Verbly julle in die Here en juig, regverdiges, jubel alle opregtes!

Ps.32:1.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View February 2015 Issue >>
 

 

Liewe Vriend,

In Psalm 88, roep die skrywer  uit na God , “Kan U aan die dooies ‘n wonder doen? Of kan skimme opstaan, kan hulle U loof?”  (Die Multi-vertaling Bybel). Min wetende dat hy besig was om te profeteer oor die tyd dat Jesus sou kom om dooies op te wek en laat herleef. Praat ek hier van Lasarus? Of praat ek dalk van die dogtertjie van Jairus, of moontlik die seun van die weduwee van Nain? Nee.  Ek praat hier van jou en van my.   Ek praat van ‘n ieder en elke wedergebore gelowige.   Die Bybel is baie duidelik hieroor dat ons dood was in ons sonde voordat ons Jesus as ons Verlosser aangeneem het. Ons was nie verlam nie. Nog minder was ons slegs onbevoeg of besmet. Ons was dood. Met geen teken van ewige lewe wat deur ons are gebruis het nie, was ons dood vir die Here maar lewendig  vir die Satan en sy bose planne. Liewe Vriend, die oomblik toe jy jouself oorgegee het aan Jesus en die gawe van ewige lewe ontvang het, was jy vir die eerste keer – vandat  jy die wêreld ingekom het – werklik lewendig! Hoe so? Wel, omdat jy versoen geraak het met jou Skepper. Jy was in elk geval nooit ontwerp om sonder Hom te kan bestaan nie! ‘n Bestaan sonder Hom is presies net dit – om te bestaan. Maar, om mét Hom te bestaan, is lewe in oorvloed!

Medewerker in Sy diens,

Tamryn Klintworth

Evangelis

OORVLOEDIGE LEWE

Vanaf 26 Januarie – 1 Februarie 2015, het die In His Name span ‘n vurige Evangelieboodskap gepredik in Majosi – ‘n plattelandse dorpie in die Limpopo Provinsie van Suid-Afrika.  Soos gebruiklik is die Evangelieboodskap opgevolg deur ‘n vloedgolf van bekerings, genesing en verlossing. Die spesifieke getuienis van ‘n jongman  een aand,  was ‘n allesinsluitende element van die gebeure tydens die veldtog.  Voort-beurend na die verhoog  was ‘n gretige Ronny wat sy getuienis wou kom lewer.  Nie alleenlik het Hy vir Jesus as sy Verlosser en Saligmaker aangeneem nie,  maar daarmee saam het hy ook twee wonderwerke ontvang.    “Toe ek hier aankom, kon ek nie my regterarm beweeg nie”, het hy getuig, terwyl  hy daardie einste arm buig en rondswaai. “Ek kon dit nie eens uitstrek nie – maar kyk nou – ek is gesond!”   Hy het voorts vertel hoe hy ook tegelykertyd vrygemaak is van alkohol-verslawing.  Ronny was nie in staat om sy blydskap te beteuel nie.  “Ek het aanhoudend bier gedrink en het nie eers geweet hoe proe koeldrank nie. Nadat ek gister vir Jesus aangeneem en daar vir my gebid was, het die begeerte na drank heeltemal opgehou. Vandag het ek vir die eerste maal vir my ‘n koeldrank gekoop en dit smaak soveel beter as bier!  Ek wil nou die Here dien met alles wat binne- in my is!”  Hy het sy getuienis afgesluit deur aan die gehoor te sê: “My broeders en susters, kom laat ons almal bely en tot inkeer kom,  sodat ons die lewe in ‘n ander lig kan beskou.”  Inderdaad word Ronny toe sommer van harte ‘n siele-wenner wat ywerig is om hierdie Jesus te verkondig wat hom vrygemaak het.

Tamryn is die stigter van In His Name Ministries, ‘n Evangeliese organisasie, toegewy tot die verkondiging van die Evangelie van Jesus Christus, dwarsdeur Afrika en die hele wêreld.

 Vind haar op Facebook onder Tamryn Klintworth, of besoek die bediening se webtuiste by

WWW.INHISNAME.ORG.ZA

 

 

 

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication