. Evangelisasie en sending word ondermyn: Christene wat nie meer weet wat hulle glo nie, is huiwerig om hulle mening ‘op ander af te dwing’
9. Die sukses van ’n kerk word gemeet aan die aantal mense wat dit bywoon: in die oortuiging dat die koninkryk van God deur die mens se wysheid en tegnologie tot stand gebring word. Humanistiese metodes om kerkgroei te bevorder, vervang die meedeling van die Evangelie. Kerkgroei en om kerke te plant, is ’n prioriteit
10. Verwerping van die Evangelie: maatskaplike manipulasie en ‘goeie dade’ vervang die oproep tot berou en om in die regte verhouding met God te wees. Die plaasvervangingswerk van God word beskou as ’n verouderde begrip van ’n primitiewe samelewing
11. Verdraagsaamheid vervang Waarheid: of, soos Jesus dit gestel het: “Hulle is blinde leiers van blindes. As ’n blinde ’n blinde lei, val altwee in die sloot.” Matt 15:14
12. Ontvanklikheid vir spiritisme, mistisisme en Oosterse filosofie: mediterende geestelikheid, mantras, ervarings, en gevoelens, vervang geloof. Klem op emosionele, mistiese en geestelike ervarings maak mense ontvankliker vir die okkulte
13. Verwerping van die gevolge van sonde: “Moenie dat iemand julle met allerlei onwaarhede mislei nie, want daardeur kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is.” Ef 5:6
14. Verwaandheid en hoogmoed: Ten spyte van die oortuiging dat daar geen absolute waarheid is nie, word enigeen wat postmoderne teologie teenstaan, as ’n vyand van die ‘waarheid’ beskou
15. Geestelike selfmoord: die ernstigste gevaar van almal. Verwerping van die Lewende Woord en Sy geskrewe Woord kan ernstige gevolge vir die beërwing van die ewigheid hê. Lees daaroor in Openbaring hoofstuk 20.

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication