Wie maak jou so belangrik? En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie? As jy dit dan ontvang het, waarom stel jy jou so aan asof jy dit nie ontvang het nie?

1 Korintiers 4:7

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View July 2014 Issue >>
 

Liewe Vriend,
In Jesaja 61 lees ons dat Jesus in staat is om aan ons “sieraad vir as” te gee. Ek hou van hierdie woorde. Al wat oorbly nadat iets heeltemal verbrand het, is 'n hopie as - wanneer daar niks meer oor is om te brand nie. Dit verteenwoordig die verlies van alle hoop of enige verdere kans op lewe. Tog belowe die Here dat Hy uit niks iets wonderbaarliks kan laat voortspruit. Neem kennis van die woord “sieraad”. Ons lees nie dat God alles net 'n bietjie meer aanvaarbaar of beter sal maak nie. Inteendeel, Hy sal alles wondermooi maak – onbeskryflik pragtig! Hy sal iets skep wat bewonderenswaardig sal wees, eervol en van onskatbare waarde.   Liewe Vriend voel jy dalk asof jou lewe niks meer as net 'n ashoop is nie? Weet net dat, wanneer jy jou vernbrande as vir Jesus gee, sal Hy aan jou sieraad vir as gee. Gee vandag jou lewe aan Hom. Hy sal jou red, herstel en herbou. Jy sal herleef uit die as 'n kind van die Allerhoogste God! Hierdie eenvoudige waarheid het Mavis Fazi eerstehands ondervind by ons MDANTSANE Evangelisasie-veldtog. Word bemoedig deur haar getuienis wat hieronder volg.
Tesame in Sy diens
Tamryn Klintworth
Evangelis


SIERAAD VIR AS
Naday sy 'n voubiljet ontvang het wat ons opkomende Evangelisasie-veldtog adverteer, was Mavis se nuuskierigheid geprikkel. Om een of ander rede het hierdie 58-jarige ouma van vier gevoel asof hierdie die plek is waar sy behoort te wees om verlos te word van al die frustrasies wat haar vir so 'n lang tyd al geteister het. Sy het hopeloos en hulpeloos gevoel nadat sy vir dekades lank gesukkel het met rugpyn. “Ek sukkel al met hierdie probleem sedert 1989. Ek kon niks vir myself doen nie en dit het my baie moedeloos laat voel. Gedurende die gebed vir genesing, het ek 'n skielike verligting ervaar. Ek het 'n visioen gesien van 'n man in wit klere wat my opgelig het. Nou is ek gesond! Ek voel 'n andder mens! Ek het weer hoop!” Mavis het ook vir Jesus as haar Heer en Verlosser aangeneem. Wat 'n lewensveranderende aand was dit nie vir haar nie, om in die arms van haar Redder verwelkom te kon word!
Tamryn is die stigter van In His Name Ministries, 'n evangelistiese organisasie toegewy tot die verkondiging van die Evangelie van Jesus Christus dwarsoor Afrika en die hele wêreld. Op Facebook is sy onder Tamryn Klintworth, of besoek die bediening se webtuiste by: www.inhisname.org.za

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication