Vra My, en Ek sal jou antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel. Dit is nog vir jou n geheim, en jy weet niks daarvan nie.

Jer 33:3.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View April 2015 Issue >>
 

EVANGELISASIE IN SY NAAM
Liewe Vriend,

In beide die Evangelies van Mattheus & Markus, lees ons die welbekende verhaal van die hoofman oor honderd, wie se dienskneg deur Jesus genees is. Dit is ‘n herinnerings waardige storie, veral weens die verklaring wat Christus gemaak het met betrekking tot die geloof van hierdie Romeinse leier: “Voorwaar Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so ’n groot geloof nie gevind nie” (Matt 8v10). Hierdie is beslis ‘n kompliment! Wat was dit aan hierdie stelling wat Jesus so geweldig beïndruk het?  In kort blyk hierdie ‘n byna ondeurdagte, roekelose stelling te gewees het maar so séker was hierdie hoofman van Jesus se outoriteit en Sy mag dat hy Hom nie eers wou toelaat om na sy huis toe te gaan nie. Deur sy optrede het hierdie hoofman die risiko geloop van ‘n verlore saak, want as hy verkeerd was, wat sou gebeur het as Jesus dit nodig sou wou ag om die sieke die hande te gaan oplê vir genesing?  Moontlik kon sy dienskneg dalk tot sterwe gekom het.  Dit was inderdaad ‘n risiko handeling wat nie veel mense sou wou neem nie.  Maar die hoofman het egter ‘n roekelose - byna blindelingse - vertroue in Jesus getoon.  Hy het die risiko geloop en gewen.  Nie alleen het die dienskneg gesond geword nie, maar hierdie hoofman het ook ‘n plek in die Woord verower waar sy geloof dié van die apostels se geloof by verre oortref het. Vandag, liewe leser, wil ek jou ook aanmoedig om te glo. God is Almagtig en totaal en al toegewy tot jou goeie welstand en ook in staat om kragtig vir jou deur te kom.  Jy kan ook in Jesus glo op dieselfde roekelose en gedetermineerde wyse as die hoofman oor honderd, en die resultate aanskou van ‘n besliste wonderwerk wat daarop sal volg! 
Medewerker in Sy diens,
Tamryn Klintworth, Evangelis

ROEKELOSE GELOOF
Dit wat gevolg het op die 25-jarige Bridget se besoek aan ons Nwamitwa veldtog-dienste is niks anders as ‘n suiwer wonderwerk nie. Nadat sy by die huis gekom het daardie aand en begin voorberei het om te gaan slaap, het die stem van Heilige Gees haar gewaarsku om nie in die huis te bly nie. “Ek het ‘n stem gehoor wat vir my sê om nie in my bed te slaap nie,” het sy verduidelik. “Ek was nuuskierig om uit te vind waarom ek dan nie in my eie bed moes slaap nie, en het begin rondkyk en gesien dat die venster gebreek was,”  het sy vervolg. “Ek het na my bure langsaan gehardloop en aan hulle vertel wat die stem aan my gesê het en oor die gebreekte venster. Hulle het saam met my na my huis gegaan en ‘n man onder my bed gekry met ‘n mes en hom toe laat arresteer. Ek weet dit was die Heilige Gees wat my gewaarsku het om nie in my bed te slaap nie, anders was ek daardie aand met ‘n mes gesteek en vermoor.  Ek wil die Here dank dat Hy deur Sy Gees tussenbeide gekom het en die planne wat die duiwel teen my lewe beplan het, afgeweer het – hy het nie daarin geslaag nie, as gevolg van Jesus!”  Daarmee saam was Bridget ook genees van tuberkulose, wat konstante ongemak in haar bors veroorsaak het vir twee jaar lank. “Ek dank die Here dat ek nie meer ‘n siek mens is nie. Die pyn is nou heeltemal weg!” Inderdaad! Wanneer Jesus opdaag, begin wonderwerke gebeur!
Tamryn is die stigter van In His Name Ministries, ‘n Evangeliese organisasie, toegewy tot die verkondiging van die Evangelie van Jesus Christus, dwarsdeur Afrika en die hele wêreld.

Vind haar op Facebook onder Tamryn Klintworth, of besoek die bediening se webtuiste by
WWW.INHISNAME.ORG.ZA

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication