Jesus het daarop gereageer: Ek verseker jou, as iemand nie van bo (opnuut)gebore word nie, kan Hy die Koninkryk van God nie sien nie.

Joh 3:3.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View July 2009 Issue >>
 

Help! Ek Sukkel met Padwoede

 

As ons in ons motors ry, is dit dikwels van die uitdrukkings wat ons gebruik as ander in hul voertuie iets doen wat ons irriteer of onaanvaarbaar is. Ons ervaar woede-uitbarstings wat ons nie kan beheer nie. Wanneer dit regtig erg raak, noem ons dit ‘padwoede’.

Hoe dikwels regverdig ons onsself nie deur te sê, dis woede en nie sonde nie. Is dit nie wat die Woord bedoel as daar in Ef 4:26 staan: “Moenie sondig as jy kwaad word nie. Moenie tot die aand kwaad bly nie.”

Het jy geweet die Bybel is vol gevalle van woede? Kain het sy broer Abel vermoor toe hy kwaad was. Esau was woedend vir sy broer Jakob wat sy geboortereg gesteel het. Josef se broers was baie vies vir hom toe hy sy droom met hulle gedeel het. Potifar was kwaad vir Josef toe sy vrou Josef vals beskuldig het.

Hier het ek maar net na sommige gevalle in die eerste Bybelboek, Genesis, verwys, maar die res van die Bybel is vol voorbeelde waar mense hulle humeur verloor het en sodoende ook algehele beheer verloor het! Maar kom ons wees baie spesifiek – wat van padwoede? Dit gebeur wanneer die bestuurder van die ander motor iets doen wat jou só irriteer dat jy die deur vir ‘n woede-uitbarsting oopmaak wat jou in groot moeilikheid kan laat beland. Hoe werk jy dit teë?

 

WAnneer dit gebeur, onthou dat jyself dalk heel moontlik al verskeie kere dieselfde reaksie by ander padgebruikers uitgelok het

Is daar werklik ‘n motorbestuurder in die wêreld wat in eerlikheid kan sê hy/sy het nog nooit ‘n ‘faux pas’ begaan nie? Dit is dan sekerlik die beginsel wat Jesus geleer het toe Hy in Matt 7:3 gesê het: “En hoe sien jy die splintertjie in die oog van jou medemens raak, maar jy merk die yslike stomp in jou eie oog nie op nie?” Hoe dikwels hoop ons nie maar vir die geduldige verdraagsaamheid van ander motorbestuurders wanneer ons oordeelsfoute begaan en dan só bestuur dat ons ander verontrief nie?

 

Verstaan dat alle sondige woede die resultaat is wanneer jy nie kry wat jy wil hê of wat jy dink reg is nie

Dit is die waarheid wat in Jak 4:1-3 geleer word. Hierdie verse kan baie kortliks só opgesom word: jy kry nie wat jy wil hê nie! Op die pad beteken dit jy wil graag ‘n rit sonder enige moeite hê, iemand bederf dit vir jou en jy word kwaad dat jy verontrief is. Is dit dan nou nie die toppunt van selfsugtige trots nie?

 

Bid vir genade

In dié gedeelte in Jakobus, in vers 6, word ons geleer dat God meer Genade gee, dat Hy die trotsaards weerstaan en Genade aan die nederiges gee. Genade is God se onverdiende guns wat aan ons gegee word in elke situasie.

As ons die vrug van die Gees, selfbeheersing, kan beoefen, is dit God se Genade. En ons het juis dít vir elke kilometer wat ons op die pad spandeer, nodig.As jy daarvoor bid, sal God dit vir jou gee, want Hy het dit in hierdie spesifieke vers belowe en Hy is nie ‘n mens wat op Sy Woord te-ruggaan nie.

 

Jy moet “wys dat jy van God afhanklik is deur na Hom te luister. Weerstaan die duiwel en hy sal van julle af wegvlug.”

Dit is die lering in Jakobus 4:7. Die duiwel wil hê dat jy kort van draad moet wees sodat jou getuienis geen krag sal hê nie.

Wees nederig genoeg om te erken dat jy God se hulp nodig het en draai jou rug op die duiwel. Wees wat God wil hê jy moet wees. As jy dan skuldig is aan sondige frustrasie en woede as jy op pad is, bely dit voor Hom en vra God om jou te help sodat jy hierdie situasies beter kan hanteer.

In Jak 4:8-10 lees ons: “Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom. Was julle        hande van die sonde wat daaraan kleef, jul-le sondaars, maak julle harte skoon, julle tweegesigte wat nie kan besluit aan wie julle getrou wil wees nie. Trane moet wys dat julle jammer is oor die verkeerde goed wat julle aangevang het! Treur en huil! Julle gelag moet in droefheid verander en julle blydskap in bedruktheid! Val voor die Here neer en wys dat julle van Hom afhanklik is, en Hy sal julle optel en aan julle aansien gee.”

Is dit nie bemoedigend dat hierdie aanhaling met ‘n groot belofte eindig dat as jy jouself nederig voor God hou, Hy jou sal verhoog nie! Dit alleen maak dit die moeite werd om kalm te bly en op die krag van die Heilige Gees te reken elke keer wat jy ‘n rit in jou motor onderneem. Voordat ons nog eers wil probeer om ons woede op die pad te regverdig wanneer ander se bestuursgewoontes ons kwaad maak, laat ons liewer onthou dat God wil hê ons moet die vrug van die Gees, selfbeheer-sing, beoefen.

Neem asseblief tog kennis dat ons Here Jesus net kwaad geword het as dit geregverdig was, en dan ook altyd net sonder dat Hyself gesondig het. En dit het maar net enkele kere gebeur dat Hy wel kwaad geword het. Sy woede was wanneer God en Sy Koninkryk, Sy regte en Sy belange eerder as Sy eie, oneer aangedoen is. Dit was wanneer mense teen Hom gesondig het juis omdat hulle teen God Sy Vader, en ander mense, gesondig het. Hy het nie woede-aanvalle beleef of stilstuipes gekry nie. Wat dan van oortredings teen Hom persoonlik? Hoe het Hy reageer? Verbasend genoeg, nie deur kwaad te word nie! Kyk maar na 1 Pet 2:22-23. Hy het nooit wraak geneem of met Sy tong gesondig nie. Hy het vir Sy vyande gebid en namens hulle vergifnis gevra. Hy het Sy persoonlike regte afgelê (Fil 2:5-11) en Sy vyande gedien sonder woede.

Wat ‘n model om na te volg!

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication