Vertrou jou lewe aan die Here toe. Vertrou Hom en Hy sal vir jou sorg.

Ps 37: 5.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View March 2016 Issue >>
 

Here, ek wil nie net bloot ’n Christelike skildery skilder nie. Here, wys vir my wat U wil hê ek moet skilder... “ ’n Paar maande gelede was dit my gebed. Vir weke lank het ek aan skilderye van Jesus in verskillende scenario’s gedink, maar niks het in my gees weerklank gevind nie.

Toe die beeld van Jesus wat aan die Kruis hang, in tasbare detail en die groot skaal waarop dit moet wees, my een oggend te binne skiet, was daar geen twyfel by my dat dit van die Heilige Gees af kom nie. Hy het my gewys dat die skildery ontsaglik groot moet wees, maar die beeld moes ook vergroot, wees sodat Christus se liggaam by die voorarms en net onder die bolyf afgesny word, wat beteken dat die fokus op Sy bolyf, gesig en bo-arms sou wees. Dit sou só geverf en gehang word, dat wanneer iemand wat Sy gesig en Sy wonde soekend besigtig, binne die uitgestrekte arms van Jesus sal staan...in die intieme ruimte reg voor Hom. 

God het dit alles beplan

Waar sou ons so ‘n groot skilderdoek in die hande kry? Dít was die eerste vraag, en daar sou nog baie meer volg, maar die volgende oggend het my selfoon gelui; dit was ’n ander kunstenaar van die omgewing wat beplan het om sy ateljee af te skaal. Hy het gevra of ek dalk gebruik kan maak van twee enorme skilderrame, (1.5 x 2 m elk), kompleet met spesiaal ingevoerde Belgiese skilderdoek reeds gespan. Ek was sprakeloos... “Sekerlik, ek was eintlik juis op soek na so iets,” het ek geantwoord. Net daar het die hele projek afgeskop. Binne ’n week het ons ook die perfekte model gevind om te skilder. Op my versoek het my vrou, Janine, ’n paar bestanddele in die kombuis saamgegooi om “wonde” mee na te boots.

Sy bloed, Sy wonde

Janine vertel van haar aandeel in die projek: “Ek het jare gelede vir ’n rukkie lank spesiale-effekte-grimering vir die rolprentbedryf gedoen, en dit terdeë geniet. Nooit sou ek toe kon droom dat ’n mens stopverf vir spesiale-effekte en (baie oortuigende) vals bloed vir ’n liggaam kan maak uit basiese bestanddele wat jy in jou huis het nie. Daar is niks erger vir ‘n grimeerkunstenaar om vals bloed te maak wat vals lyk nie, ek het my dus daarop toegespits om die presiese kleur en tekstuur van bloed na te boots. “Dit was die begin van die proses om Jesus se wonde te ondersoek...het jy al ooit daaraan gedink hoeveel keer Hy deurboor is, hoeveel keer hy gebloei het, hoe dit sou lyk as ‘n wond gebloei het en die bloed gestol het, stof daaraan gekleef het, dit weer gebloei het, ’n kledingstuk daaroor geskuur het, dit weer gebloei het...dit is waaraan ons moes dink en dit het die manier waarop ons na Jesus aan die Kruis gekyk het verander. “

Die skep van die toneel

Die fotosessie was ‘n wonderlike ervaring. Janine het die grimering en beligting gedoen en die manlike model se vrou (wat ‘n haarkapper is) het ons gehelp om “Jesus” se hare “woes” te laat lyk. Die foto’s was treffend, maar net een was besonder treffend – met die regte gesigsuitdrukking en die posisionering van Christus se hoof. Goed so! Nou moes ek net die regte grootte op die skilderdoek pas. Dit was tyd vir my om weer te bid omdat ek maar te goed geweet het dat dit nie my skildery is nie, maar God s’n. Wonder bo wonder het die Here ons weer eens verras met die formaat van die foto wat perfek oor die twee skilderdoeke gestrek het, met die grootte en hoek wat volmaak pas.

Uiteindelik, verf op die doek

Al die voorbereiding het so glad verloop dat die moeilikheidsgraad my verbaas het toe ek uiteindelik met die verfkwas in my hand voor die skilderdoek staan. Ek was gewoond daaraan om op groot skilderdoeke te verf, maar dit was nog steeds dubbeld so groot as enige grootte wat ek voorheen aangepak het. Hoe groter die skilderbeeld, hoe meer foute kan eksponensieel gemaak word. Uiteindelik was die komposisie reg; nou moes ek net die grootste hindernis oorkom...

Jou sondes is aan die Kruis vasgeslaan

Ons navorsing van die wonde het vir my en Janine op ‘n geestelike reis geneem wat ons nie ligtelik kon opneem nie. Tydens hierdie proses het die afgryslikheid van die wonde my emosioneel diep geraak. Ek praat nie eens oor die feit dat ek vir die eerste keer dinge geskilder het wat absoluut geen estetiese waarde gehad het nie. Janine het voortdurend gegril, namate die bloederige gemors voor haar ontvou het en die realiteit daarvan ons in die gesig gestaar het. Studente en vriende wat die ateljee kom besoek het, het uiteenlopende reaksies getoon en die interessantste reaksies was dié van die kinders. Hulle was nie geskok of bang, soos wat ons verwag het hulle sou wees nie, maar was heel gemaklik met die skildery.

Die aspek van groot gapende wonde het my die geleentheid gegun om die sondes en siektes waarvoor ons Verlosser gesterf het, letterlik binne die wonde te skryf, wat diegene wat daarna kyk ’n onvergeetlike ervaring bied. Om die werk ook binne ’n baie beperkte kleurskaal te hou, was uiters belangrik, omdat ek die rooi kleur van Jesus se wonde voorop wou stel – dit moes prominent wees.

Onthou wat Hy vir jou gedoen het

Die skildery kon nie toepasliker wees as juis nou nie! Vroeër vanjaar het ek gehoor ‘n pastoor sê dat dit nou belangriker as ooit is vir ons as gelowiges om nagmaal te gebruik. Dit is ‘n bloedverbond waardeur ons onthou wat Jesus vir ons aan die Kruis gedoen het. 

Ons moet almal meer gereeld nagmaal gebruik om die Waarheid oor die Liefdesverbond van Jesus te verkondig. Ons moet die Evangelie verkondig. Hierdie skildery is ‘n enorme 3x2 meter artistieke verklaring aan almal; ‘n herinnering van wat Jesus aan die Kruis gedoen het en dat die oorwinning reeds behaal is!

Die oorwinning behoort aan Hom

Ek staan nederig en oorweldig deur die erva-ring om hierdie skildery te kon verf; ek het nooit gedink dat ek die kruisiging sou skilder nie. Dit was ‘n lewensveranderende ervaring en al die eer gaan my Messias, Jesus Christus. Loof Sy Heilige Naam! 


BRINDLEY PRITCHARD is ‘n skilder wat spesialiseer in olieverf see- en strandtonele. Hy bied ook skilderklasse aan. Vir meer inligting of om meer van sy werk te besigtig, besoek www.brindleypritchard.


Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication