Verbly julle in die Here en juig, regverdiges, jubel alle opregtes!

Ps.32:1.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View March 2015 Issue >>
 

Liewe Vriend,
In 1 Pet 1 vers 5, lees ons dat die gelowige “veilig bewaar word deur die krag van God – deur geloof - vir die saligheid”.  Neem kennis van die woord “deur”.  Bewaar “deur” die krag van God “deur” geloof.  Geloof is die kanaal, die buis. Geloof is die voertuig wat deur die krag van God gebruik word en waardeur wonderwerke  dan kan plaasvind. My vriend, moet nooit die krag van jou geloof onderskat nie. Kies om te glo. Wend ‘n bewustelike poging aan om te glo. Geloof is ‘n keuse, ‘n beslissende besluit. En ek kan jou belowe, die oomblik dat jy hierdie daadwerklike poging aanwend, sal die gepaardgaande emosie in jou hart begin opbruis. Die oomblik dat jy kies om te glo, sal geloof so sterk begin opstoot en vloei dat jou siel sal wil bars van verwagting!  Voel dit straks vir jou asof jou gebede nie beantwoord word nie? Miskien stel jy dan nie die kanaal vir God beskikbaar nie – daardie kanaal wat Hy nodig het om die onmoontlike deur te kan vermag. Bid en glo. Jy mag wel bid, maar glo jy werklik? Maak vandag ‘n bewustelike, dapper  besluit om waarlik te glo. Watter wonderwerke sal daar nie volg wanner jy jou geloofskanaal wyd oopmaak sodat die krag van God daardeur kan vloei nie! Lees die volgende inspirerende getuienis van ‘n jong vrou wat geleer het dat haar geloof die kanaal was wat God benodig het vir ‘n wonderwerk om te manifesteer.
 Medewerker in Sy diens,
Tamryn Klintworth
Evangelis

DIE KANAAL
Vir meer as twee jaar het Pretty (21) gesukkel met intense pyn in haar maag en byna alle hoop verloor om ooit genesing te ontvang. Soos God dit bepaal het, het sy Majosi besoek – ‘n plattelandse dorpie - waar ons onlangs een van ons veldtogte gehou het. Vandat sy begin verneem het van ons samekomste daar, het haar geloof begin sweef. Alhoewel Pretty nie behoorlik kon loop nie, as gevolg van haar ongemak, het ‘n nuutgevonde gedetermineerdheid haar aangespoor en het sy al die pad daarheen gestap. “Ek het hierheen gekom om te soek na genesing,”  het sy verduidelik toe sy haar getuienis later op die verhoog gelewer het. “Ek het so swaargekry met die verskriklikste pyne in my maag,”  het sy vertel. “Dit was so erg dat ek nie eers behoorlik kon loop nie en het die meeste van die tyd siek gevoel. Dit was asof iets my maag aan die binnekant die heel tyd saamgetrek het,”  het sy getuig. “Vandag, vir die eerste maal, het ek geleer omtrent die outoriteit wat gelowiges besit om pyn te kan beveel om te gaan, in die Naam van Jesus. Gedurende gebed het ek ervaar hoe die Heilige Gees oor my kom. Nou is hierdie pyn geheel en al net weg!”  Nie alleenlik het Pretty genesing ontvang nie, maar haar wonderwerk het haar ook gedring om Jesus as haar Heer en Verlosser aan te neem. “Ek wil die Here dank vir dit wat ek vandag ontvang het,”  het sy uitgeroep, “my lewe het vir ewig verander.”

Tamryn is die stigter van In His Name Ministries, ‘n Evangeliese organisasie, toegewy tot die verkondiging van die Evangelie van Jesus Christus, dwarsdeur Afrika en die hele wêreld.
 Vind haar op Facebook onder Tamryn Klintworth, of besoek die bediening se webtuiste by
WWW.INHISNAME.ORG.ZA

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication