Vertrou jou lewe aan die Here toe. Vertrou Hom en Hy sal vir jou sorg.

Ps 37: 5.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View June 2008 Issue >>
 

Nuwe Afrikaanse Christen Tydskrif  word Vrygestel in S.A.

 

Waarom het jy besluit om ‘n nuwe Afrikaanse Christentydskrif uit te gee?

Die hedendaagse samelewing word vernietig deur verdorwe sedes en swak gesinswaardes. Dit gebeur hoofsaaklik a.g.v. die invloed van die media op ons lewens via die internet, TV, radio,boeke en tydskrifte. Dan het ons ook natuurlik nog ‘n kragtelose Kerk (wat kies om by ‘n kultuur aan te pas eerder as om dit ten geode te verander); daarom dat ons die behoefte aan ‘n beginselvaste Bybelsgefundeerde tydskrif in die Afrikaanse mark raakgesien het.

 

Wie is die teikenmark?

Afrikaanssprekende Christene, mans en vrouens, bo 35 jaar.

 

Wat sal die inhoud van JUIG! insluit?

Dit is ons visie om deur JUIG! Christene te onderrig, toe te rus en in te lig ooreenkomstig die Bybelse Wêreldbeskouing sodat hulle eer aan Jesus kan bring in elke area van hulle lewens, JUIG! sal op dieselfde lees as JOY! geskoei word (t.o.v. inhoud, voorkoms en aanvoeling) en sal ook dieselfde hart hê vir ware mense, ware lewe en ware Christenskap.

 

Daar is soveel verwarring in die Kerk (plaaslik en internasionaal) oor dogma, valse lering en ‘n kompromis van God’s Woord dat ons duidelikheid nodig het. In JUIG! sal ons die Waarheid verkondig en hoegenaamd nooit teen God’s Woord of die lering van die Bybel gaan nie.

 

Wat van die ander Afrikaanse Christentydskrifte op die mark?

 

Ons is nie in kompetisie met hulle nie, want ons glo hoe meer Christentydskrifte op die rakke beskikbaar is, hoe beter vir ons samelewing.

 

Watter reaksie verwag jy op JUIG! ?

Ons verwag groot dinge, want ons dien ‘n groot God! JOY! het betekenisvolle reaksie in die mark gehad deur ons lojale lesers en intekenaars. Ons verwag dieselfde reaksie op JUIG! terwyl ons voortgaan om ons lesers na Jesus te wys.

 

Wanneer sien die heel eerste uitgawe die lig?

Die eerste uitgawe verskyn aan die einde van April en dit sal aanvanklik tweemaandeliks verskyn.

 

Waar kan ek JUIG! koop?

Ons lys die tydskrif op die oomblik by winkels landswyd – wat ‘n moeilike taak vir Christentydskrifte is; bid dus asseblief vir ons. Die tydskrif sal gevind word waar JOY! ookal beskikbaar is, maar om seker te maak dat jy nooit ‘n uitgawe misloop nie, raai ons jou sterk aan om van ons 'eerste-intekenaarsaanbod' gebruik te maak.

 

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication