Ek skaam my nie vir die Evangelie van Christus nie,want dit is n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, in die eerste plek vir die Jood, maar ook vir die nie-Jood..

Rom. 1:16

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View April 2014 Issue >>
 


Liewe Vriend,
Ons span was op veldtog, waar ek so pas die vuurwarm Evangelieboodskap verkondig het, en waar menige hulle lewens aan Jesus oorgegee het. Dit was wonderbaarlik! Nadat die altaar werkers al die persoonlike inligting gekollekteer het, het die tyd aangebreek om vir die siekes te bid. ‘n Lang ry mense het voor die verhoog vergader – almal gretig om vry te raak van hul kwellinge. Ek het by die een punt begin en vinnig met die lyn afgewerk om sodoende vir almal te kan bid. Toe ek by ‘n ouerige vrou kom met ‘n wandelstok, het ek instinktief afgebuk en my hande op haar bene gelê. “In die naam van Jesus, verklaar ek hierdie bene genees!” het ek gebid, voordat ek vinnig aanbeweeg het.  Kort hierna het ‘n altaar werker my aan my elmboog geneem. “Evangelis,” het sy gesê, met ‘n stem gelaai van opgewondenheid.  “Daardie ou dame kan sien!” “Wat bedoel jy sy kan sien?” het ek gevra, terwyl ek kyk na wie sy verwys. Dit was niemand anders nie as die vrou met die wandelstok! “Ek het dan gedink daar was iets verkeerd met haar bene?” “Nee”, het sy geantwoord. “Sy was blind, dit is hoekom sy die stok by haar het.” Goeiste, het ek darem vir myself gelag! Daardie kosbare vrou het wyd-ogig gestaan en in verwondering rondom haar gestaar. Haar verrimpelde gesig het verder verkreukel in ‘n glimlag wat versprei het van oor tot oor. Daardie aand was ek so verbysterd oor die krag van God. Hy was so bereid om daardie ou vroutjie te genees, dat Hy my hartstogtelike gebed – alhoewel verkeerd gemik – vanaf haar bene na haar oë gestuur het, en ‘n wonderwerk laat plaasvind het!
My liewe vriend, die Here is begerig om diegene wat verlore is te vind en dié wat seer het, aan te raak. Wees jy net die instrument wat Hy kan gebruik. Praat met andere oor Jesus, bid vir mense in Sy wonderlike, onskatbare Naam. Al voel jy moontlik soms nie op jou beste nie, wees verseker daarvan dat die siele-wennende krag van ons Meester, en Sy mag wat gevangenis kan bevry, nie beperk word deur die eenvoud van ons woorde of klein menslike foutjies nie. Inteendeel, “wat dwaas is by die wêreld, het God gekies om die wyse te beskaam,” lees ons in 1 Korinthiërs 1 v 27. Te midde van ons onbekwaamheid, verrig Jesus wonderwerke. Al wat Hy benodig is ons hartlike woorde, of ‘n eenvoudige gebed, sodat die duisternis verdryf kan word deur Sy wonderbare lig.  Wanneer ons, ons monde open en met liefde en in opregtheid spreek, omvleuel Hy daardie woorde van eenvoud en verander hulle in kragtige pyle van verlossing wat kan klief deur die harde kors van versteende harte. Wanneer ons hande op die siekes en neergedrukte lê, skiet Hy deur ons vingers en verbreek alle skanse van euwel. Watter soort wonderwerke kan die gevolg wees van jou moontlike onwyse optrede? Dit is vir God om te weet. En vir jou om uit te vind!
Medewerker in Sy diens
Tamryn Klintworth
Evangelis

Tamryn is die stigter van In His Name Ministries,
‘n Evangelistiese organisasie, toegewy tot die verkondiging
van die Evangelie van Jesus Christus, dwarsdeur Afrika en die hele wêreld.
Vind haar op Facebook onder Tamryn Klintworth, of besoek die bediening se webtuiste by:
www.inhisname.org.za

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication