Vertrou jou lewe aan die Here toe. Vertrou Hom en Hy sal vir jou sorg.

Ps 37: 5.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View June 2014 Issue >>
 

Liewe Vriend

Die ongelukkige situasie van die Samaritaanse vrou in Johannes hoofstuk 4, kan nie anders as om ons innerlike te roer met die grootste meegevoel nie. Daarin word vertel van haar huwelike met vyf verskillende mans, asook die feit dat sy met haar huidige vriend saamgewoon het. Hoe hierdie huwelike beëindig is, word nie deur die Bybel aan ons meegedeel nie. Moontlik het die mans almal van haar geskei. Of moontlik het sommige van hulle gesterf.  Ons is vandag almal bekend met die Holmes & Rahe Stress Skaal wat ons inlig dat die twee mees diepgaande en spanningsvolle  ondervindinge,  eerstens die afsterwe van ‘n huweliksmaat is en tweedens, is dit egskeiding. Hierdie Samaritaanse vrou het sulke tipe traumas beleef; nie net een- of twee maal nie, maar vyf keer. Ons kan dus aflei dat haar hart nie net gebreek was nie, maar dat sy verpletter moes gewees het. Sy was ‘n emosionele wrak.  Terwyl vroue in daardie dae gewoonlik water kom haal het gedurende die vroeë oggend of in die laatmiddag, om sodoende die warmste deel van die dag te ontduik, het hierdie vrou op die middag hitte gekom om op hierdie wyse interaksie met andere te probeer vermy. Haar status was dié van oorlewing. Dit blyk dat sy nie meer langer op die kwaliteit van lewe gekonsentreer het nie, maar eenvoudig net gefokus het op haar daaglikse bestaan. Maar een kosbare ontmoeting met Jesus het alles verander! Wanneer ons haar gesprek met Jesus volg, kan ons sien hoe sy geheel en al ‘n verandering ondergaan het. Waar sy voorheen kontak met andere vermy het, het sy nou ‘n entoesiastiese ekstrovert geword, wat haar terug gehaas het na die stad om die goeie nuus van haar ontmoeting met Jesus met almal te deel wat sou wou luister.  Is jy vandag gebroke, verpletter en verward?  Dan bemoedig ek jou om tyd te neem en te spandeer met die Een wat die mag het om te transformeer van binne na buite. Stort jou hart uit teenoor Hom en wag vir Sy soete, helende en omhelsende aanraking. Hy sal lewe blaas in gemartelde siele en krag gee aan die swak gebeentes. Hy sal sagkens die neergedrukte harte opwek en Sy vrede kanaliseer na verwilderde gemoedere. Roep vandag uit na Jesus. Hy sal weer alles weer heel kan maak!

Medewerker in Sy diens
Tamryn Klintworth
Evangelis

OMGEDOP
Vir die 24-jarige Nompulelo, was die lewe ‘n konstante tuimeltrein van leegheid en frustrasie. As enkel moeder van twee kinders, was sy so moeg om dieselfde sonde belaaide lewe te lei. Nompulelo was op soek na veel meer. Toe sy hoor van die MATATIELE Evangelisasie veldtog wat geadverteer was oor die plaaslike radiostasie, het sy ‘n begeerte ontwikkel om dit by te woon. “Ek kon dit net nie weerstaan om te kom nie,” het sy gesê. “Alhoewel ek nie liggaamlik ongesteld was nie, kan ek julle verseker dat ek geestelik baie siek was. Ek het ‘n onnoembare aantal kêrels gehad, alkohol gebruik en in klubs rondgelê. Ek het baie slegte dinge gedoen.” Die aand toe sy na die veldtog gekom het, was die tyd toe haar lewe vir ewig verander het. “Ek het Jesus as my Verlosser en Saligmaker aangeneem” het sy jubelend van blydskap vertel. “Gedurende die gebed het ek ‘n warmte oor my hele liggaam voel versprei. Ek het so skuldig gevoel oor al die verkeerde dinge wat ek gedoen het, maar toe kom daardie skielike gevoel van verligting en vryheid.” Opgewonde oor haar nuwe toekoms in Christus, is haar begeerte nou om Jesus te dien met alles wat sy is en met wat sy besit. “Ek wil mense vertel van Hom. Ek kan myself sien aansluit by ‘n lof- en aanbiddingspan en hoe ek die Here heelhartiglik dien.” Net soos die Samaritaanse vrou, het Jesus Nompulelo se lewe omgedop in ‘n enkele oomblik – van binne na buite!

Tamryn is die stigter van In His Name Ministries, ‘n Evangelistiese organisasie, toegewy tot die verkondiging van die Evangelie van Jesus Christus, dwarsdeur Afrika en die hele wêreld.
Vind haar op Facebook onder Tamryn Klintworth, of besoek die bediening se webtuiste by:
www.inhisname.org.za

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication