Jesus het daarop gereageer: Ek verseker jou, as iemand nie van bo (opnuut)gebore word nie, kan Hy die Koninkryk van God nie sien nie.

Joh 3:3.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View July 2014 Issue >>
 

Daar is verrassende verwikkelinge in Rusland, die grootste land ter wêreld. Vladimir Putin, het meer as 2 biljoen roebel (100 miljoen Amerikaanse dollar) van Russiese belastinggeld bemagtig vir die herbou van kerke wat tydens die vorige Sowjetbewind vernietig is. Daar was ook ’n paar ander ‘pro-Christen’ stappe gewees:
• Die Russiese regering is besig om Bybels te druk om in hotelkamers te plaas.
• Russies-Ortodokse kerkleiers word genooi om ’n gebed by staatsgeleenthede te doen.
• Militêre kapelane word vir garnisoenkerke aangestel waar hulle ook Sondagskool en Bybelstudie op millitêre basisse sal lei.
 • ’n Nuwe Russiese openbare vakansiedag is op 28 Julie aangekondig om die land se bekering na Christenskap onder prins Vladimir in 988 n.C. te herdenk.

Die Weste se agteruitgang
In Desember het Putin verklaar: “Baie Euro-Atlantiese lande het van sowel hulle wortels as hulle Christelike waardes af wegbeweeg. Dit is die weg na agteruitgang.”
Putin het heftige afkeer uitgespreek van die hedonistiese sosiale rewolusie wat die Weste besoedel. Hy het die Weste se oorgawe aan die seksuele rewolusie van losbandigheid, pornografie, aborsie, gay-huwelike en genadedood veroordeel en keur die Weste se “agteruitgang en afwenteling in chaotiese duisternis en terugkeer na ’n primitiewe toestand” af.
In baie van sy toesprake en geïmplementeerde beleid, is Vladimir Putin besig om Rusland se vlag stewig aan die kant van tradisionele Christenskap te plant. Verlede jaar het die Kremlin ’n verbod geplaas op homoseksuele propaganda, aborsie-advertensies en aborsie ná 12 weke, sowel as ’n baie kontroversiële verbod op ‘onheilige gedrag’ en godslastering.

Het ateïsme verwerp
Dit is verwarrend vir mense wat steeds by die terminologie van die Koue-oorlog vasgesteek het. Baie predikers verwys steeds na Rusland as ’n kommunistiese en ateïstiese land, tog is daar tans meer Evangeliese, wedergebore Christene in Rusland as in enige ander land in Europa. Die tweede grootste groep Evangeliese Christene in Europa word in die Oekraïne aangetref, gevolg deur Roemenië met die derde grootste groep.

Het kommunisme verwerp
Soos ’n Rus verklaar het: “Daar is tans meer kommuniste in die fakulteite van Amerikaanse universiteite as wat daar in die hele Rusland en Oos-Europa is!” Nadat Russe vir 70 jaar lank onder ateïstiese propaganda en wrede kommunistiese verdrukking en vervolging geleef het, is hulle vandag van die mees anti-kommunistiese mense op aarde. Sedert Vladimir Putin die president van Rusland geword het, het die Russiese bruto nasionale produk (BNP) verdubbel. Vandag word Rusland as die sesde grootste ekonomie in die wêreld gereken.

Groeiende Russiese ekonomie
Nywerhede in Rusland het in die afgelope agt jaar met meer as 75% gegroei. Beleggings het met 125% toegeneem. Die gemiddelde salaris in Rusland het met meer as 800% toegeneem. Die middelklas het van 8 miljoen tot 55 miljoen gegroei. Mense wat onder die broodlyn leef, het nou van 30% in 2000, tot minder as 14% afgeneem.
Waar Amerika ’n handelstekort van meer as 500 biljoen Amerikaanse dollar per jaar het, toon Rusland konsekwent ’n groot handels-oorskot. Waar Amerika ’n amptelike werkloosheidsyfer van 7,4% het, is Rusland se werkloosheidsyfer 5,4%. Rusland produseer tans meer olie en aardgas as enige ander land ter wêreld.
Amerika se skuldlas is groter as sy BNP (meer as 110%), teenoor Rusland met ’n skuldlas van slegs 8% van sy BNP. Rusland het ook oor die afgelope dekade meer as 570 metrieke ton goud by sy reserwes gevoeg.

Die bordjies verhang
Dit is redelik ernstig wanneer Rusland Amerikaners oor die gevare van sosialisme en goddeloosheid waarsku. Russiese Christene het hulle skok teenoor my uitgespreek oor hoe Amerika die nuwe ‘Bose Ryk’ geword het. Xavier Lerma van Pravda in Moskou het geskryf dat Ronald Reagan korrek was om die Sowjetunie ‘Die Bose Ryk’ te noem.
Nou het Amerika egter die Bose Ryk geword met ’n aggressiewe pro-homoseksuele huweliksagenda; hulle boelie Afrika-regerings om aborsie en ontaarding te wettig; en stuur oorvloedige hulpbystand aan radikale Midde-Oosterse regerings wat die Christelike Kerk swaar vervolg.

Rolle word omgekeer
Die meeste Amerikaners blyk onbewus te wees van die verwoestende gevolge van hulle staatsdepartement se buitelandse beleid: die afbrand en bombardering van kerke kort op die hakke van die Arabiese Lente in die Midde-Ooste is in so baie opsigte befonds en aangeblaas deur die beleid van die Amerikaanse staatsdepartement.
Terwyl die Amerikaanse regering Al-Kaïda geaffilieerde djihadiste in die Siriese oorlog ondersteun het, was die Russiese regering besig om vir Christene in te tree en het opgetree om Christen-teikens in die Midde-Ooste te beskerm.
Soos ’n media-kommentator skryf: “21ste eeuse Rusland is ’n bewys dat Christendom teen duisternis en verwarring kan seëvier. Deesdae vrees die liberales, wat die Weste beheer, vir Putin...dit is nie ’n kernbedreiging nie, maar eerder ’n geestelik vernuwing wat vir hulle ’n bedreiging is. Dit is nie Putin nie, maar Rusland se Christelikheid wat hulle vrees.
Of liewer, hulle vrees en haat vir Christus...toegewyde Russiese Christene is aan die opmars...hierdie Russe is soos dissipels van Christus wat liefdevol na hulle broers en susters uitreik, hulle help manne en vroue in duisternis, wat deur ’n materialistiese samelewing verkneg word, wat werklik Christus nodig het.”

Stryd vir die gesin
Lerma skryf dat die rede waarom die Wes-terse media Vladimir Putin en Rusland vir die bose uitmaak, nie is omdat hy in die KGB was nie, maar omdat hy die agenda van radikale homoseksueles teenstaan. Dit is ironies dat godsdiensvryheid in Amerika onder aanslag is, met militêre kapelane wat voor ’n krygs-raad gedaag word omdat hulle in die Naam van Jesus Christus bid.
Daarenteen word soldate in Rusland aangemoedig om kerkdienste by te woon en stel hulle millitêre kapelane aan om te verseker dat “die hande wat die wapens hanteer, beheer word deur ’n verstand en gees wat deur die genade van Christus gereinig is!”

Is hy ’n Christen?
Vladimir Putin getuig dat hy ’n Christen is. In sy getuienis praat hy van sy moeder se geloof en hoe sy hom in die geheim laat doop het omdat sy vader ’n toegewyde lid van die Kommunisteparty was en dit nie sou toelaat nie.
Putin dra altyd ’n kruis wat sy moeder aan hom gegee het om sy nek. Hy win gereeld Christelike advies in en word gesien waar hy bid en gereeld kerk bywoon. Die Russiese patriarg, Kirill, erken Vladimir Putin as ’n getroue lid van die Russies-Ortodokse Kerk. Putin vertoon ’n groot ikoon van Christus opvallend in sy kantoor teen die muur agter sy lessenaar.

Is Putin wedergebore?
Slegs God ken Vladimir Putin se hart. Dit is ook duidelik dat die Russiese regering vandag meer Christelik is as wat dit vir dekades was. Waar anders in die wêreld is ’n regering wat meer as 100 miljoen dollar in die bou van kerke belê?
Erken die werklikheid
Dit is ’n ongelooflike ommeswaai van omstandighede dat lande wat agter die Ystergordyn was, nou van die mees dinamiese Christen-kerke en die hoogste persentasie kerkbywoning in Europa het.
Dit blyk dat Westerse dekadensie, onsedelikheid, materialisme, kompromie en oppervlakkigheid in kerke, en vlak sensasionele vermaak dodeliker vir die Kerk is as ateïstiese propaganda en wrede kommunistiese vervolging in die Ooste. As Russe meer openbare godsdiensvryheid as baie Westerse burgers geniet, is daar groot fout. As Russe hulle kommer oor die gebrek aan vryheid en geestelike onderskeiding in die Weste uitspreek, moet ons baie bekommerd wees.

Besoek www.frontline.org.za vir meer artikels oor verwikkelinge in Rusland.

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication