As jy dit doen, sal die lig vir jou deurbreek soos die nuwe dag. Jou genesing sal spoedig herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uitgaan, die heerlikheid van die Here sal jou van agter beskerm.

Jes 58:8.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief
View September 2009 Issue >>
 

Word ’n Beter Jy

 

Gemaak om middelmatig te wees nie. Hy wil meer in en deur jou doen as wat jy ooit kan dink. Of dinge nou met jou baie goed gaan en of dinge besig is om inmekaar te stort, ons almal smag altyd na iets beter. Ons wil almal meer effektief in die lewe wees. Ons wil graag beter ouers, werknemers, eggenotes en Christene wees. Die vraag waarmee almal van ons dikwels worstel, is: ‘Hoe?’

 

BLY VORENTOE KYK

Te veel mense leef nie volgens hul potensiaal nie. Hulle is doodtevrede met die suksesse van die verlede en is heel gemaklik met die lewe wat hulle lei. God is ‘n progressiewe God – dit maak nie saak wat ons alreeds bereik het nie, God het vir ons nog meer in gedag-te! Hy wil nie hê dat ons moet ophou groei nie – hy is nie ‘n God van stagnasie nie! Ons moet altyd daarna streef om nuwe hoogtes wat betref vermoëns, geestelike wandel, finansies, loopbane en persoonlike verhou-

dings te bereik. As jy ‘n onderwyser is; dan het jy nog nie jou beste les gegee nie. Indien jy ‘n sakeman is; dan het jy nog nie vir die beste transaksie ooit onderhandel nie. Jou beste dae lê nie agter nie, maar voor jou.

Raak ontslae van lae verwagtings en moenie plannetjies vir jou lewe maak nie. Jy is ‘n kind van die Allerhoogste God en jy het alles tot jou beskikking om jou Godgegewe doel te bereik. Hy het jou reeds met al die talente, kreatiwiteit, dissipline, wysheid en vasberadenheid gemaak wat nodig is. Jy beskik reeds oor die potensiaal en is gemaak om uit te blink. Daar is geen beperking op wat jy kan bereik nie; jy moet ontslae raak van selfvoldaanheid en reik na die volgende vlak. “...elke dag is bepaal voordat een van hulle daar was.” Ps 139:16.

 

WEES POSITIEF OOR JOUSELF

Dit is so maklik om vas te steek by al jou mislukkings van die verlede. Ons sê maklik vir onsself dinge soos: “Ek moes meer tyd saam met my gesin spandeer het” of ons hoor stemmetjies in ons koppe wat sê: “Jy het gegee, maar nie genoeg nie.” Deur na hierdie negatiewe gedagtes te luister, word ons beïnvloed om skuldig, veroordeel en baie ongelukkig in onsself te voel. Ons verloor ons vreugde en selfvertroue en dit is presies wat die vyand wil hê.

 

AANVAAR GENADE

Ons moet ophou om onsself te verkleineer. Ons kan nie vir altyd skuldig bly voel oor iets wat ons gister gedoen het nie. Ons kan nie die verlede verander nie, maar ons moet vandag in oorwinning leef, nie in veroordeling nie. Gaan onmiddellik na God toe en sê: “Vader, ek is jammer. Ek bely. Help my om dit volgende keer beter te doen.” Dan moet jy Sy vergifnis en Genade ontvang en aangaan met jou lewe. Jy mag dalk voel dat jy dit nie verdien nie, en die waarheid is dat niemand van ons dit verdien nie, maar dit is waaroor Genade gaan. In onsself is ons dit nie werd nie, maar omdat Jesus die offer aan die kruis gebring het, is God se Genade meer as genoeg vir enige sonde wat ons gepleeg het.

Dit maak nie saak hoeveel sonde jy gepleeg het nie, die Vader staan vir jou en wag – net soos in die gelykenis van die Verlore Seun. Indien jy ver weg is van waar jy ver-onderstel is om te wees; dan is dit nodig dat jy weet God wag op jou en die oomblik wat jy ‘n tree nader aan Hom gee, sal Vader na jou toe ‘hardloop’. Onthou, God se Genade is meer as genoeg vir jou, dit maak nie saak watter sonde jy begaan het nie.

 

ONTWIKKEL BETER VERHOUDINGS

Indien jy wil hê jou lewe moet in waarde toeneem en beter word, moet jy help om iemand anders s’n te verbeter. As jy iemand anders help om suksesvol te word, sal God jou suksesvol maak. Die meeste mense sal nooit hul volle potensiaal bereik sonder dat iemand in hulle glo nie. Juis daarom moet ons altyd mense aanmoedig, opbou en uitdaag om nuwe hoogtes te bereik. Wanneer mense van ons af wegstap, behoort hulle beter daaraan toe te wees, as voordat hulle met ons in aanraking gekom het.

 

BEMOEDIG ANDER

Neem tyd en maak ‘n verskil. Moenie net vasgevang wees in hoe jy jou eie lewe kan verbeter nie – dink ook aan maniere om ander mense se lewens te verbeter. As jy iemand bemoedig, moenie gefikseer wees op wie of wat hulle op die oomblik is nie; dink liewer aan wie of wat hulle kan word. Sien die potensiaal raak. Hulle mag dalk verkeerde gewoontes hê, hulle mag dalk dinge doen waarvan jy glad nie hou nie, maar moet hulle nie daaroor afskryf nie. Vind liewer ‘n manier om hulle aan te spoor tot beter dinge. ‘n Mens spoor nooit iemand tot beter hoogtes aan deur te veroordeel en te kritiseer nie. Jy doen dit deur liefde. Vind iets wat hulle reg doen en bemoedig hulle daaroor. As jy iemand hanteer soos wat jy graag wil hê hulle moet wees, sal hulle baie eerder daardie soort persoon word. Iets wat God baie na aan die hart lê, is hulp aan ander.

 

VORM BETER GEWOONTES

Jou gewoontes, goed of sleg, sal jou toekoms in ‘n groot mate bepaal. Navorsing het ge-toon dat 90% van ons alledaagse gedrag op ons gewoontes gebaseer is; hoe ons mense behandel, hoe ons ons geld spandeer, wat ons kyk, waarna ons luister – 90% van die kere doen ons net wat ons nog altyd gedoen het. Indien jy jou lewe wil verander; dan moet jy begin deur doelbewus jou daaglikse gewoontes te verander. Jy kan nie dieselfde dinge doen as voorheen en ander resultate verwag nie.

Is jy altyd laat vir werk? Is jy altyd bekommerd? Eet jy te veel? Gee jy dikwels in as versoekings oor jou pad kom? Dit kan selfs iets so eenvoudig wees as om die regte houding te hê. As jy nie jou onproduktiewe gewoontes verander nie, kan jy vir jare tyd en energie mors en dit is beslis nie God se beste nie.

 

JY KAN VERANDER

Die goeie nuus is dat jy kan verander. Jy kan beslis beter gewoontes ontwikkel. Die meeste studies oor gewoontelike gedrag dui aan dat ‘n gewoonte binne 21 dae tot 6 weke gebreek kan word. Met ander woorde, as jy jouself vir ongeveer ‘n maand dissiplineer en bereid is om deur die pyn van verandering te gaan, kan jy jouself van negatiewe gedrag bevry, ‘n nuwe gesonde gewoonte aankweek en tot ‘n hoër vlak van persoonlike vryheid styg. “Jy kan dalk sê: ‘Ek mag nou enigiets doen.’ Maar ek sal daarop antwoord: ‘Nie alles is vir jou goed nie. Selfs al sê jy ‘ek mag enigiets doen.’ 1 Kor 6:12. Ons gewoontes word deel van ons karakter.

As jy jouself toelaat om ongeorgani­seerd te wees, of altyd laat is, sal dit deel word van wie jy is. Die eerste stap na ver­andering is om vas te stel wat dit is wat jou terughou. Identifiseer slegte gewoontes en neem dan ‘n besluit om iets daaromtrent te doen. Dit is belangrik om vir elke gewoonte wat jy wil breek, ‘n nuwe, gesonde gewoonte te identifiseer wat die plek van die slegte gewoonte moet inneem. Jy kan byvoorbeeld nie sommer net ophou om bekommerd te wees nie. Jy moet die negatiewe gedagtes met positiewe, geloofgevulde gedagtes vervang. Moenie langer uitstel nie – vandag kan die begin wees van iets nuuts!

 

GRYP DIT AAN WAAR JY NOU IS

Jy mag dalk nie op ‘n wonderlike plek in jou lewe wees nie, maar om te baklei en jou huidige situasie te probeer ontduik, is nie die regte ding nie. As ons regtig glo dat God in beheer is en ons elke tree beheer en rigting gee; dan moet ons glo dat ons nou daar is waar God ons wil hê. Ons moet begin om ons lewens aan God oor te gee deur te bid: “Here, ek vertrou U. Ek weet U is in beheer van my lewe. Ek mag dalk nie nou verstaan wat aan die gang is nie, maar ek glo U het net my beste belange op U hart.”

RUS IN HOM

Die Woord sê: “Wees stil en weet Ek is God!” Ps 46:11. Jy moet vrede maak met waar jy nou is. Dinge is moontlik nie perfek nie. Jy mag dalk sekere gebiede in jou lewe hê wat moet verbeter, maar as jy op ‘n plek kan kom waar jy vrede het; dan sal God jou gevegte vir jou veg. Hy kan enige negatiewe situasie in ‘n positiewe een verander. Hebreërs 4:3 sê: “Net as ons glo, kan

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication