Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U Woord is die waarheid.

Joh. 17:17.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View June 2008 Issue >>
 

Die Here Genees My van Veelvuldige Sklerose

Ons dien ‘n almagtige God waarvoor enigiets moontlik is. 2 Tim 1: 7 “ want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing”. Die skrif is presies wat Johan Jacobs gedoen het toe hy uitgevind het dat hy Multipel Schlerose (MS) het.

Twee jaar voordat hy gediagnoseer was met die virus MS, was hy gediagnoseer met oog neutitis wat gepaard gaan met dubbel visie. Dit is gewoonlik ‘n voorloper van die MS virus.

“Op die ouderdom van 30, in die fleur van my lewe was ek gediagnoseer met die aaklige virus genaamd MS. MS is gewoonlik ‘n progresiewe krippelende virus wat jou sentrale senuwee sisteem aantas. Dit was vir my ‘n vreemde konsep om te snap omdat ek nie werklik kon verstaan hoekom my liggaam homself wou aanval nie. Ek was egter baie fiks en aktief toe ek gediagnoseer was met die siekte. Ek het Kilomanjaro geklim, die Argus fietstoer gery en gholf gespeel. Ek was ‘n natuurlike fikse persoon met ‘n vrou en n pragtige dogertjie. Ek het vir ‘n ingeneurs firma gewerk vir 10 jaar.  My lewe was idillies.

Ek was onder die indruk dat aktiewe en gesonde mense en mense wat sport doen nie “siek of virusse” kan kry nie. Gou was my persepsie verander. Ek het gou agter gekom dat ons samelewing gevul is met mispersepsies oor die versoring van ons liggame.

In 2000, kort nadat ek en Alicia getrou het, het ek snaakse simptome ervaar – ek kon bv. nie ‘n sleutel in n sleutelgat druk nie, my regter been het begin sleep sowel as my tong. Ek het besef dat hier groot fout is en ek het begin raad en hulp soek. Dit het my opgeval dat min mense geweet het wat die MS virus is en wat dit veroorsaak. Ek was eintlik opsoek na ‘n kits oplossing vir die probleem om net later uit te vind dat die virus nie so werk nie. Die Here het vir my baie geduld gegee en my bemoedig in die tye wat dit baie moeilik gegaan het. Ek het geeksperimenteer met verskeie medikasie kure en alternatiewe medisyne. Mens raak desperaat en jy sal letterlik as jy kan die wêreld rondom jou omdraai opsoek na antwoorde selfs al word die laaste stukkie energie uit jou liggaam uitgedruk, maar die Here sê in Sy word “en nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U” Ps 39:7 Ons het besluit om die MS virus totaal en al vir die Here te gee en dit ‘n gebedsaak gemaak. Ons was bekend gestel aan ‘n nuwe lewensstyl. Binne 6 weke was 95 % van my MS virus iets van die verlede en dit deur slegs die regte voedselsoorte te eet. Ek het soos ‘n nuwe mens gevoel, maar die 5 % het my gehinder van tyd tot tyd. Wanneer ek klaar gehardloop het, het ek my balans verloor en ek het ook gesukkel om op ‘n reguit lyn te loop. Omdat ek lief is vir sport en vir die buite lewe het dit my gemotiveer om verder navorsing te doen om die 5 % ook uit my sisteem te kry.

Ek het op ‘n boek afgekom waar hulle vertel het dat silwer stopsels ook ‘n euwel kan wees wat die probleem aangewakker gehou het. In ‘n poging om van die laaste 5 % ontslae te raak het ek toe al my silwer stopsels laat verwyder. Op daardie stadium, omdat ek te haastig was en nie genoeg kennis gehad het om te weet dat as jy die metode verkeerd toepas jy al jou simptome net vererger is dit toe presies wat met my gebeur het. Nou weet ek dat amalgaam bevat 52% kwik– een van die mees toksiese chemikaliee op die planet aarde. Daar is dus ‘n gespesialiseerder manier om van die silwer stopsels ontslae te raak. My gesondheid het drasties agteruit gegaan en al die goeie pogings om reg te eet was te vergeefs.

Ek het my werk verloor in 2003 weens die MS virus wat ek gehad het. Ek het ‘n jong dogtertjie op daardie stadium gehad en ‘n vrou vir wie ek nie kon sorg nie. Ek het soos ‘n ou man gevoel in ‘n jong man se liggaam.Die genade van die Here het my deur alles gedra en ons familie bewaar, deur die swaar tye het my verhouding met die Here verdiep en Hy het my gewys dat Hy sal sorg, al kan ek nie.  

Deur die genade van die Here het ek by ‘n gesondheids winkel in Somerset Wes uitgekom waar ‘n broer in Christus my probleem aan my bekend gemaak het. Nadat ek ‘n artikel gelees het wat hy vir my gegee het, het die kloutjie by die oor gekom. Ek het my mediese tandarts rekords getrek van al my besoeke en so het ek een en een bymekaar gesit om te besef dat die silwer stopsels wat ek verwyder het alles hiermee uit te waai het. Ek was basies vergiftig met kwik en ander toksiese middels. Die goeie nuus was dat daar hoop vir herstel was.

Die Here het voorsien en ek is toe Australië toe vir behandeling. Die besoek was die begin van ‘n nuwe lewe vir my maar ook vir ons gesin. Ek het stadig maar seker begin beter voel en my gesondheid herwin.

Gedurende die hele ervaring het ek 3 dinge van God en die skepping geleer, Die Here het fisiologiese wette in plek gesit wat dit (as dit van die mens afgehang het) verseker tot my dood sou lei.

Die mens was perfek geskape met ‘n onderhouds plan vir elke liggaams sel. +_ 100 triljoen word gereeld vervang met nuwe selle. Dus is jou liggaam self-onderhoudend.

Ek weet en glo ook deur my ervaring dat die Here ons gemaak het met ‘n self geneesende liggaam. Bv. as jy jouself sny sal die sny vanself weer gesond raak onder die regte omstandighede

Voedingstowwe – dit is ons bou-blokke vir selfbehoudendheid sowel as vir genesing. “

Die Here het dit op Johan se hart gelê om ‘n verskil in mense se lewens te maak, en die genade wat Hy ervaar het terug te ploeg en so vir sy medemens oplossings te kan bied deur vir hulle te sê hoe om gesonde kosse te eet en hulle bekend te stel aan ‘n nuwe lewens-eetplan. Johan het besef dat mens moet beheer neem oor dit wat jy in jou mond sit. Wat ookal jou gesondheids probleme is, daar is altyd hoop in Christus. “Toe ek agter kom hoe ek my liggaam misbruik het moes ek onverskoning vra. Hos 4:6 “ My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis, omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp..” Ek het onvergifinis gevra en die Here het my vergewe.

Die Here wil jou gesond maak, jy moet net jou geloof in Hom plaas. Hy het ons almal geskape om in goeie gesondheid te kan lewe.”

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication