As jy dit doen, sal die lig vir jou deurbreek soos die nuwe dag. Jou genesing sal spoedig herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uitgaan, die heerlikheid van die Here sal jou van agter beskerm.

Jes 58:8.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


Question:

Ek het ophou rook en drink en my lewe weer opnuut aan die Here toegewy. Die enigste ding is dat my vrou my nie vertrou nie. Het het onlangs met ‘liefde waag...’ begin en ek is tans by dag 51. Dit was vir my tot dusver ‘n bittermoeilike pad, maar ek weier om tou op te gooi. My geloofsmaat moedig my aan om uit te trek - Hy se as ek dit doen sal my vrou tot haar sinne kom. Wat moet ek doen?

 
Answer:

Moet onder geen omstandighede uit die huis trek nie. Die Bybel moedig enige gelowige aan om by sy/haar lewensmaat te bly. 1 Kor 7:12-16 sê: “As ‘n Christenman ‘n ongelowige vrou het en sy vind dit goed om by hom te bly, moet hy nie van haar skei nie. En as ‘n Christenvrou ‘n ongelowige man het en hy vind dit goed om by haar te bly, moet sy nie van hom skei nie. Want ‘n Christenvrou bring ‘n atmosfeer van gewydheid oor haar ongelowige man en die Christenman bring ‘n atmosfeer van gewydheid oor sy vrou. Anders sou julle kinders nie aan God toegewyd wees nie, maar nou is hulle. Maar as die ongelowige huweliksmaat daarop aandring om te skei, laat dit so wees. In so ‘n geval is die Christenbroer of –suster nie verplig om met die huwelik voort te gaan nie. God wil immers hê dat Sy kinders mense van vrede moet wees. Wie weet, dalk help jy as Christenvrou jou man om gered te word. Of wie weet, dalk help jy as Christenman jou vrou om gered te word.”

Kry ook die DVD ‘Fireproof’ en kyk dit – met aandag. Dit mag dalk ‘n groot hulp wees. Dit neem soms lank om vertroue te herstel.  Ons verhoudings word oor jare heen geheel en al opgemors – ons kan nie verwag dat dit nou ewe skielik oornag moet regkom nie. Werk daaraan om gaaf en liefdevol teenoor jou vrou te wees en jy sal haar hart terugwen. Die Bybel verseker ons: “Die liefde sal nooit vergaan nie.” 1 Kor 13:8.

Vertrou die Heilige Gees om in julle albei se lewens te werk om ‘n vredesoes tot gevolg te hê wat aan God alleen die eers sal gee.

Terug

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication